Page 1 of 1
Gebruikte Beretta A300 waarde?
Posted: Mon Mar 09, 2015 3:27 pm
by Lamtjop
Middag almal, ek kyk na n gebruikte A300 wat te koop is, die geweer lyk baie netjies en skoon maar hoe sal ek nou weet hoeveel skote daar geskiet is. Geweer is by n handelaar vir R6000 en het glo min geskiet. Ek ken nie semi auto's nie so waarvoor moet ek op die uitkyk wees en is n 2de handse A300 n goeie betroubare geweer. Die doel van die geweer sal maar vir kleiduif wees, ek soek n semi want my side by side trap my te kwaai, eks nie seker oor sy loop lengte en choke nie maar hy het n redelike lang loop.Insette sal waardeer word, dankie Tjops
Re: Gebruikte Beretta A300 waarde?
Posted: Mon Mar 09, 2015 4:45 pm
by Viking
Lamtjop,
Ek skiet self met die A300 Beretta en sal die haelgeweer moeilik verruil.
Ek het die geweer by Kaapjag se CEO gekoop - wat baie betrokke is by kleiduif skiet en sportskiet op vele terreine.
Hy beskou die geweer as 'n redelike "all rounder" en daarom het ek dit aangeskaf.
Die prys lyk 'n bietjie styf, maar as jy die toestand in ag neem sou ek dit beskou as maksimum.
Kyk dalk nog 'n bietjie rond....Suburban guns adverteer hulle vir R3500!
Re: Gebruikte Beretta A300 waarde?
Posted: Mon Mar 09, 2015 4:58 pm
by Jan Thuynsma
Ek het 2 een vir R4500 verkoop die ander vir R4000 hulle is by 'n handelaar en wag nou om te hoor of manne hul lisensies gekry het, die een is baie min gebruik die ander een baie baie meer en daar is baie mion te kies in die prys.
Ek dink nie daai gewere kan opgebruik raak nie.
Re: Gebruikte Beretta A300 waarde?
Posted: Tue Mar 10, 2015 5:51 am
by obasch
Kyk op die loop, as ek reg onthou links naby die aksie vir klein ringetjies.
4 ringetjies = kwart
3 ringetjies = half
2 ringetjies = driekwart
1 ringetjie = full
Re: Gebruikte Beretta A300 waarde?
Posted: Wed Mar 11, 2015 6:18 pm
by Lamtjop
Dankie manne, ek gaan hom eers verby laat gaan. Dankie
Re: Gebruikte Beretta A300 waarde?
Posted: Thu Mar 19, 2015 8:44 am
by 470rigby
Ja, baie goeie semi-auto, maar prys is te styf. Jy kan 'n A300 nie werklik opgebruik nie
Re: Gebruikte Beretta A300 waarde?
Posted: Thu Mar 19, 2015 8:44 am
by 470rigby
Ja, baie goeie semi-auto, maar prys is te styf. Jy kan 'n A300 nie werklik opgebruik nie