Page 1 of 1

Net vinnig groet

Posted: Fri Mar 06, 2015 1:37 pm
by StadBobejaan
Hello almal,

Ek kyk en lees nou al n ruk lank na julle manne wat mooi saam praat oor dinge wat my intereseer, ek is nou nie n pro jagter nie maar is mal oor die bosveld en het die afgelope 5 jaar nog nie n jagtog gemis nie, al eet ons brood en biltong, jag sal ek jag.

So n bietjie van n midlife crisis going, al jare lank in die computer wereld besig, moet maar die rekeninge betaal deur die knoppies te druk. Ek sal dit alles veruil vir daai voltydse gevoel, wat mens kry as jy in die veld loop op daai once or twise a year feeling gedurende die jag maande.

Ek hou ook van alles wat van metaal gemaak word, veral wapens, sou graag n gunsmith as trade wou doen, maar nog nie die regte geleentheid raak geloop nie.

Het besluit om aan te sluit sodat ek kan saam praat , en nou en dan n LOL oor die ligter dinge in the druk.

Re: Net vinnig groet

Posted: Fri Mar 06, 2015 1:39 pm
by VdWalt
Welkom hier, brood en biltong is konings kos!

Re: Net vinnig groet

Posted: Fri Mar 06, 2015 2:03 pm
by stan man
welkom. mag jy vreugde vind hier.

Re: Net vinnig groet

Posted: Fri Mar 06, 2015 2:06 pm
by PWV
Welkom Stadbobbejaan!
Nou in watter stad woon jy en met watter wapens jag jy skerpioene? ><)

Re: Net vinnig groet

Posted: Fri Mar 06, 2015 2:48 pm
by matewis
Welkom hier, hoop jy gesels lekker saam.

Toemaar, meeste van ons "stadsjapies" gaan maar elke nou en dan deur een of ander "mid-life crisis", veral in die wintermaande! :) Gelukkig kan ons die res van die tyd hier op jaracal saam die ander kom jag..

Enjoy

Re: Net vinnig groet

Posted: Fri Mar 06, 2015 7:52 pm
by Jacquesb
Naand vriend.
Geniet die forum.

Re: Net vinnig groet

Posted: Fri Mar 06, 2015 10:00 pm
by StadBobejaan
Dankie almal, voel klaar tuis, ek hang tans my hoed op in Centurion, Pretoria.

Ek jag graag met boog, skiet Noord Wes bosveld met Sako 30-06(my besemstok) en moet nie die windbuks vergeet nie wat ek in die dorp pampier jag.

Re: Net vinnig groet

Posted: Sun Mar 08, 2015 1:10 pm
by Boesman10
Welkom op die forum

Re: Net vinnig groet

Posted: Sun Mar 08, 2015 9:13 pm
by ROBBIE1
Welkom maat, jy sal dit geniet hier, pasop net dis verslawend hoor!!

Vat so bietjie flora saam daai biltong, dan loop hy soos Selina met n nuwe mop!

Re: Net vinnig groet

Posted: Mon Mar 09, 2015 9:24 am
by jamalley
Welkom ek hoop jy geniet dit sommer baie hier