Page 1 of 2

Raam vir oefen op range

Posted: Thu Mar 05, 2015 10:06 am
by Chop
More Manne en maninne.

Ek soek raad. ek wil n raam of rame maak om te gebruik as ek range toe gaan. Het julle enige raad of fotos. dit is vir gewone A4 skywe asook daai vol lyf diere.

Ek lees graag jul raad.

Idees rondom skyf staander op range

Posted: Thu Mar 05, 2015 10:11 am
by Chop
Hi Julle.

Ek is opsoek na idees om n staander te maak om my A4 en half en vol lyf bokke op te sit as ek range toe gaan. het julle dalk enige planne of fotos?

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Thu Mar 05, 2015 10:15 am
by Geno
Mahala :police:

http://thesignlabnyc.com/wp-content/uploads/2014/02/real-estate-signs.jpg

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Thu Mar 05, 2015 10:17 am
by andre007
Skerp Geno

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Thu Mar 05, 2015 10:19 am
by Eugene
Daai werk lekker! Maar is dalk effens aan die onregmatige kant as jy dit sonder toestemming gaan verwyder en toe-eien... :police:

By Builderswarehouse verkoop hulle sulke "hardbord" velle van omtrent 1200x600 mm vir R29. Ek het met gewone droppers 'n raam gesweis waarin so bord presies pas en ek maak dit sommer met cable ties vas aan die raam. Jy kan 'n hele paar A4 teikens daarop plak en ook groter teikens, veral as jy dit dwars draai....

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Thu Mar 05, 2015 10:19 am
by henried
Hierdie een werk mooi vir my.

Re: Raam vir oefen op range

Posted: Thu Mar 05, 2015 10:39 am
by Umshwati Boy
Die 'For Sale' Rame van Estate Agents werk baie goed >:D

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Thu Mar 05, 2015 10:59 am
by Alwyn
Maak maar n paar van hulle... jou pelle gan hom vir seker raak skiet!! LOL

Van die kliener size sq werk ook leke om n raam tebou, dan kan jy van daai plastic cardboard gebruik vir backing, pop rivet dir some aan die raam vas

Groete

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Thu Mar 05, 2015 11:05 am
by NJ_v_N
Vir ons werk n stuk conveyor belt in n gesweisde staal raam baie goed, hy hou al lank.

Ons s'n is omternt 1m square het genoeg spasie vir n bok teiken en n paar A4 inskiet teikens saam.

Ek het ongelukking nie n photo van hom nie

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Thu Mar 05, 2015 11:19 am
by joe rocket
Geno wrote:Mahala :police:

http://thesignlabnyc.com/wp-content/uploads/2014/02/real-estate-signs.jpg

Daai eiendom borde werk baie mooi kos niks ++>: . Gebruik 10mm beton bewapening staal en sweis rame. Kry ou karton dose my checkers of pick ' pay vir backing. Of die materiaal wat eiendoms agente gebruik, dit kos 35 rand n vel. Dis 2.2 x 900 mm wyd ek dink. Werk lekker vir bok teikens.

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Thu Mar 05, 2015 12:12 pm
by toelie
Ek het die vir my gemaak en knip sommer met wasgoed pennetjies vas en vou maklik plat vir vervoer dan

Groete

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Thu Mar 05, 2015 12:38 pm
by JohanvB
Sjoe...sien wasgoed pennetjies wat teikens vashou...pvc conduit vir teiken staanders...hier in die Kaap ga daai nie werk nie...cable ties en droppers in grond inslaan hierso :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Thu Mar 05, 2015 12:45 pm
by Gawie(13mm)
JohanvB wrote:Sjoe...sien wasgoed pennetjies wat teikens vashou...pvc conduit vir teiken staanders...hier in die Kaap ga daai nie werk nie...cable ties en droppers in grond inslaan hierso :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:
Hier moet net een tiende van die paal bo die grond uitsteek anders waai hy of weg of hul steel hom terwyl jy die geweer se slot werk. >:D

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Thu Mar 05, 2015 12:56 pm
by Pappabeer
Niks wen n eiendoms agent bord met jou gunsteling verkiesing poster op vir die pistool baan nie.

Wat baie lekker werk vir die bok teikens is n sg. Devider bord. Dit is sagte plastiek, selfde as die eiendomsagent bord, wat tussen glas bottels op palatte kom. Hulle is so 1,2x1m en vat die bokteiken mooi, met twee droppers weerskante.

Die glasvervaardigers soos Consol of Sabre glass gebruik hulle. Jy kan by hulle of iemand in die drank bedryf gewoonlik regkom met n devider bord of drie.

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Tue Mar 17, 2015 11:28 pm
by 8x68S
Daar is geen beter backing bord as 'n verkiesingplakkaat nie. Dit help ook om rommelstrooi in toom te hou.

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Wed Mar 18, 2015 7:29 am
by henried
JohanvB wrote:Sjoe...sien wasgoed pennetjies wat teikens vashou...pvc conduit vir teiken staanders...hier in die Kaap ga daai nie werk nie...cable ties en droppers in grond inslaan hierso :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:
Daai wind! Dis een ding wat ek nie van die Weskus mis nie... ::)

Waar ek skiet het die baan beampte my daai agent rame laat uit haal, sê dis te laag en en die koëls hop in die lug.

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Wed Mar 18, 2015 10:57 am
by Finfan
Geno wrote:Mahala :police:

http://thesignlabnyc.com/wp-content/uploads/2014/02/real-estate-signs.jpg
As ek n eiendoms agent was sou ek darem naweek vir naweek op die skietbaan gaan sit het en kyk wie my borde so wegdra. Ek sou self dan baie in die moeilikheid getrap het!

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Wed Mar 18, 2015 12:41 pm
by JuanPaul
Hier is my gong en die opvou raam wat ek gemaak het.

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Wed Mar 18, 2015 2:08 pm
by Gawie(13mm)
Ek het die staanders prakseer en hul loop baie mooi.
Hul kan afsonderlik gebruik word of as die grond te hard of sag is kan die teiken raam se een poot aan die kant van die ghongraam ingesteek word.

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20150318_135453.jpg

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20140507_102712.jpg

Die deurskynende plastiek sakke koop ek by die Agrimark as kunsmissakke. Dit pas knus oor die raam en is groot genoeg vir 4 A4 groote teikens.

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Wed Mar 18, 2015 2:35 pm
by LRLaubscher
Gawie(13mm) wrote:Ek het die staanders prakseer en hul loop baie mooi.
Hul kan afsonderlik gebruik word of as die grond te hard of sag is kan die teiken raam se een poot aan die kant van die ghongraam ingesteek word.

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20150318_135453.jpg

http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/20140507_102712.jpg

Die deurskynende plastiek sakke koop ek by die Agrimark as kunsmissakke. Dit pas knus oor die raam en is groot genoeg vir 4 A4 groote teikens.

Gawie jou ou plan maker!! Baie nice!!

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Wed Mar 18, 2015 4:22 pm
by Petrie303
Geno wrote:Mahala :police:

http://thesignlabnyc.com/wp-content/uploads/2014/02/real-estate-signs.jpg
Dit werk baie goed... Hul vra mos nie roesteming om dit orals in die dorp op te sit nie so hoekom mag mens dit nie gebryk nie? :laugh:

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Wed Mar 18, 2015 8:12 pm
by Gawie(13mm)
Petrie303 wrote:
Geno wrote:Mahala :police:

http://thesignlabnyc.com/wp-content/uploads/2014/02/real-estate-signs.jpg
Dit werk baie goed... Hul vra mos nie roesteming om dit orals in die dorp op te sit nie so hoekom mag mens dit nie gebryk nie? :laugh:
Jy maggitie vattie want is steel. Selle manier wat jy okkie di checkers trolli virri wiele ka vattie. :police:

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Wed Mar 18, 2015 8:23 pm
by HennieC
Geno wrote:Mahala :police:

http://thesignlabnyc.com/wp-content/uploads/2014/02/real-estate-signs.jpg
My buur man het vreeslik tekere gegaan toe ek op die borde teiken skiet.
Dalk moes ek dit eerder skiet baan toe gevat het en nie oor die muur na sy erf geskiet het nie. :laugh: :laugh: :laugh: tong in die kies gesê.

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Tue Mar 31, 2015 8:53 pm
by Chop
HennieC wrote:
Geno wrote:Mahala :police:

http://thesignlabnyc.com/wp-content/uploads/2014/02/real-estate-signs.jpg
My buur man het vreeslik tekere gegaan toe ek op die borde teiken skiet.
Dalk moes ek dit eerder skiet baan toe gevat het en nie oor die muur na sy erf geskiet het nie. :laugh: :laugh: :laugh: tong in die kies gesê.
Haha... Dit is baie funny

Re: Idees rondom skyf staander op range

Posted: Wed Apr 01, 2015 7:55 am
by JTM
Ek like jou raam ontwerp Gawie.