Page 1 of 2
Vars uit die Karoo
Posted: Tue Mar 03, 2015 6:06 pm
by ockiemedic
Goeie dag Mede Lede
Ek het binne die eerste 2 min verslaaf geraak an al die inligting op die forum en sien uit om nog baie te lees en te deel.
My naam is Ockie Vermeulen en ek is gebore en gevorm in die Tankwa karoo (Ceres). Ons familie boer daar met wild op die plaas SADAWA (
www.sadawa.co.za) vir die laaste 25 jaar. My kennis van jag en herlaai is maar wat my goeie vriend (TAU) my geleer het. Ek is hier om hopenlik al my vrae te kan beantwoord en so ook my kennis te deel met die mede lede.
Vriendlike Karoo Groete
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Tue Mar 03, 2015 6:18 pm
by win270
Welkom Ockie! Vertel gerus waarmee jy skiet en van al jou ervaringe in die jagveld. Ek is seker jy gaan dit sommer baie geniet hier op die forum.
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Tue Mar 03, 2015 6:22 pm
by Heinz Petersen
Welkom Ockie. Jy is net om die draai van my. John het my van jou vertel. Geniet dit.
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Tue Mar 03, 2015 6:44 pm
by ockiemedic
Goeie dag win 270.
Dankie baie, ek voel al klaar tuis tussen my tipe mense. Ek kom uit die karoo uit, so winter tyd as ek op die stoep uitloop dan sien die bokke my aankom en weet wat kan gebeur. So die gewere moet maar help met die lang skote. Die 2 hier onder is my 2 staatmakers, ek hoop om my 7mm se lisensie te kry voor die jag seisoen.
Savage .260 REM LRH met n Burris Eliminator III teleskoop
Sako .308
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Tue Mar 03, 2015 6:50 pm
by ockiemedic
Goeie dag Heinz
Om wat se draai is dit nou my vriend?
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Tue Mar 03, 2015 7:01 pm
by PWV
Welkom Ockiemed! Sal met Tau moet praat sodat ons by daai jagplaas kan uitkom.
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Tue Mar 03, 2015 8:37 pm
by ockiemedic
Klink vir my soos n goeie plan!
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Wed Mar 04, 2015 8:35 am
by tau
Welkom Ockie. Lekker manne hier ons tipe mense. Moenie bang wees om te vra nie. Manne ek en Ockie het op ons 16de verjaarsdag saam man man 'n Springbok geskiet en die foto hang steeds in my Bar.
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Wed Mar 04, 2015 8:52 am
by win270
Ek hoop daar is foto's van die volgende 15 jaar wat julle sommer op die forum ook kan plaas!

Re: Vars uit die Karoo
Posted: Wed Mar 04, 2015 9:06 am
by tau
Hier is Ockie
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2618_zpsqg6hugv2.jpg
Met sy .260 Rem wat hy by Willem gekoop het by S&O en 'n Silent Hunter silencer. Al die manne is hier op die forum Ockie so nou weet hulle hoe lyk jou gevriet.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_2610_zpsrwrkpqbf.jpg
Die .260 se eerste bloed.
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Wed Mar 04, 2015 9:52 am
by .303 JAGTER
Baie welkom Ockie, jy gaan dit sommer baie geniet hier op die Forum, hierdie manne ken van. Jy moet so bietjie meer uitbrei oor SADAWA,met watter wild word daar geboer.
groete
Hennie
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Wed Mar 04, 2015 10:51 am
by Boesman10
Welkom Ockie.
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Wed Mar 04, 2015 1:07 pm
by Gawie(13mm)
Welkom maat.
John se vriende is almal meer aansienlikker as hy, of hul bokke se horings is groter, want hy brêg nou met jou foto soos 'n trotse pa
Hier is 'n paar manne wat ken van, so gooi maar die vra. Hier sal niemand aanstoot neem nie. Selfs ek word hier verdra.

Re: Vars uit die Karoo
Posted: Wed Mar 04, 2015 3:13 pm
by Chevvy SS
Ook maar net......
Baie welkom Ockie!
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Wed Mar 04, 2015 3:46 pm
by jamalley
Welkom Ockie, hoop jy geniet dit hier
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Wed Mar 04, 2015 6:05 pm
by ockiemedic
Jis daadie fotos bring darem mooi gedagtes terug van n lekker pa en seun jag naweek. Die klein manne het dit darem geniet. Hulle het natuurlik al die bokke en nog meer geskiet met die gewere van ouma Heather. Kyk net in die foto hoe trots staan hy met sy geweer langs sy pa.
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Wed Mar 04, 2015 6:49 pm
by ockiemedic
.303 JAGTER wrote:Baie welkom Ockie, jy gaan dit sommer baie geniet hier op die Forum, hierdie manne ken van. Jy moet so bietjie meer uitbrei oor SADAWA,met watter wild word daar geboer.
groete
Hennie
Goeie dag Hennie.
Vir n .303 man het ek mos altyd tyd, dis mos elke Engelsman se nagmerrie geweer.
Sadawa is so 66km buite Ceres op die Sutherland pad in die Tanqwa karoo. Dit is familie grond en ons boer al daar vir 32 Jaar. Sadawa was een van die eerste Privaat wild reservate in die wes-kaap. Ons het in die 80s diere ingebring van Namibia om te geteel vir jag en verkoop. Die dier was wat ons nou uitdig op die plaas het is.
Volstruise
Springbokke
Takbokke
Blesbokke
Wit Blesbokke
Gemsbokke
Swartwildebeeste
Elande
Ons het laas jaar goed geboer met die jagtery en sien al klaar n verskil in die aanteel vir die jaar. Ongelukkig is ons diere om te jag vir die jaar nie so baie nie, maar navraag is altyd welkom.
www.sadawa.co.za
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Wed Mar 04, 2015 7:00 pm
by ockiemedic
Wag wag wag, ek besef nou dat my opskrif se VARS UIT DIE KAROO. En sien dat hier al 220+ mense na dit gekyk net. Ek neem aan hulle dink seker ek verkoop Vars Karoo Skaap Vleis. Jammer manne as my opskrif so bietjie verwaring en teleurstelling veroorsaak het. Maar ek stry nie, n karoo lam boud sal nou loop soos n soos stroop.
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Thu Mar 05, 2015 8:01 am
by tau
Gawie(13mm) wrote:Welkom maat.
John se vriende is almal meer aansienlikker as hy, of hul bokke se horings is groter, want hy brêg nou met jou foto soos 'n trotse pa
Hier is 'n paar manne wat ken van, so gooi maar die vra. Hier sal niemand aanstoot neem nie. Selfs ek word hier verdra.

Ockie Gawie was in die beste meisies skool in die Paarl......
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Thu Mar 05, 2015 8:42 am
by ockiemedic
Hallo Gawie. Soos ek dit nou verstaan was jy in La Rachell skool i die Paarl. Dit is nou heel toevallig, aangesien ek en John in die manne skool was Boland Landbouskool. So moet nie skaam wees nie. Ons is nie hier om mense se judge nie.
Asb moet net vir kom en se jou jag geweer is n .22 of.177 nie. Dan gaan ons ons eie afleidings begin maak.
Dankie Gawie vir die praat!
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Thu Mar 05, 2015 8:53 am
by Gawie(13mm)
Tau, verstaan na al die tyd jou nog nie hoe dit werk nie. Ek was in Boishaai, die beste seunskool suid van Paardeberg.
Julle was in die beste seunskool, oos van Paardeberg.
Die ander skole is almal meisie-skole met 'n paar seuns hier en daar om hul tasse te dra.
Groetnis.
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Thu Mar 05, 2015 9:35 am
by Omnia
Kyk myself tot 1972 in BoyzHigh(laerskool) gewees en die bietjie wat ek kan onthou was ons "galpille" die "bloedworse" se tier op enige gebied , rugby , atletiek , .... kanie onthou oor die swem nie maar ons was groot op dit , wats daai skool in die Kaap "Sax" het hulle altyd goed opge@#$
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Thu Mar 05, 2015 9:40 am
by ockiemedic
Jis dit maak nou vir my meer sin. Moet nie worry nie, ons sal dit nie teen jou hou omdat jy in Boishaai was nie.
Gawie, ek hou van daardie geweer en scope op jou profile foto.
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Thu Mar 05, 2015 9:45 am
by ockiemedic
Goeie dag Omnia. Ons gee maar vir Gawie so bietjie opdraand.
Re: Vars uit die Karoo
Posted: Thu Mar 05, 2015 9:48 am
by Omnia
Try pinte score man !!!