Page 1 of 1

Hallo daar!

Posted: Wed Mar 11, 2015 12:52 pm
by Ron Swanson
Dagsê mede Jaracallers.

Ek vis al 'n geruime tydjie hier op die forum rond vir inligting en ek moet sê ek geniet hierdie platform waar elkeen sy opinie en ervarings met die mede geweer entosiaste kan deel.

Ek noem myself al vir 19 van my 24 jaar op aarde 'n jagter en het sospas my eie geweer en herlaai toetusting aangeskaf.

Ek het reeds twee van die forum lede ondersteun nl. Cassie Nienaber met sy TPL meter wat hy binne 'n japtrap hier in Bloemfontein laat aflewer het, en dan het ek ook na die inbreek van my Tikka T3 (gekamer in 270WSM) se loop agter gekom dat 'n knaldemper my beste vriend gaan word indien ek meer as 20 skote op 'n middag wil skiet. Dus het ek laat Henk Viljoen vir my 'n 10 kamer Silent Hunter voor aan die loop maak pas. Ek is bitter opgewonde om die naweek te voel hoe sy nou smaak. Beide van hierdie manne se produkte en diens is uitstekend en ek sal enigiemand aanraai om hulle te ondersteun.

Verder sien ek ongelooflik baie uit daarna om vir die eerste winter met my eie geweer te jag en ek is alreeds op die uitkyk vir my volgende geweer. Miskien 'n bosveld kaliber aangesien ek my hele lewe nog laaang skote skiet in die Karoo en Vrystaat.

Hoop om nog baie by julle manne te leer en sien uit daarna om in jul jag suksesse te deel.

Japie.

Re: Hallo daar!

Posted: Wed Mar 11, 2015 12:58 pm
by Heinz Petersen
Welkom Japie en voorspoed met jou eie geweer.

Re: Hallo daar!

Posted: Wed Mar 11, 2015 2:13 pm
by Boesman10
Welkom op die forum Ron (of is dit Japie)

Re: Hallo daar!

Posted: Wed Mar 11, 2015 6:19 pm
by Gawie(13mm)
Welkom Japie.
Ek glo jy gaan die saamgesels geniet.

Groetnis

Re: Hallo daar!

Posted: Wed Mar 11, 2015 6:43 pm
by Sniper66
Welkom by die beste Forum Japie,geniet dit.

Re: Hallo daar!

Posted: Wed Mar 11, 2015 8:49 pm
by JacquesT (Stompe)
Goeie naand en ek hoop jy geniet sommer baie.

Re: Hallo daar!

Posted: Wed Mar 11, 2015 10:16 pm
by Cornelius
Welkom!!!