Page 1 of 1

Nuwe klanke

Posted: Tue Mar 03, 2015 11:19 am
by Heinz Petersen
Ek het die naweek saam met Cassie gaan jakkalse skiet. Ek het vir hom gevra om vir my n paar van sy inroep klanke op my roeper te sit.
Ek was nou al op n kursus gewees, maar Klipwerf klanke het ek nog nie van gehoor nie. Sal vanaand dit gaan probeer.
Hy sĂȘ dit werk vir hom. :): ??? Of vat hy my nou vir n watsenaam.

Re: Nuwe klanke

Posted: Tue Mar 03, 2015 11:55 am
by Witpietskiet
En dit is hoekom ek dink dat dit belangrik is om jou eie klanke te koop.

Jy het dan die cd's as daar volgende keer iets skeef loop met die roeper, en die belangrikste is dat jy vergoed die manne wat al die tyd en moeite ingesit het om daai klanke te kry en bymekaar te sit.

My 2c

Re: Nuwe klanke

Posted: Tue Mar 03, 2015 3:49 pm
by cassie_calvinia
Witpietskiet wrote:En dit is hoekom ek dink dat dit belangrik is om jou eie klanke te koop.

Jy het dan die cd's as daar volgende keer iets skeef loop met die roeper, en die belangrikste is dat jy vergoed die manne wat al die tyd en moeite ingesit het om daai klanke te kry en bymekaar te sit.

My 2c
jy verstaan verkeerd.
Heinz het al die cd's, maar is ongeletterd.(rekenaar). het dit net vir hom gelaai.
hy het gevra vir klanke posit, toe se ek ek gebruik sommer klipwerf musiek

Re: Nuwe klanke

Posted: Tue Mar 03, 2015 4:43 pm
by Witpietskiet
Ek vra om verskoning as ek iemand in die gesig gevat.

Maar die geskrewe stukkie was vir my misleidend "Ek het vir hom gevra om vir my n paar van sy inroep klanke op my roeper te sit." en dit klink vir my soos iemand anders se klanke oorlaai"

Mooi loop

Re: Nuwe klanke

Posted: Tue Mar 03, 2015 5:01 pm
by cassie_calvinia
niks foute nie! dit is maar spot tussen my en die oom wat sukkel met sy gewere

Re: Nuwe klanke

Posted: Tue Mar 03, 2015 5:15 pm
by Heinz Petersen
SUKKEL. Ek gaan vir Gawie op jou sit. Vanaand kom daai jakkalse in gedans met daai Klipwerf klanke.