Page 1 of 1

Hawke Sidewinder Mildot afstandskatting

Posted: Tue Mar 03, 2015 9:11 pm
by Biltong
Kan iemand dalk help asseblief.
Hawke Sidewinder 30 Tactical. 6,5-20. Op watter vergoting moet die teleskoop wees om die Mildot reticle te gebruik vir afstandskatting? Ek was onder die indruk dat dit 20x is maar dit lyk nou nie reg nie.
Dankie.

Re: Hawke Sidewinder Mildot afstandskatting

Posted: Wed Mar 04, 2015 8:09 am
by FCLoretz
kyk op Hawke se webwerf is daar 'n ballistic calculator wat jy kan aflaai. Jy kan hou reticle kies en dan werk hy die drops en alles vir jou uit. Jy kan ook kies watter vergroting jy op skiet en hy sal die drops op daai vergroting uitwerk

Re: Hawke Sidewinder Mildot afstandskatting

Posted: Wed Mar 04, 2015 9:08 am
by Biltong
Hi FC , dankie daarvoor.
Wat ek eintlik wil doen is om die mildots te gebruik om die afstand te skat waar die grootte van die teiken bekend is. Omdat die scope 'n first focal plane kruishaar het werk dit net op een spesifieke vergroting, bv op 20 maal. Dis wat ek wil uitvind......... watter vergroting ek moet gebruik.

Re: Hawke Sidewinder Mildot afstandskatting

Posted: Wed Mar 04, 2015 10:03 am
by birklec
Biltong wrote:Hi FC , dankie daarvoor.
Wat ek eintlik wil doen is om die mildots te gebruik om die afstand te skat waar die grootte van die teiken bekend is. Omdat die scope 'n first focal plane kruishaar het werk dit net op een spesifieke vergroting, bv op 20 maal. Dis wat ek wil uitvind......... watter vergroting ek moet gebruik.
Jy bedoel second focal plane.Op ffp is jou afmik punte selfde op alle vergrotings.

Re: Hawke Sidewinder Mildot afstandskatting

Posted: Wed Mar 04, 2015 10:09 am
by birklec
Dit moet op 20x wees.

Re: Hawke Sidewinder Mildot afstandskatting

Posted: Wed Mar 04, 2015 10:20 am
by Biltong
My fout.. jys reg birklec..second focal plane.

Waar het die die inligting gekry oor die 20X asb?

Re: Hawke Sidewinder Mildot afstandskatting

Posted: Wed Mar 04, 2015 10:30 am
by birklec
Op hul webwerf sal jy sien hul noem die reticle half mildot 20x.
Dit beteken dat op 20x is die hashmarks en kolle 0.5 mils uit mekaar.

Re: Hawke Sidewinder Mildot afstandskatting

Posted: Wed Mar 04, 2015 10:54 am
by Biltong
Dankie!

Re: Hawke Sidewinder Mildot afstandskatting

Posted: Wed Mar 04, 2015 10:59 am
by birklec
Plesier