Page 1 of 1
Regmaak vir springbok jag
Posted: Tue Mar 10, 2015 8:58 am
by Pinkes
More Manne
Wil graag die met julle deel want julle sal dit ook waardeer.
Het gister na werk besluit om trajectory validation op my 264WM te doen. As alles goed gaan,gaan ek in Mei maand
by 'n vriend springbokke jag. Maar hy se die goed is baie wild.300m sal naby wees
Ek het dit goed gedink om my foon se app met die G7 te vergelyk en gesien dat hulle
meer as 1moa uit is op 800yards(dis die afstand wat ek op wil validation doen).Ek moes alles terug weer
na yards toe want G7 is in yards. FYI:Ek skiet Nosler 140gr Custom Comp.
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/64E4AA50-B45B-48C4-94C6-16E96953E670_zps8pdalgwr.jpg
G7 het my 'n val van 16.7MOA gegee.Spin drift 0.5moa en die wind gemeet wat tussen 3-4mph gewaai
het van 'n 7-8uur rigting. Het toe besluit om 1moa links te mik(ek is mal oor NF se MOAR).Besluit toe om
te kyk om ek die swart kol kan tref die eerste keer op die afstand....
http://i1287.photobucket.com/albums/a631/pinkes13/39BCABEB-0DE8-4538-AD3A-008A68E7004E_zpsn3zqyagm.jpg
Die 3 klein duikies is wat ek geskiet het op die gong...Ek was en is baie in my skik met die groepie,veral omdat
dit eerste tref skote is en dis belangrik vir jag!

Nadat ek gesien het ek skiet so effens laag het ek die
validation op G7 gedoen en my spoed is toe aangepas vanaf 2995fps na 2988fps.
Ek het al die info saam weerstoestande na my app toe verander en hulle stem nou presies ooreen.
Groete
P
PS:As iemand 140gr CC wil verkoop laatweet my asb.Ek kry nerens nie.
Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Tue Mar 10, 2015 9:06 am
by Gawie(13mm)
Knap gedaan. Die springbokke sal maar hulself moet ingrawe, met jou in die omtrek
Watter app gebruik jy op jou foon?
Gebruik jy Brain Litz se getoetsde BC waardes?
Ek het self vroeër 'n bloutjie geloop met verkeerde BC waardes en verkeerdelik my spoed gekalibreer in plaas van die BC. Dit lyk egter of jy 'n A+ vir jou vraestel gekry het

Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Tue Mar 10, 2015 9:11 am
by Capt. Yoda
Mooi Ou Bul!
Daai ou wat daai lading gedoen het vir daai 264 is seker ook n slim kerel.
Daai geweer eet dam n gong! Baie mooi groep daai.
Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Tue Mar 10, 2015 10:05 am
by Pinkes
Gawie,
Ek gebruik Ballistic AE en is baie tevrede met hom.Het altyd Litz se waardes gebruik en dit werk
maar was altyd so bietjie uit want die weer speel maar 'n faktor op daai afstande en het dan die
app se weer gebruik wat hy vanaf die naaste weerstasie ttrek so was maar altyd bietjie uit.Het onlangs 'n vriend se kestrel geleen en dis hoekom ek seker vir die eerste keer so vinnig die gong getref het.
Kaptein,
Ja die man wat help met QL weet darem iets...sal nie sê alles nie.Maar doen dit darem beter
as meeste.

. Wonder net of hy ooit verder as sy geweerwinkel se tonnel gaan skiet eendag..?
Want 'n kestrel help niks binne 'n tonnel nie...
Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Tue Mar 10, 2015 10:11 am
by Riaan Kriel
Nie sleg nie Dirk, dit wil gedoen wees.......Mooi man!! Daai springbokkies gaan nie weet wat hulle tref nie.
Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Tue Mar 10, 2015 10:19 am
by Capt. Yoda
Pinkes wrote:Gawie,
Ek gebruik Ballistic AE en is baie tevrede met hom.Het altyd Litz se waardes gebruik en dit werk
maar was altyd so bietjie uit want die weer speel maar 'n faktor op daai afstande en het dan die
app se weer gebruik wat hy vanaf die naaste weerstasie ttrek so was maar altyd bietjie uit.Het onlangs 'n vriend se kestrel geleen en dis hoekom ek seker vir die eerste keer so vinnig die gong getref het.
Kaptein,
Ja die man wat help met QL weet darem iets...sal nie sê alles nie.Maar doen dit darem beter
as meeste.

. Wonder net of hy ooit verder as sy geweerwinkel se tonnel gaan skiet eendag..?
Want 'n kestrel help niks binne 'n tonnel nie...
Bere jy net my kestrel en maak seker die varke weet ons is oppad die einde van die maand.
Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Tue Mar 10, 2015 12:16 pm
by joe rocket
Pinkes oom Pw sê ek weet niks van gewere nie maar wat ek wel weet is dat nosler n hoer bc adverteer as wat werklik is. Litz se bc waardes is akuraat. As ek n springbok was het ek begin wegkruip

Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Tue Mar 10, 2015 1:12 pm
by Pinkes
Ek weet Nosler oordryf... maar as jy net jou spoed aanpas dan moet hy kompeseer vir die
swakker bc. En hopelik op verafstande het 'n man tyd om seker te mak oor die goed voor 'n bokkie
snif in die neus kry..of miskien nosler in die kop.

Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Wed Mar 11, 2015 9:40 pm
by Sangoma (IAN)
Pinkie, daai is glad nie sleg vir n 100m groep nie...
:-)
Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Thu Mar 12, 2015 12:17 pm
by tau
Ek sien daai roer het selfs 'n aerial op!!! Is dit hoe die teskoop met die slimfoon praat?
Netjies geskiet
Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Thu Mar 12, 2015 1:15 pm
by Carl
Capt. Oblivious wrote:
Kaptein,
Wonder net of hy ooit verder as sy geweerwinkel se tonnel gaan skiet eendag..?
Het jy 'n geweerwinkel Kaptein? Of is dit net 'n taalfout?
Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Thu Mar 12, 2015 1:22 pm
by Capt. Yoda
Carl wrote:Capt. Oblivious wrote:
Kaptein,
Wonder net of hy ooit verder as sy geweerwinkel se tonnel gaan skiet eendag..?
Het jy 'n geweerwinkel Kaptein? Of is dit net 'n taalfout?
Lol nee Carl hy praat van n vriend van ons sin in Lichtenburg waar ek altyd skiet
Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Thu Mar 12, 2015 1:24 pm
by Carl
Dis reg, want ek het nog nooit specials gesien van jou nie.

Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Tue Mar 17, 2015 1:13 pm
by Rolf
Pinkes watse lading en spoed skiet jy as ek mag vra ?
Capt kom jy gereeld Lichtenburg toe ? Ek is net om die draai van daai geweer winkel oms kan ontmoet as jy kom.
Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Tue Mar 17, 2015 1:49 pm
by Capt. Yoda
Rolf wrote:Pinkes watse lading en spoed skiet jy as ek mag vra ?
Capt kom jy gereeld Lichtenburg toe ? Ek is net om die draai van daai geweer winkel oms kan ontmoet as jy kom.
Yes Rolf.
Ja ek kom gereeld daar. My ouers en skoon mense bly nog daar (as die sterre reg op line gaan ek ook weer daar bly so laat weet as jy n tuin engeineer kort) en ou pinkes bly net so glipgooi van daar af.Ek skiet meeste van die tyd of saam pinkes of ek organise daai lekker 1000m baan daar buite net vir my op n Saterdag.
Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Tue Mar 17, 2015 2:33 pm
by Pinkes
Subject: Regmaak vir springbok jag
Rolf wrote:Pinkes watse lading en spoed skiet jy as ek mag vra ?
Capt kom jy gereeld Lichtenburg toe ? Ek is net om die draai van daai geweer winkel oms kan ontmoet as jy kom.
Ek skiet S385 lot 13 gooi so 62.3gr in met 140gr CC. ek kry so ±3000fps met die combo in my 264wm.
Gebruik net norma doppe
Van waar is u?
Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Tue Mar 17, 2015 4:42 pm
by Riaan Kriel
Rolf is ook in Lichtenburg. Hy broei eiers uit vir 'n lewe

Hy is die Bestuurder by die Opti Chick broei-aanleg.
Re: Regmaak vir springbok jag
Posted: Wed Mar 18, 2015 4:16 pm
by Rolf
Yip, nes Riaan hier bo noem... Pinkes bly jy dan ook hier naby Lichtenburg ?