Page 1 of 1
side by side of UTV vir jakkals jag
Posted: Sat Mar 07, 2015 5:11 pm
by karoo boer
Halo
Ek soek bietjie raad asb. Ek wil graag n Side by Side koop en hom inrig vir jakkals jag op my plaas...
My problem is egter my hele plaas se paaie is twee spore wat oor die jare met n bakkie uitgery is. As ek die goed so kyk gaan hulle dan nie spoor nie en mens gaan vreeslik ruk en pluk as jy ry. Is dit so? en kan mens nie spacers insit wat maak dat hy spoor sodat mens kan ry op twee spoor paaie nie?
Enige raad sal welkom wees!
Groete
Re: side by side of UTV vir jakkals jag
Posted: Sat Mar 07, 2015 5:40 pm
by Pvdw
Karoo boer, help my uot met die een. Wat is die side by side waarvan jy praat. Ek hoop nie ek is die enigste man wat geen idee het waarna jy verwys nie..
Re: side by side of UTV vir jakkals jag
Posted: Sat Mar 07, 2015 5:57 pm
by Lamtjop
K'roo boer ek het nie n utv nie maar het self n polaris gaan test drive(toe nie gekoop nie) hy pas maklik in die veldpaaie en hy behoort lekker te werk. Onthou net hulle is maar swaar op die juice en Junie maand gaan jy wens hy't n heater gehad as jy veld toe ry of terugkom die aand.
Re: side by side of UTV vir jakkals jag
Posted: Sat Mar 07, 2015 6:00 pm
by PWV
Pvdw, ek weet ook nie wat 'n side by side is nie. Gedog dis die teenoorgestelde van 'n over-and-under?

Re: side by side of UTV vir jakkals jag
Posted: Sat Mar 07, 2015 6:08 pm
by Pvdw
Dankie oom PW. Ek het self 'n shotty in gedagte gehad toe ek die opskrif lees.
Re: side by side of UTV vir jakkals jag
Posted: Sun Mar 08, 2015 8:48 am
by Koos Barnard
'n Side by side is een van daardie klein voertuigies wat veronderstel is om 'n vierwielfiets te wees maar toe bou hulle vir hom 'n kajuit (oop ene sonder ruite) en 'n bakkie en sit twee sitplekke langs mekaar. Dus 'n mini-bakkie maar sonder 'n windskerm voor. John Deere se Gator is 'n goeie voorbeeld daarvan.
Re: side by side of UTV vir jakkals jag
Posted: Sun Mar 08, 2015 8:57 am
by Pvdw
Dankie Koos, daar leer ek ook nou iets. Daai goed lyk altyd groot pret. Sien van hulle kos letterlik ook selle as 'n bakkie.
Re: side by side of UTV vir jakkals jag
Posted: Sun Mar 08, 2015 9:12 am
by Koos Barnard
Ek gaan binnekort een toets. Die Gator van John Deere. Ja, as die ding net nie so baie gekos het nie sou ek nogal belang gestel het om self een te koop. Ek het egter 'n quad wat ek gebruik. Al baie male gedink om dit maar te verkoop maar elke keer as ek met die ding ry voel ek soos 'n klein seuntjie met 'n nuwe karretjie dan hou ek hom maar.
Mooi loop
Re: side by side of UTV vir jakkals jag
Posted: Sun Mar 08, 2015 3:28 pm
by Freddie101
Karooboer
Het ook gekyk. Diesels wat ek wil he is uiters duur. Kubota - Ver oor R200 000 nuut. Jcb- omgewing van R165000. Petrol weet ek nie regtig maar ook duur. Koop 2de handse bakkie of so iets sou ek sĂȘ. Het self so gemaak.
Groetnis
Re: side by side of UTV vir jakkals jag
Posted: Sun Mar 08, 2015 6:03 pm
by G-force
Karoo boer ek het n Polaris Ranger ATV wat 800cc EFI is.Hy spoor mooi en ry goed deur die veld.Hy kan baie plekke klim.Ding wat n mens in gedagte moet hou is dat met n skiet stoel op gaan jy redelik baie bewiging kry oor sy vere sagter is as n bakkie s'n.Dit kan moontlik die skietwerk benadeel.Sy bak is ook klien maar ek glo hy kan werk as mens nie teerpad hoef te ry nie.
Re: side by side of UTV vir jakkals jag
Posted: Sun Mar 08, 2015 8:49 pm
by karoo boer
G force het jy spacers op joune gesit?
Re: side by side of UTV vir jakkals jag
Posted: Sun Mar 08, 2015 10:56 pm
by G-force
Nee glad nie,ry hom standard.
Re: side by side of UTV vir jakkals jag
Posted: Mon Mar 09, 2015 6:12 am
by vossie1