Page 1 of 1
Jakkals voerplek/karkaste en afval
Posted: Sat Feb 28, 2015 9:10 am
by Cobus(Cobb)
Ek begin maar die nuwe hofie, wil nie hê hy moet onder die ander wegraak nie, en dalk is hier baie om uit te leer van julle pro's af.
Duidelik is dit nie die Jakkals se favourite kos nie, en al wat boer is wil hê jy moet eers daar probeer..
Ek sien dit meer as 'n "loop area" vir almal om die asgat, en dis verbasend om te sien hoe die Jak 90 grade wegraai oppad na die aas toe, as jy vir hom hasie speel.....
Ek weet op Blok se Ops was daar 30+ gerol naby so voerplek, ek self het al 10+3 by so plek gehad..ander aande weer nie 'n oog in sig nie.
Wat is die regte prosedure, setup, roeper plasing, roepe en dinge om voor uit te kyk by so asgat?
Hoekom is jakkalse nie om die plek soos aasvoels nie??
Ek luister om te leer...
Cheers
Re: Jakkals voerplek/karkaste en afval
Posted: Sat Feb 28, 2015 12:48 pm
by Arno Pienaar
Net so Klein dingetjie wat ek optel het van my mak jakkalse in die hok,as ek vir hulle n Haas of jets geskiet het en ingeooi het,het hulle altyd eers so bietjie sy wind gewerk(bangerig) en dan suitjies Nader gekom en eers n meter of 2 om die karkas rond gesnuffel vir reuk,dan begin ruik dan aan die karkas.
Wat ek wel kan sien met voerplek al is hulle dit hoe gewoond die wind sal altyd n faktor bly speel.so kom die gewone staanplek keuse weer in plek.
Re: Jakkals voerplek/karkaste en afval
Posted: Wed Mar 04, 2015 2:47 pm
by Katefbessie
Kabous, Dankie vir die draad.
Ek het selfs 'n klient met so "voerplek" en luister graag saam na die met ondervinding rondom sulke plekke.
Re: Jakkals voerplek/karkaste en afval
Posted: Mon Mar 09, 2015 6:11 pm
by Jassie
Mac het jy nie op 'n kol so 'n storie gehad oor 'n voerplek nie?
Groete
JAS
Re: Jakkals voerplek/karkaste en afval
Posted: Tue Mar 10, 2015 4:35 pm
by Chrisjan
Laas naweek skiet ek en Michiel op Groot Marico. Vyf van die ses jakkalse is in die dag geskiet. Net een in die aand omdat ek agter die kolf in gesluimer het. Hulle kom eenvoudig nie op kos, jak klank of roep sessie of fluit in nie. Soos in super roep sku.
Ek gaan tel Michiel op na 'n dagroep (ek een jak geskiet).Michiel het twee vervets (blou ape) geskiet. Toe ek by hom kom gesels ons en hy laai sy geweer. Die deure gaan oop en toe ens. Met die lig wys hy my waar die aap le, en sowaar is daar 'n jakkals wat aan die aap eet. Ek skiet toe die jakkals.
My punt is dat as jakkals on roep baar is en vir die klank weg hardloop is ander metodes wel doenbaar. Daai jakkals het nie op dagroep in gekom nie maar op 60m van ons af die aap geeet.
Re: Jakkals voerplek/karkaste en afval
Posted: Wed Mar 11, 2015 6:18 pm
by Mac
Jas,
Ek gebruik nog steeds voer plekke, alles wat hier vrek gaan soontoe, en so af en toe 'n vostruis of perd as hy lank leeg staan, al klomp daar geskiet. Lekker plek om nagsig te gebruik. My grootste probleem is dat daar nou bos varke hier in getrek het, en die jakkalse lyk my raak effe skaam. Fotos is van vroeg af tot nou toe.
http://i584.photobucket.com/albums/ss287/gman21_03/PICT0121_zpssnhvyfaw.jpg
http://i584.photobucket.com/albums/ss287/gman21_03/Lark%2015-1-13_zpsbdbkhczr.jpg
Re: Jakkals voerplek/karkaste en afval
Posted: Fri Mar 13, 2015 8:19 am
by NicoSmit
Ek het nou die aand op 'n dooie kalf afgekom in die veld hy was nie baie lank dood gewees nie want die koei was nog steeds by hom en ek het daar 2 jakkalse bymekaar geskiet seker so 10 m van die kalf af ek dink as ek later daar aan gekom het het hulle begin vreet .Ek wonder as 'n mens nou 'n haas skiet en dit naby die roeper sit en jy speel nog 'n haas klank of jak se kind nie vinniger gaan inkom as hy hom ruik en hoor as hy in die omgewing is nie
Re: Jakkals voerplek/karkaste en afval
Posted: Sun Mar 15, 2015 1:16 pm
by pieter h
Het hul al so met pensmis in gekry.
Re: Jakkals voerplek/karkaste en afval
Posted: Sun Mar 15, 2015 4:18 pm
by uitenwaj
N Kenner is ek nou glad nie en het ook al n snaakse aand gehad.
Ek ry saam met die boer en lig en n klomp oeë op getel so +-500m weg in die swart buurman se grond en stop so 80m verder en ñ staan plek daar geemaak. Het die roeper uit gesit en geweer reg gekry. 10min se stilte en gereeld met die lig baie gedim gelig en die 7 paar oeë bly die heeltyd op dieselfde plek.
Begin n kliphasie speel en alle hel breek los met n jakkals wat skree soos net n kombuis bediende wat op boeta se rubber slang af gekom het en 3 paar oeë kom onmiddelik in met spoed deur n droeë rivier bed en ñ lyn draad reguit op die roeper af.
Skiet 2 en die 3rde een kom agter hier is moeilikheid en steek vas maar voor vlekkie kon harloop hoor ek daai mooi "dup" klank en daar lê vlekkie en lyk behoorlik of hy n lug fiets ry en oefen vir die Argus soos sy bene skop in die lug. 2 min later hier kom nog n jakkals in en skiet hom ook. Ander 3 paar oeë bly op dieselfde plek en het nie n saak met my nie en bly lyk of hulle speel met iets. 39min gaan verby en daar gaan die 3 jakkalse nog verder in die buurman se grond in.
Ry nader en tel die jakkalse op en ruik iets vrot verskriklik soos ons nader gaan. Die boer bel die buurman en hy se ja hulle het n bees geslag vir hulle tradisionele kultuur waar hulle die jonges in man wees verwelkom. Hy vra toestemming en ons loop nader en daar le wat oor is van die bees Wn nog baie vleis/vet aan die bene ens.
Nou hoekom sal 4 jakkalse inkom op n kos klank en die ander 3 wou net niks weet nie. Die 4 wat ek geskiet het se pens was dik gevreet. Niskurigheid of instink of dalk net natuur op sy beste wat ons nooit sal kan verstaan nie???
Re: Jakkals voerplek/karkaste en afval
Posted: Wed Apr 22, 2015 12:09 pm
by Wayne
The 3 you shot, were they all youngsters. Maybe the Adults knew what was happening and stayed away.
Re: Jakkals voerplek/karkaste en afval
Posted: Mon Jul 31, 2017 8:28 pm
by NicoSmit
Ek het die afgelope naweek in Lydenburg gaan jag en dan gaan die jakkals goed gewoonlik saam .Na ons klaar geskiet het het ek 'n blou wildebees se pens in die veld gaan gooi waar ek 'n goeie roep staan plek geindentifiseer het . Ons is toe so om en by 18:30 in posisie gewees en na 'n half uur het daar 3 in die veld naby aan die pens dood gelê Ek het net kos geroep haas steenbok en springbok ek dink dat die nood kreet van prooi en die ruik van die pens hulle makliker laat inkom het .Later die aand op 'n ander staanplek het hulle eers na so 25 min begin oë wys waar my pel een kon plat trek dink as ons daar ook 'n pens gegooi het so ons ook groter sukses gehad het.