Page 1 of 1
hornady 53gr v-max
Posted: Thu Feb 26, 2015 10:46 pm
by hannes93
Hallo. Ek het op die internet raak gelees dat die 53gr v-maxe nie so mooi groep nie. Ek wag nog vir my lisensie vir 'n 22-250 Howa ek is van plan om hom standaard te hou. Ek wil graag raad he watter punte om te skiet? Die rede hoekom ek die 53gr v-maxe wil skiet is oor die hoer BC asook dat ek hulle teen 'n goeie prys kan kry.
Baie dankie.
Hannes.
Re: hornady 53gr v-max
Posted: Fri Feb 27, 2015 10:29 am
by Koos Barnard
Ek kan nie hiermee saamstem nie. Ek het hierdie koeëls geskiet in Hercules Louw se .223 en hulle groepeer uitstekend.
Re: hornady 53gr v-max
Posted: Fri Feb 27, 2015 10:38 am
by SakoTrippel2
Stem saam oom Koos. Ek skiet my .222 met dié koeëls en kan glad nie kla oor die groepering nie. Sommer nou die dag weer 500 gekoop omdat hulle so mooi werk vir my.
Re: hornady 53gr v-max
Posted: Fri Feb 27, 2015 10:50 am
by Fishaman
My .22-250 Dunloop Howa skiet bitter mooi met 53gr V-Max @ 3550fps. Die jakkies is nie so mal daaroor nie...!
Re: hornady 53gr v-max
Posted: Fri Feb 27, 2015 11:02 am
by VdWalt
hannes93 wrote:
Hallo. Ek het op die internet raak gelees dat die 53gr v-maxe nie so mooi groep nie.
Hulle werk glad nie, moenie koop nie.... laat weet ons nou
waar ons hulle vir daai goeie prys van jou kan kry.

Re: hornady 53gr v-max
Posted: Sat Feb 28, 2015 3:19 pm
by Wayne
I agree with vd Walt, leave them alone, just tell us who has stock and we will help them get rid of them
Try them, they work for me
Re: hornady 53gr v-max
Posted: Mon Mar 02, 2015 3:25 pm
by KSV
Hannes,
Die 53gr V-max werk nie in 'n 14 twist loop nie. Gewoonlik nie. Is manne wat regkom so.
Ek het hulle op 'n 22-250 Ackley 1:9 twist geskiet. Spoed was naby 4000ft gewees en daai koeltjies het bevange gegroep en geskiet.
CF Roux het die roer by my oorgekoop so jy kan vir hom vra wat doen hulle ook.
Mooiloop,
Hein
Re: hornady 53gr v-max
Posted: Mon Mar 02, 2015 7:09 pm
by birklec
SakoTrippel2 wrote:Stem saam oom Koos. Ek skiet my .222 met dié koeëls en kan glad nie kla oor die groepering nie. Sommer nou die dag weer 500 gekoop omdat hulle so mooi werk vir my.
Wat is jou spoed met hulle SakoTrippel2?
Re: hornady 53gr v-max
Posted: Mon Mar 02, 2015 7:26 pm
by SakoTrippel2
Hulle loop so teen 3200vps voor 24.8gr S321
Re: hornady 53gr v-max
Posted: Mon Mar 02, 2015 8:56 pm
by birklec
SakoTrippel2 wrote:Hulle loop so teen 3200vps voor 24.8gr S321
Klink na n baie lekker kombinasie.
Re: hornady 53gr v-max
Posted: Mon Mar 02, 2015 9:44 pm
by SakoTrippel2
Hy werk mooi vir daai skaap-diewe

Re: hornady 53gr v-max
Posted: Sat Sep 29, 2018 9:15 pm
by Kwagga Smith
Fishaman wrote:My .22-250 Dunloop Howa skiet bitter mooi met 53gr V-Max @ 3550fps. Die jakkies is nie so mal daaroor nie...!
Naand Fishaman watse twist het jy en watse kruit gebruik jy en hoeveel gr kruit gooi jy.
Sent from my S60 using Tapatalk
Re: hornady 53gr v-max
Posted: Sat Sep 29, 2018 9:18 pm
by Kwagga Smith
hannes93 wrote:Hallo. Ek het op die internet raak gelees dat die 53gr v-maxe nie so mooi groep nie. Ek wag nog vir my lisensie vir 'n 22-250 Howa ek is van plan om hom standaard te hou. Ek wil graag raad he watter punte om te skiet? Die rede hoekom ek die 53gr v-maxe wil skiet is oor die hoer BC asook dat ek hulle teen 'n goeie prys kan kry.
Baie dankie.
Hannes.
Hannes het jy toe n lekker resep gekry vir daai 53v-max punte en watse twist is jou geweer.
Sent from my S60 using Tapatalk