Page 1 of 1

HULP MET GPS

Posted: Mon Mar 02, 2015 6:02 pm
by Rommel
Wie van julle het dalk n Garmin GPSMap 62S? Ek kry om hemels naam nie die ding dat hy vir my koordinate gee nie, as ek hom by rekenaar inskakel doen hy wel, maar op sy eie, norrefok, kry hom ook nie gestel nie.

Asb, as iemand kan help sal ek waardeur.

Re: HULP MET GPS

Posted: Mon Mar 02, 2015 7:21 pm
by Kalahari
Rommel, ek het een. Hang bietjie, ek moet eers in die hilux gaan krap, ek kan nou nie so uit my kop beduie nie.

Jy soek "on time" koördinate waar jy huidig is?

Re: HULP MET GPS

Posted: Mon Mar 02, 2015 7:35 pm
by Rommel
ek kyk gou hoe om daar te kom

Re: HULP MET GPS

Posted: Mon Mar 02, 2015 7:45 pm
by Rommel
kan jy my asb guide vanaf 'main menu' hoe om daar te kom om vertstelling te doen

Re: HULP MET GPS

Posted: Mon Mar 02, 2015 7:53 pm
by Kalahari
Rommel, ek het gou op myne gaan kyk.

Gaan na "Main Menu", skuif dan met die "cursor" (pyltjies) af na "satellite", druk "enter" en jy gaan jou gps se sterkte en akkuraatheid sien regs bo en die koördinate links bo in die hoek. Myne is so opgestel.

As joune nie so opgestel is nie, druk dan weer "menu" terwyl jy in "satellite" is en kyk of daar opsie is om jou "fields" te verander.

Laat weet maar of jy regkom, ek het myne lanklaas so "diep" mee gewerk.

Re: HULP MET GPS

Posted: Mon Mar 02, 2015 8:29 pm
by Rommel
Kalahari, dankie! Kon hom sort nou, sal nie gou verdwaal nou nie! Ek het heeltyd heel op verkeerde plekke probeer stel!

Re: HULP MET GPS

Posted: Mon Mar 02, 2015 8:41 pm
by Kalahari
Groot plesier Rommel, mooi loop ;)

Regtig lekker gps'e wat ons het.

Re: HULP MET GPS

Posted: Mon Mar 02, 2015 9:09 pm
by Rommel
Hulle is nogal bakgat, veral as jy hulle eers verstaan!

Re: HULP MET GPS

Posted: Tue Mar 03, 2015 5:45 am
by tripodmvr
Rommel, bly jy is nou nie meer verdwaal en weet waar jy in SA is. 'n Ander manier is om 'n vasstelling te maak - as jy die joystick op my Etrex 20 indruk en hou maak hy 'n vasstelling en toon die koordinaat met sy opvolgende nommer in sy databasis. Jy kan dit nou stoor of bloot "escape" om dit te verwyder. Kyk of jy by Garmin se webtuiste nie 'n handleiding kan aflaai nie.

Re: HULP MET GPS

Posted: Tue Mar 03, 2015 7:17 am
by Kalahari
tripodmvr wrote: Kyk of jy by Garmin se webtuiste nie 'n handleiding kan aflaai nie.
Rommel, oom Marius is reg oor die handleiding. Ek het myne daar afgelaai, nogal 'n redelike pakkie papier as jy dit wil druk, maar het my baie gehelp aan die begin.

Re: HULP MET GPS

Posted: Tue Mar 03, 2015 9:21 am
by MichielC
More manne, as julle opsoek is na handleidings,

Laar weet my, dan kry ek vir julle,

Groete,

Michiel

Re: HULP MET GPS

Posted: Tue Mar 10, 2015 12:27 pm
by Rommel
Kalahari en die ander manne wat soortgelyke GPS het.

Ek het by Janine en Don Burger vir my GPS n leer "holster" laat maak. Dit beskerm jou GPS teen krappe en stote en jy kan hom aan jou belt heg sodat hy altyd naby is as jy doenig is in die jagveld. Don het n paar extra gemaak so vir die wat sou belang stel- leatherproductsonline@gmail.com, gesels daar met Janine, sy sal verder details kan gee. hulle werk is uitstekend!

Re: HULP MET GPS

Posted: Tue Mar 10, 2015 12:51 pm
by Kalahari
Dankie Rommel, kan jy dalk vir ons 'n foto en prys opsit asb?

Ek sit baie vêr oor die draad, maar sal lekker wees dit te kan sien ook.