Page 1 of 1

Musgrave kolf

Posted: Sun Mar 08, 2015 4:03 pm
by Heinz Petersen
Ek het twee oorspronklikke Musgrave/ RSA kolwe. n Vriend van my sit op my nek om een te koop by my. Ek wil by julle hoor vir hoeveel ek een kan verkoop sonder om die dam onder die eend uit te ruk.

Re: Musgrave kolf

Posted: Sun Mar 08, 2015 11:01 pm
by Charles.308
As daar n enkelskoot kolf by is hou my ingedagte, ek soek self ook een om te koop, sien dat jy 2 het.
Dankie
Charles

Re: Musgrave kolf

Posted: Mon Mar 09, 2015 12:43 am
by Finfan
Ekt net annedag my plank kolf vir iemand persent gegee! Ok nie geweet wat hy werd is nie.

Re: Musgrave kolf

Posted: Mon Mar 09, 2015 10:39 pm
by joe rocket
Ek het my musgrave kolf vir n R 1250 verkoop. Ek weet nie of dit n bargain was of nie.

Re: Musgrave kolf

Posted: Mon Mar 09, 2015 11:20 pm
by Pappabeer
Oom Heinz,

Laat sy ander opsies se prys n aanduiding wees. Maar seinde daai kolwe vir peepsight bisley was, sie ek nie veel nut vandag vir hulle nie. Juis die rede hoekom hulle vervang word. R1-2K is seker fair.

Dalk mis ek die pot totaal en al. Sal graag wil hoor b

Re: Musgrave kolf

Posted: Tue Mar 10, 2015 1:39 am
by Heinz Petersen
Ja, Dewald. Dit gaan seker oor vraag en aanbod. As jy iets wil verkoop teen n prys wat jy graag wil hĂȘ, dan wil niemand dit koop nie, maar as iemand aanhou vra om dit te koop dan lig jy maar jou prys. Ek het gereken R2000 is reg. Hy het nie R4-5k om op n nuwe kolf te spandeer nie. Kan dit ook net nie weggee nie.