Page 1 of 1

Wie kan my silencer opsit?

Posted: Sat Feb 28, 2015 8:59 am
by Willie007
Môre julle,

Help asb?

Ek het gister my silencer van Henk af gekry, wie sal julle op die Oos Rand voorstel om dit vir my op my 30-06 te sit?

Ek is in Springs, so hoe nader hoe beter..

Dankie julle.

Re: Wie kan my silencer opsit?

Posted: Sat Feb 28, 2015 10:48 am
by Dries101
Willie ek self bly in die oosrand, en ek se nie daars nie mense wat n goeie werkie kan doen nie- maar ek het nog nie een gevind wat ek met van my roere sal vertrou nie. Ek het vir Andries Moller gebruik in Centurion.

Re: Wie kan my silencer opsit?

Posted: Sat Feb 28, 2015 2:41 pm
by grumpy
Gaan na Savuti. Die geweersmid wat hulle gebruik in Edenvale is baie goed. Ek laat niemand aan my wapen werk behalwe Arthur.

Re: Wie kan my silencer opsit?

Posted: Sun Mar 01, 2015 6:48 am
by khakibos
Dries101 het jy dalk Andries se kontakbesonderhede?

Re: Wie kan my silencer opsit?

Posted: Sun Mar 01, 2015 7:09 am
by JacquesT (Stompe)
Hi Willie, ken jy vir oom Hennie in Dersley wat geweer winkel by sy huis het. Ek is seker hy sal vir jou goeie verwysing kan gee, hy het op sy dag gewere vir die polisie gebou. Sy nommer is 0118161113

Re: Wie kan my silencer opsit?

Posted: Sun Mar 01, 2015 11:50 am
by grumpy
Ek sê niks verder!!!!!!!!

Re: Wie kan my silencer opsit?

Posted: Sun Mar 01, 2015 1:15 pm
by Dries101
grumpy wrote:Ek sê niks verder!!!!!!!!
???

Jy gaan moet.... Want tusen daai lyn lees ek nie

Re: Wie kan my silencer opsit?

Posted: Mon Mar 02, 2015 6:31 am
by grumpy
Dis soos om na n sangoma te gaan vir n aborsie!!! Nooit weer dieselfde!!! Ek sal punte en kruit daar koop, dis al!

Jou geweer skiet nie reguit dan word die loop reguit gemaak met n 4lbs moertool!

Ek hou verby dankie. Ek praat van persoonlike ondervinding!!!!

Re: Wie kan my silencer opsit?

Posted: Mon Mar 02, 2015 7:08 am
by Dries101
Ouch...

Re: Wie kan my silencer opsit?

Posted: Mon Mar 02, 2015 7:20 am
by cassie_calvinia
partykeer is 'n 4lbs hammer al wat werk! veral op mense

Re: Wie kan my silencer opsit?

Posted: Mon Mar 02, 2015 1:43 pm
by Frikadel
Ek het nou net met die Blou Meul se manne gepraat.

Hulle vra my R 650 om die draad te sny vir die KD

Re: Wie kan my silencer opsit?

Posted: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm
by Willie007
Dankie manne. Ek het met Gys Prinsloo gepraat. Wat ek op Facebook sien, is almal baie tevrede met sy werk. Hy kan ook my geweer optel en aflaai by die werk, so dit maak dit baie maklik.