Page 1 of 1
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 9:57 am
by Frederik
Lyk baie Goed hou van die fotos.
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 10:02 am
by FCLoretz
LUdwig, net 'n vraag. Hoe werk die kaliber klassifikasie?
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 10:07 am
by Geno
Geluk manne, en veral Douw!
Om met jou eerste shoot, so te perform wil gedoen wees!
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 10:24 am
by FCLoretz
Ludwig wrote:[quote="FCLoretz"
Die twee klasse soos ons hom gehad het by hierdie kompetisie, was gebasseer op loop dikte by die kroon. 17mm en dunner val in Light Varmint en dikker is Heavy Varmint.
Dit antowoord die klasifisering, Dankie.
Het gewonder oor die 300wsm wat saam die .243 en .25-06 in LV klas geskiet het.
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 10:30 am
by DawieKotze
Interessant dat 7 uit die 10 man se tellings op 550 meer was as op 450.
Lyk lekker!
Dawie
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 10:32 am
by Jean Marais
Baie mooi geskiet manne. Fritz, lyk my jy en daai 284 van jou verstaan mekaar mooi. Geluk.
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 10:34 am
by Arnold
Baie geluk aan almal!
Dit is darem lekker om so baie 260's te sien wat goed presteer.
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 10:46 am
by Carl
Geluk manne dit is goed geskiet.
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 10:47 am
by Hein (Haan)
Baie geluk julle, Volgene keer is ek daar!
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 11:56 am
by Eugene
madako wrote:Interessant dat 7 uit die 10 man se tellings op 550 meer was as op 450.
Lyk lekker!
Dawie
Dit gebeur as jy nie jou teleskoop my die huis of tydens die inskiet, behoorlik zero nie en dit gedurende die kompetisie wil doen.....
En dan het die wind ook effens minder gewaai tydens 570m!
As ek my scores so kyk, kon ek gewen het as daar nog 6 afstande was...

Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 12:05 pm
by douw
Eugene wrote:madako wrote:Interessant dat 7 uit die 10 man se tellings op 550 meer was as op 450.
Lyk lekker!
Dawie
Dit gebeur as jy nie jou teleskoop my die huis of tydens die inskiet, behoorlik zero nie en dit gedurende die kompetisie wil doen.....
En dan het die wind ook effens minder gewaai tydens 570m!
As ek my scores so kyk, kon ek gewen het as daar nog 6 afstande was...

My rede hiervoor was, dat ek op 450m bietjie laag was(toegeskryf aan welke rede ookal) met 550 het ek my verstellings gemaak volgens ballistiese program en toe nog ekstra 4 klieks gestel, omrede ek gesien het op 450 was ek te laag!
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 12:06 pm
by Riaan Kriel
As ek van die fotos so kyk met van die donker wolke kan ek glo die wind het 'n rol gespeel....
Dit lyk nogal baie lekker. Goed gedoen manne!!
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 12:16 pm
by Eugene
Die wind het ons hierdie keer eintlik regtig 'n kans gegee. Op die vorige skietdag was die wind maklik 11mph - 20mph op al die afstande....
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 12:28 pm
by Eugene
Ludwig wrote:Eugene, maar minstens was die wind rigting op die vorige shoot konstant 9uur die hele dag lank. Hierdie keer het die wind sommer tussen 7uur en 11uur tydens 1 aflos gewissel. Jy moes letterlik vir elke skoot jou wind kondisies kyk.
Ook waar! Dit het my geflous met my eerste 3 skote op 570, kon darem met laaste 2 die aanpassing maak en hulle was altwee 10'e.
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 1:32 pm
by JTM
Geluk Manne!
Dit lyk na 'n lekker skiet en as ek nader gebly het sou ek beslis die Light Varmint klas kom ondersteun het.
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 7:29 pm
by JPS
Ja nee Ludwig,
Die ding hou mns nederig. Laas keer het ek in die sterk wind (rede omdat dit konstant uit 9uur gekom het) mooi reg gelees en kon toe goed opvang vir die gmors wat ek aangevang het op 300m.
Die keer was 300m mooi en ek was nog kompeterend by die 450m en toe gee ek heeltemal te veel vir die wind wat draai op 550m.
Fritz, Shaun en Douw julle manne het baie goed geskiet well done.
My klong was redelik in sy noppies omrede hy 2de gekom het in LV al was daar net drie inskrywings daar
Arnold, Lino se groep op 570m meet net net oor duim vir die 5 skote. 3 van die skote sny.
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 9:01 pm
by Fritz
JPS wrote:
Arnold, Lino se groep op 570m meet net net oor duim vir die 5 skote. 3 van die skote sny.
Ek het daardie groepering gesien!! Was nogals indrukwekkend. Daar was sonder twyfel 'n hele paar skuts (insluitend fabrieksgewere) wat beter groeperings geskiet het as ek. Maar natuurlik is dit net so belangrik om jou groep op die regte plek te kan plaas. Dankie Ludwig/Jean/Jan vir die gelukwens, maar ek voel regtig my luck begin nou min raak hoor
Die van julle wat graag verder as 300m wil begin skiet moet nie die volgende een misloop nie!! Dit is absoluut die perfekte platform om te leer. Jy hoef nie al 'n ervare langafstand skut te wees nie, en jy hoef nie nou al 'n dikloop of varmint geweer te besit nie.
Solank as wat jy graag wil leer hoe om vêr te skiet is daar genoeg ouens wat jou sal help, en ek dink die "non-competitive" klas skep 'n perfekte geleentheid vir "coaching". Sal so iets kan werk Ludwig? Dalk kan diegene wat dit verkies gepaar word met 'n meer ervare skut wat in 'n ander relay skiet, en hom so bietjie bystaan met ballistics en windlees? Ek sal altyd bereid wees om te help en soos ek die ALRHA manne ken sal daar nog vele meer wees.
Weereens dankie aan ALRHA vir die skietdag. Dit was puik!
Sien julle weer 11 April
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Wed Mar 04, 2015 11:14 pm
by Fanta300
Ludwig en al die ander manne wat daar was,
Eerstens baie dankie dat ek die dag saam met julle kon deurbring, ek het dit baie geniet ten spyte van die moeilike kondisies.
Ek het darem opdie eerste twee teikens al 5 my skote op die teiken gehad. Redelike groepering maar op die verkeerde plek. Daai vêr teiken het ek egter heeltemal mis geskiet.
Ten spyte daarvan het ek nog steeds baie geleer. Eerstens is 'n windspoed meter en Range Finder 'n moet.
Daarmee saam gaan 'n goeie balistiese program.
Baie geluk ook aan al die ouens wat help reël het aan die dag. Dit was uitstekend. Ek was ook baie beindruk met die sterk fokus op veiligheid.
Wel gedaan almal. (Darem het daai S&O geskenkbewys wat ek met die trekking gewen het, gehelp om bietjie salf op die wonde te smeer.)
Ek wil julle net waarsku, my 260Rem is in die pos.
Re: ALRHA LRV Shoot - 28 February 2015 - Top 10 Results
Posted: Thu Mar 05, 2015 9:14 am
by Wouter Roets
Manne
Baie geluk aan die skuts sowel as die organiseerders vir die dag. Dit lyk na vet pret met manne wat baie mooi gedoen het.
Groetnis
Wouter