Page 1 of 1
side by side of UTV
Posted: Sat Mar 07, 2015 5:09 pm
by karoo boer
Halo
Ek soek bietjie raad asb. Ek wil graag n Side by Side koop en hom inrig vir jakkals jag op my plaas...
My problem is egter my hele plaas se paaie is twee spore wat oor die jare met n bakkie uitgery is. As ek die goed so kyk gaan hulle dan nie spoor nie en mens gaan vreeslik ruk en pluk as jy ry. Is dit so? en kan mens nie spacers insit wat maak dat hy spoor sodat mens kan ry op twee spoor paaie nie?
Enige raad sal welkom wees!
Groete
Re: side by side of UTV
Posted: Sat Mar 07, 2015 8:28 pm
by Boskamper
Jammer as ek stupid klink, maar wat is n "Side by Side"

Re: side by side of UTV
Posted: Sat Mar 07, 2015 9:48 pm
by PWV
Boskamper wrote:Jammer as ek stupid klink, maar wat is n "Side by Side"

Wonder of dit 'n motorbike met 'n sidecar is? Karooman, sit 'n foto op asseblief.
Re: side by side of UTV
Posted: Sun Mar 08, 2015 6:34 am
by Eugene
Boskamper wrote:Jammer as ek stupid klink, maar wat is n "Side by Side"

Dis een van daai "quad" karretjies waar die sitplekke langs mekaar sit.
Re: side by side of UTV
Posted: Sun Mar 08, 2015 3:00 pm
by karoo boer
N yamaha rhino of polaris ranger is voorbeelde daarvan is soos n taai offroad golfkar
Re: side by side of UTV
Posted: Tue Mar 10, 2015 2:57 pm
by DinoF
Koop daai Rhino as die koste jou nie afskrik nie. Hy het baie meer werk op n plaas as n gewone quad. lek uitry,krippe check en pype regmaak. Hy is betroubaar ook.
Weet nie van Jakkals nie maar as ek gaan beeste kyk met die rhino kom hulle uit nuuskierigheid na hom toe . Spraar klomp tyd. Hulle soek my ek soek hulle nie.
Re: side by side of UTV
Posted: Tue Mar 10, 2015 6:25 pm
by karoo boer
dinof spoor hy mooi in n gewone twee spoor pad of vang hy die middel mannetjie?
Re: side by side of UTV
Posted: Tue Mar 10, 2015 7:33 pm
by Eugene
karoo boer wrote:dinof spoor hy mooi in n gewone twee spoor pad of vang hy die middel mannetjie?
Dink hy gaan minder vang as gewone quad!
Re: side by side of UTV
Posted: Thu Mar 12, 2015 5:38 am
by vossie1
Re: side by side of UTV
Posted: Tue Mar 17, 2015 8:08 am
by DinoF
Die opmerking hier bo is korrek. Hy spoor baie beter as n quad en n middelman het my nog nooit gepla nie. My swaer het ook een gekoop en sy bakkie staan nou . Ek het op n stadium so amper 9 kilos per liter gekry maar nou kry ek so 7. Gedink dis dalk iets wat jy sal wil weet ook.
Groete
Dino Fourie
Re: side by side of UTV
Posted: Tue Mar 17, 2015 8:36 am
by Skywalker
More Karoo Boer
Ons het n Linhai op die plaas gehaad waarmee ons alles gedoen het van voer uitsit tot uitskiet. Die model het die tipper bak gehaad (nie elektries nie). Hy het regtig lekker gewerk 4x4 en als dit was nou nie n Rhino of n Big Red nie maar hy kon orals ry en nog plekke wat ek nie sou aandurf met die bakkie nie. Om na jou probleem te kyk, ons het ook baie sand en klip padjies wat ook maar uitgery is met die bakie deur die jare en hy het mooi geloop daso, sy wiele is so bietjie nader aan mekaar as n bakie maar kon nogsteets in die padjies pas. Ander probleem was dat hy gereeld gediens moes word en dan moes die ding gelaai word en dorp toe gesleep word ons kon dit self doen maar soos n gewone voertuig kort hy ook maar n "stamp" in sy boekie.
Dis hoe hulle lyk
http://www.linhaisa.co.za/side-x-sides.html
My pa het toe maar so outjie aangeskaf vir die plaas
IMG-20150311-WA0009 (600 x 450).jpg
Re: side by side of UTV
Posted: Tue Mar 17, 2015 11:17 am
by Carl
Hy kan ten minste self in die dorp uit kom vir 'n diens.

Re: side by side of UTV
Posted: Tue Mar 17, 2015 11:23 am
by Skywalker
Carl wrote:Hy kan ten minste self in die dorp uit kom vir 'n diens.

Haha kom ons hoop maar so, wat ek jou kan se is dat ek julle NIE sal laat weet as hy wel breek (of vassit) nie.

Re: side by side of UTV
Posted: Tue Mar 17, 2015 11:29 am
by Eugene
Skywalker wrote:Carl wrote:Hy kan ten minste self in die dorp uit kom vir 'n diens.

Haha kom ons hoop maar so, wat ek jou kan se is dat ek julle NIE sal laat weet as hy wel breek (of vassit) nie.

Of deur 'n Ford uit 'n sloot gesleep moet word nie....

Re: side by side of UTV
Posted: Tue Mar 17, 2015 11:52 am
by Skywalker
Eugene wrote:Skywalker wrote:Carl wrote:Hy kan ten minste self in die dorp uit kom vir 'n diens.

Haha kom ons hoop maar so, wat ek jou kan se is dat ek julle NIE sal laat weet as hy wel breek (of vassit) nie.

Of deur 'n Ford uit 'n sloot gesleep moet word nie....

e153816a3ff99e7570f19ea7f826c005.gif
Haha sjoe sjoe Stefaans moenie jou nou sien nie
