Page 1 of 1

Wat is: Jackal Hunters Only / Jakkals Jagters Alleenlik

Posted: Fri Feb 27, 2015 10:06 am
by Geno
Manne,
Van julle gaan wonder wat hierdie is.
Dit is 'n area wat Ludwig geskep het, wat slegs sigbaar is vir lede van hierdie groep.
Gewone Jaracal lede en die publiek kannie sien wat hier aangaan nie.
Lede sal slegs op aanbeveling van ander jakkalsjagters hier toegang gegee word.
Dis maar vir veiligheid (fotos wat uitlek en so aan) en om die afdeling te hou vir lede van die "Ou Jaracal".

Groete en geniet dit.
Eugene

Re: Wat is: Jackal Hunters Only / Jakkals Jagters Alleenlik

Posted: Fri Feb 27, 2015 10:38 am
by James Wilson
Outstanding!!

Gaan reeds vanmidag n dagroep doen

Re: Wat is: Jackal Hunters Only / Jakkals Jagters Alleenlik

Posted: Sun Mar 01, 2015 9:39 am
by James Wilson
[url=http://s775.photobucket.com/user/jameswilsontt/media/image.jpg1_zps6xuviku7.jpg.html][img]http://i775.photobucket.com/albums/yy34/jameswilsontt/image.jpg1_zps6xuviku7.jpg[/img][/url]

My dagroep het so ge-eindig. Nog voordat ek kon roep toe loop ek die twee tewe raak. Dit raak noggal lekker as hulle weghardloop, en jy het n semi-outo ;D

Re: Wat is: Jackal Hunters Only / Jakkals Jagters Alleenlik

Posted: Sun Mar 01, 2015 4:39 pm
by Wayne
Nice James, even had time to get home and watch Rugby

Re: Wat is: Jackal Hunters Only / Jakkals Jagters Alleenlik

Posted: Sun Mar 01, 2015 4:58 pm
by tripodmvr
Nou waar is die eintlike jagter met sy nuus.

Ek het Cobs Cobb gister by SureFocus gekry en hy het geoefen vir die 14de Maart se gestremde skuts kompetisie. Hy het mooi geskiet en moet net hoogte aanpassing doen op 300.

Ons het gou gaan mage volmaak toe die reën ons bekruip. In Spur gesit en rugby kyk en later so in die drup-drup uitgery plaas toe oos van Meyerton.

Reën het heeltemal opgehou en ons is uit veld toe met my as drywer/nav/hekoopmaker. By die "rubbish dump" gaan roep en niks het opgedaag na lank se roep nie - nie eers antw op jakkalsgeroep nie. Ek was op pad terug met die roeper toe 'n jongetjie opdaag en 'n skoot kry wat hom soos yo-yo laat op en af spring. Het hom gaan soek, maar hy het so weggekruip dat ek niks kon kry nie.

Ons het so kilometer weg geskuif en op 'n koppie stelling ingeneem. Met jakkalsroep antwoord daar een naby en kom vinnig in. Hy werk linksom windaf en loer net kort-kort oor die wal. Eenkeer was te veel en Cobus kap hom met 'n skoot wat duidelik praat - met die optelslag is dit toe 'n mooi helmethou met die 75 VMax.

Verskuif toe terug nader aan die ashoop en ry ene raak -net toe Cobus die skoot aftek is hy oppad en dit is mis - nie weer kans gekry. So net na 11 uur het ek terug verkas huis toe. Cobus het toe darem sy totaal na 4 + 1 moontlike vir die maand gemaak.

Re: Wat is: Jackal Hunters Only / Jakkals Jagters Alleenlik

Posted: Tue May 12, 2015 11:30 am
by KSV
Het n topic begin vir kontak besonderhede vir ons.

Dink hy gaan makliker werk as die vorige op die oop forum. As iemand hom wil skuif moet ons ma net die nommers fix.

As een oorseese polisverkoper of aandele aan my wil smous gaan ek dit verloor. haha