Page 1 of 1
6.5 x 58 van 270 win doppe enige iemand ervaring?
Posted: Wed Mar 04, 2015 3:22 pm
by Frederik
Wonder of enige iemand al porra mauser doppe uit 270 win doppe gemaak het en dalk vir my kan se wat die stappe was ? Ek het nou matrysse wat oppad is en wil graag die ou roer Weer aan die gang kry en dalk 'n bok of twee klits met hom oop visier. Die loop is not baie goed en hy gaan perfek wees vir ons Boer en Brit kompetisie by die Ellisras vuurwapen fees.
As iemand dalk ou doppe he wat rondle sal ek die ook koop.
Dankie
Re: 6.5 x 58 van 270 win doppe enige iemand ervaring?
Posted: Wed Mar 04, 2015 6:05 pm
by 243Songdaug
Hulle form redelik maklik.
Ek trim die 270 se nekke weg tot daar omtrent 1mm nek oorbly waarna en dit dan smeer met sizing wax en dit so stp vir stap in die 6.5x58 se vollengte matrys vorm. As jy klaar is kan jy net die doppe trim tot op die korrekte lengte, laai en skiet.
Re: 6.5 x 58 van 270 win doppe enige iemand ervaring?
Posted: Wed Mar 04, 2015 6:08 pm
by 243Songdaug
O ja. Jy kan die doppe anneal - dit sal net goed wees
Re: 6.5 x 58 van 270 win doppe enige iemand ervaring?
Posted: Wed Mar 04, 2015 6:09 pm
by 243Songdaug
PM my gerus dan epos ek my vorming aanwysings vir jou
Re: 6.5 x 58 van 270 win doppe enige iemand ervaring?
Posted: Wed Mar 04, 2015 6:50 pm
by Frederik
Dankie, as jy die epos kan stuur na
FCocquyt@gmail.com
Is daar enige voorkeure in brass wat beter werk?
Re: 6.5 x 58 van 270 win doppe enige iemand ervaring?
Posted: Tue Mar 10, 2015 7:24 am
by 243Songdaug
Hi Frederik, ek het Pmp, Winchester en Remington gebruik en as ek moet kies sou ek Winchester doppe kies, maar dis slegs omrede ek 'n groot Winchester aanhanger is. Ek epos gou vir jou die stappe.
Re: 6.5 x 58 van 270 win doppe enige iemand ervaring?
Posted: Tue Mar 10, 2015 8:42 am
by Frederik
Dankie waardeer.