Page 1 of 2
My vriend se buffel
Posted: Mon Mar 09, 2015 11:52 am
by Ferdi Bam
Hi Almal,
n Goeie vriend van my het die naweek n buffelkoei gejag met n 404 Jeffrey, die koeël was n Barnes TSX. Die PH was n man met die naam van Kallie Coetsee wat ook met n 404 Jeffrey jag. My vriend is vol lof vir die PH en dit was n oomblik van n leeftyd.
Die Barnes koeël het werklik baie goed presteer. Impressive.
Groete
Ferdi Bam
Re: My vriend se buffel
Posted: Mon Mar 09, 2015 11:53 am
by DWB
Hahahaha Ferdi,
Dis ons eie Kallie404 hier op die forum wat gom gegids het!
Danie het mooi gemaak!
Re: My vriend se buffel
Posted: Mon Mar 09, 2015 11:54 am
by Frederik
Good Better, Barnes !!!!
Re: My vriend se buffel
Posted: Mon Mar 09, 2015 11:54 am
by DWB
Hy is klaar op ons klein Whatsapp groep, maar nooi hom uit om hier ook aan te sluit!
Re: My vriend se buffel
Posted: Mon Mar 09, 2015 12:09 pm
by Pappabeer
Netjies Ferdi se vriend en Kallie.
Re: My vriend se buffel
Posted: Mon Mar 09, 2015 12:12 pm
by matewis
Wow daai Barnes het mooi gemaak. Stuur die foto vir Barnes, dit is fantastiese bemarking vir hulle.
Geluk met die buffel, asook baie mooi foto daai.
Re: My vriend se buffel
Posted: Mon Mar 09, 2015 1:11 pm
by Wouter Roets
Matewis
Nie nodig nie, hulle het al store vol van die goed.

Geluk manne!
Groetnis
Wout
PS Freek ons praat hier van Barnes nie Impala nie.
Re: My vriend se buffel
Posted: Mon Mar 09, 2015 2:46 pm
by Carl
DWB wrote:Hahahaha Ferdi,
Dis ons eie Kallie404 hier op die forum wat gom gegids het!
Danie het mooi gemaak!
Ek hoor as Kallie eers die spoor gevat het klou hy soos Super glue!
Re: My vriend se buffel
Posted: Mon Mar 09, 2015 3:00 pm
by Frederik
Wouter ek weet ja maar sukkel om 'n Impala te herwin

Re: My vriend se buffel
Posted: Mon Mar 09, 2015 3:43 pm
by Wouter Roets
Freek
Die bok of die koeel?
Goetnis
Wout
Re: My vriend se buffel
Posted: Mon Mar 09, 2015 4:29 pm
by Stefan764
Wouter Roets wrote:Freek
Die bok of die koeel?
Goetnis
Wout
sjoe...
Re: My vriend se buffel
Posted: Tue Nov 20, 2018 3:36 pm
by Drikus Maritz
Mense kla soms oor die pryse van Barnes.
Hy ja 'n duur bok maar skiet 'n goedkoop punt.
Barnes is defnitief die moeite werd.
Baie mooi fotos.
Re: My vriend se buffel
Posted: Wed Nov 21, 2018 8:01 am
by Lourens
'n Goeie koeel doen sy eie praatwerk. Top koeels soos Barnes, Nosler en Swift kos goeie geld, maar ek betaal dit enige dag om daai gemoedsrus en satisfaksie te he.
Geluk met jou vriend se buffel. Goeie werk Kallie!
Re: My vriend se buffel
Posted: Wed Nov 21, 2018 8:14 am
by DWB
Hierdie draad is al so oud Dr Daan het al vergeet hy het 'n buffel gejag

Re: My vriend se buffel
Posted: Wed Nov 21, 2018 8:19 am
by Capt. Yoda
hahaha
Re: My vriend se buffel
Posted: Wed Nov 21, 2018 8:28 am
by Lourens
Ekt nie eers na die datum opgelet nie...
Re: My vriend se buffel
Posted: Wed Nov 21, 2018 8:28 am
by DWB
Hehehehehe dis reg!
Re: My vriend se buffel
Posted: Fri Apr 10, 2020 8:29 am
by PVZ
Laat ek ook nou maar n agter-os wees... Baie geluk met die buffel! Ek wonder of daar al daai tyd peregrine punte was?
Re: My vriend se buffel
Posted: Fri Apr 10, 2020 8:54 am
by Frederik
PVZ, dink hulle was al daar rond daar is baie te lees oor die Peregrine koeels op die forum daar was baie te se oor hulle.
Re: My vriend se buffel
Posted: Fri Apr 10, 2020 8:56 am
by DWB
Danie sal nie aan ñ Peregrine rask nie. Hy is Barnes besope
Dink naas Wouter het hy die 2de grootste stash in die land
Dink hy het al vergeet hy het buffel gejag
Re: My vriend se buffel
Posted: Fri Apr 10, 2020 10:42 am
by PVZ
Frederik wrote: Fri Apr 10, 2020 8:54 am
PVZ, dink hulle was al daar rond daar is baie te lees oor die Peregrine koeels op die forum daar was baie te se oor hulle.
Dankie Frederik, ek sal dit gaan op soek. Ek gebruik dit tans in my 2 30-suksesse en .375 h&h. Is baie tevrede. Cheers
Re: My vriend se buffel
Posted: Fri Apr 10, 2020 10:46 am
by PVZ
DWB wrote: Fri Apr 10, 2020 8:56 am
Danie sal nie aan ñ Peregrine rask nie. Hy is Barnes besope
Dink naas Wouter het hy die 2de grootste stash in die land
Dink hy het al vergeet hy het buffel gejag
Neef, dit is sy volste reg! As almal so vergeet van hulle buffels moet ons dalk n refresher span jag reël! Dalk oor so 100 jaar het ons almal genoeg geld, dis nou as die buffel pryse dieselfde bly...
Re: My vriend se buffel
Posted: Sat Sep 12, 2020 6:45 pm
by Ferdi Bam
Op 10/09/2020 het my ander vriend, Fritz, ook sy buffel, hierdie keer n bul, gejag iewers in die ou Wes Transvaal. Atherstone of soiets. Hy het n 375H&H Winchester Mod 70 gebruik gelaai met n 300gr Barnes 300gr TSX teen 2400vps. Ek weet nie wie die PH was maar die ou het hom ook blykbaar goed van sy taak gekwyt.
Ek is baie bly vir sy part en dat hy ook sy droom kon bewaarheid. Fritz net soos Danie is ware jagters, old school as ek dit so kan noem. Ek is trots op my vrinne en glo dat ons nog lank om die kampvuur hierdie buffels oor en oor gaan jag. Welgedaan Fritz.
Groete
Ferdi Bam
Re: My vriend se buffel
Posted: Sun Sep 13, 2020 5:46 am
by Geno
.
Sent from my SM-G988B using Tapatalk
Re: My vriend se buffel
Posted: Sun Sep 13, 2020 5:57 am
by DWB
Mooi man! Danie het ons al vertel van die jaggerige Dominee
