Page 1 of 2
Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel?
Posted: Sun Mar 08, 2015 4:00 pm
by Chris (vdB)
Dagse almal
Ek dink daaraan om n' pistool aan te skaf vir selfverdediging. Waarna kan ek kyk. Ek soek nie n' te groot pistool wat lank en swaar is nie. Ek gaan nie teiken skiet met die pistool nie, dit gaan slegs gebruik word vir self verdediging. En watse kaliber vat ek?
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Sun Mar 08, 2015 7:08 pm
by Capt. Yoda
Glock in 9mm
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Sun Mar 08, 2015 7:24 pm
by Heinz Petersen
Stem 100% saam met die kaptein.
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Sun Mar 08, 2015 7:27 pm
by FCLoretz
Brandewyn Ratel wrote:Dagse almal
Ek dink daaraan om n' pistool aan te skaf vir selfverdediging. Waarna kan ek kyk. Ek soek nie n' te groot pistool wat lank en swaar is nie. Ek gaan nie teiken skiet met die pistool nie, dit gaan slegs gebruik word vir self verdediging. En watse kaliber vat ek?
Vir jou doel sal ek se Glock omdat dit so betroubaar is.
Maar gaan eerder na 'n wapen winkel wat pistole uitverhuur en gaan skiet die verskillende pistole. En maak dan jou besluit. Winkels soos Flora Guns en Southern arms het gewere wat gehuur en geskiet kan word.
Ek sal 9mm Parabellum/Luger koop in kaliber.
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Sun Mar 08, 2015 7:43 pm
by DirkR
Kyk na die CZ Duty in 9mm ook.
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Sun Mar 08, 2015 7:52 pm
by Dweetster
Ek stem saam, gaan toets n paar. Ek skied al 18 jaar met my Glock en ek love hom baie.as ek nou weer moet koop sou dit weer n Glock wees.
Die nuwe cz lyk vir my self na n lekker wapen,die sights is net hoeer as die van my Glock waarvan ek nie hou nie.
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Sun Mar 08, 2015 8:34 pm
by Pvdw
Manne ek sten saam mt ie idee van die Glog en die CZ Duty maar hoekem juis 9mm??
Vir basies dieselfde groote pistool is die 40cal/10mm nie 'n beter opsie nie??
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Sun Mar 08, 2015 8:35 pm
by Finfan
+1 Glock 19 9mm
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Sun Mar 08, 2015 9:14 pm
by Arnold
9mm, vir basies die selfde groote pistool as die 40 S&W kry jy twee rondtes meer in die magesyn, die selfde vermoë en minder recoil.
Met moderne ammunisie is die verskil in performance tussen 9mm, 40 S&W en 45 ACP weglaatbaar
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Sun Mar 08, 2015 9:17 pm
by LUAN
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Sun Mar 08, 2015 9:46 pm
by Sako75
Walther PPQ lyk ook nie sleg vir my nie.
http://www.waltherarms.com/ppq-m2/
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Sun Mar 08, 2015 10:01 pm
by LUAN
Ek praat onder koreksie maar die ppq word nie meer ingevoer na ons land. Ouens het ge rave oor hom en ek wou ook een gehad het om anders te wees want almal het glocks en my pa het n ppk. Maar jy sal sukkel om parte en ekstra magasyne te kry. Hou maar by Glock die Ak47 van handwapens.
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Sun Mar 08, 2015 10:13 pm
by Pvdw
9mm, vir basies die selfde groote pistool as die 40 S&W kry jy twee rondtes meer in die magesyn, die selfde vermoë en minder recoil.Met moderne ammunisie is die verskil in performance tussen 9mm, 40 S&W en 45 ACP weglaatbaar
Dankie Arnold. Interesante info.
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Sun Mar 08, 2015 10:48 pm
by Arnold
Ek het self van n 45 na n 9mm geskuif....
Nou dra ek n Glock 19
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Sun Mar 08, 2015 11:01 pm
by Dweetster
Ek het ook 40 S+W oorweeg. Ek hou van eenvoud, en prakties wees. As ek op n skietbaan klaar geskiet het,tel ek altyd n ekstra klomp 9mm toppe op. Dws ek verloor nooit regtig doppe nie.
Ek het gedink as ammo moet op raak in ons land sal daar nog altyd 9mm beskikbaar wees. Daarom sal ek 9mm skiet.
As ek my wapen in die veld gebruik kruip ek nie rond soos die manne met die 40s of 45 op soek na doppe nie,ek het baaaaie.
N doodskoot met n 9mm is net so doeltrefend soos n doodskoot met n 45. ( skoot plasing)
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Mon Mar 09, 2015 4:48 am
by Chris (vdB)
Dankie almal vir julle terugvoering. Die Glock 19 in n' 9 mm sal dan die pistool wees wat ek gaan vat
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Mon Mar 09, 2015 7:15 am
by Giepie
Ek hou weer glad nie van die Glock nie. Die "gebrek" aan veiligheidsknip pla my. Sit ook nie lekker in my hand nie.
Ek het 'n Beretta mod 92 wat ek in '82 gekoop het. Nog nie 'n enkele probleem gehad nie, geen mis feeds of so nie. Gelukkig nog nie nodig gehad "to use in anger" nie. Dalk bietjie groot maar het na ander pistole en make gaan kyk en dan maar weer terug gekom na myne. Ek dink hier was nou die dag 'n Z88 te koop. Selfde pistool, net in SA deur Vektor gemaak.
9mmP bly vir my die beste. So ruk terug weer baie gelees oor wat die CIA sê na verskeie toetse met verskeie kalibers, hulle is weer terug na dit.
Pistole is ook soos met vrouens. Groot verskeidenheid met elkeen 'n eie "feel".

Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Mon Mar 09, 2015 7:26 am
by Baasvark
CZ 75 PO7 gen 2.
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Mon Mar 09, 2015 7:30 am
by Carl
Goeie keuse jy sal nie teleurgesteld wees nie. Dit is 'n baie gemaklik hoë kapasiteit dra wapen. My vrou het die naweek vir die eerste keer met myne geskiet - baie akkuraat!
Daar is manne wat nie van die Glock se gevoel in die hand hou nie. Veral as hulle hom in die winkel toets en voel. Die "probleem" word reg gestel op die skietbaan en met oefening.
Die afwesige veiligheids knip is maar 'n kopskuif ding. Daar is maar GEEN manier wat die Oostenrykers iets na Amerika toe sal pos wat nie werk en 100% betroubaar is nie. Volgens my werk dit en ek hou daarvan om te weet as die papaja die waaier tref dan druk ek net die groen knoppie.
Giepie dis die FBI wat terug gaan na 9mm.
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Mon Mar 09, 2015 7:47 am
by Giepie
Dankie Carl, geweet dit is een van hulle.
Het Glock op skietbaan ook probeer, verkies steeds my Beretta, maar moet sê ek het Pachmayer grips op.
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Mon Mar 09, 2015 9:37 am
by NEGE3
Almal baie goeie raad. Maak nie saak waarop jy besluit nie maak net seker van die beskikbaarheid van onderdele. Dit kan nogal 'n pyn raak as iets skeef loop.
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Mon Mar 09, 2015 10:10 am
by Ratel
Brandewyn Ratel wrote:Dagse almal
Ek dink daaraan om n' pistool aan te skaf vir selfverdediging. Waarna kan ek kyk. Ek soek nie n' te groot pistool wat lank en swaar is nie. Ek gaan nie teiken skiet met die pistool nie, dit gaan slegs gebruik word vir self verdediging. En watse kaliber vat ek?
Dis maar dieselfde as kar koop. Land Cruiser of Land Rover, dun bande of dik modderbande, petrol of diesel. Op die ou einde doen almal dieselfde werk.
Ek sou as ek weer moet kies vir selfvedediging weer 'n Glock 23 vat in 40 kaliber. Hoekom?
Glock is uiters betroubaar, indien jy vinnig moet skiet is daar nie 'n safety wat jy eers moet afhaal nie (Glock se safe is altyd aan) nie baie skerp hoeke wat aan klere kan vas hak nie en is lekker lig vanwee die polymer raam. 9mm, 40S&W, 357 Sig of 45 is almal dodelik (afhandend van die skut) Ek hou van die 40S&W se woema. Solank jy nie iets oorweeg soos die ou Tokarevs wat in 9mms verander is nie kan jy feitlik enige maak koop.
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Mon Mar 09, 2015 1:11 pm
by Chris (vdB)
Baie dankie aan almal vir julle insette
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Mon Mar 09, 2015 1:27 pm
by Louis Kriel
Re: Pistool vir selfverdedeging - beste pistool vir die doel
Posted: Mon Mar 09, 2015 2:32 pm
by soundzmad
Ratel
Jy het lekker advies hier gekry ek wil ook graag my 10c insit. Gaan kyk gerus na so een of twee IDPA skiete waar die sport rondom selfverdediging aangeleenthede gevorm is. Die wapens, ammunisie, drae en verberging aan jou lyf word dan ook so streng gereguleer.
Tipies sal jy met 'n standaard wapen skiet en drae soos jy dit daagliks (versteek) sal drae vir selfverdediging. Behalwe dat daar klasse is vir wapens wat nie standaard is of verbeteringe aangebring is wil ek fokus op die standaard wapens. Dit bring my by die punt wat ek wil maak.
Ek gaan nie vir jou se wat ek skiet nie want ek wil nie hê jy moet dink ek is bevooroordeeld nie. Maar om bloot net te aanvaar dat Glock betroubaar is, bo enige ander vergelykbare wapen, sal in my denke bevraagteken word. Ek dink bloot aan die vele skiete wat ek die jaar verby, bywewoon het. Wanneer die COF "course of fire" gestaak word vir wapens wat nie reg of verder wil werk of veilig is om daar op die "spot" reggestel te word nie, kan jy maar net gaan kyk wat skiet hulle.
Gaan kyk, gaan skiet en besluit vir jou self.
Groete