Page 1 of 1

300 WSM Tikka of Savage

Posted: Fri Mar 06, 2015 8:18 am
by gs23139
Ek is in die mark vir 'n nuwe roer, wil hom gebruik vir langafstand papier/ gonge en vlakte jag vir Gemsbok, Kudu ens.
Ek het besluit op 'n 300 wsm, ek kan die Tika Varmint 24" en Savage VLP 26" kry vir dieselfde prys.
Beide het die "Bull Barrel" is dit so belangrik?
Tika het sintetiese kolf en Savage het "laminated" en Tika is 1 kg ligter as Savage.

Wat dink die groot jagters en/of die manne wat reeds van hulle besit?

Dankie

Re: 300 WSM Tikka of Savage

Posted: Fri Mar 06, 2015 8:49 am
by Capt. Yoda
Al 2 bitter lekker maar mens moet dalk kyk of daai 26" loop van die Savage nie beter gaan werk om dalk net n hoer node te kry nie.Al 2 is regtig baie lekker en akurate gewere
Watse twist lope het die 2 ?

Re: 300 WSM Tikka of Savage

Posted: Fri Mar 06, 2015 8:50 am
by Hugov
Hello GS

Ek dink nie jy sal n fout maak met enige van die twee roere nie.
Persoonlik dink ek daai 1 kg maak n groot verskil as jy enigsins sal wil stapjag met hom....
Die VLP is lekker swaar maar hy skiet n barshou.

Die tikka gee jou die opsie om jou ringe direk aan die aksie te monteer vir n lekker lae scope/loop profiel.
Daar is 0 en 20 MOA rails vir albei beskikbaar.

Rifle basix maak n lekker aftermarket sneller vir die savage en is vrylik bekombaar.
JARD is die enigste manne wat n aftermarket sneller maak vir tikka, maar jy gaan homself moet invoer...
(dit bygese albei se snellers werk goed, en kan met bietjie effort baie mooi werk)

Ek sou sou gaan vir die een wat my "boat float"

Groete H

Re: 300 WSM Tikka of Savage

Posted: Fri Mar 06, 2015 8:54 am
by Capt. Yoda
Sien die Tikka het 1/11 twist en die Savage 1/12 twist.As jy lang swaar koels wil skiet sou ek dan maar die Tikka vat
Hiers n paar lekker snellers vir die Tikka's

http://accurateshooter.net/Products/cgtriggerdata.pdf Is n Bul van n sneller die!
http://bulletin.accurateshooter.com/tag/trigger/
https://tikkaperformance.com/tikka-set-trigger / http://bulletin.accurateshooter.com/201 ... -tikka-t3/

Jy behoort timney ook te kan kry en jy kan ook by jou handelaar hoor of hy nie dalk vir jou een met die "set" trigger kan kry nie.

Re: 300 WSM Tikka of Savage

Posted: Fri Mar 06, 2015 8:57 am
by ruaanb
Ek het na beide gekyk asook na die Winchester Mod 70 Coyote Light in die kaliber. Ek het toe op die Winchester besluit aangesien hy my die beste gepas het van almal. Die Savage is baie swaar so hy gaan jou kou as dit by stap jag kom. Die Tikka is die ligste so hy gaan weer lekker stamp aan die skouer.

Re: 300 WSM Tikka of Savage

Posted: Fri Mar 06, 2015 8:58 am
by gs23139
Ek sien op savage is die twist rate gegee as 1:10 vir die 300wsm

Re: 300 WSM Tikka of Savage

Posted: Fri Mar 06, 2015 9:00 am
by gs23139
Maak die bull barrel so groot verskil?
Behalwe aan die gewig en prys?

Re: 300 WSM Tikka of Savage

Posted: Fri Mar 06, 2015 9:04 am
by Capt. Yoda
gs23139 wrote:Ek sien op savage is die twist rate gegee as 1:10 vir die 300wsm

Ja jy is reg ek het soos my dinges gekyk.Dan tik daai Savage al die boksies !
gs23139 wrote:Maak die bull barrel so groot verskil?
Behalwe aan die gewig en prys?
Daar is klomp theories oor die staal wat minder buig as die skoot loop of meer regit is en ek weti wat nog maar wat ek al gesien het is die bull barrel vat langer om warem te word maar hy vat ook langer om af te koel