Page 1 of 1

260 rem (.264 /6.5mm)

Posted: Thu Feb 26, 2015 4:30 pm
by Kalahari
Dag almal

Ek is bietjie in die duister. Jammer as dit dom klink.

Ek het mos die 260 rem op bestelling, nou is ek besig om die katoeters wat saam met skiet en herlaai gaan stadig bymekaar te maak.

Rakende skoonmaak toerusting? Kry mens 'n skoonmaak stok spesifiek vir die kaliber met die verskillende jags (vir die lappies)?
Verkoops persoon by 'n sekere winkel in SA sĂȘ vir my jy gebruik sommer die 6mm kaliber se stokke en jags, is dit waar?

Baie dankie

Johan

Re: 260 rem (.264 /6.5mm)

Posted: Thu Feb 26, 2015 4:33 pm
by Jaco vdW
As jy van die smart skoonmaakstelle soos Bore-tech koop, is daar defnitief 6,5 komponente.
Die gewone Ram / Parker hale tipe skoonmaakstok het net twee grotes - kleiner of groter as 7mm. Met hulle sal jy dieselfde stok as op die 6mm gebruik. Sover ek weet maak hulle wel n 6,5mm jag.
Die nadeel hiervan is dat die dun skoonmaakstok baie meer flex het, asook speling in die loop, en as die lappie bietjie styf deur die loop gaan, gee dit nogal n gesukkel af.

Re: 260 rem (.264 /6.5mm)

Posted: Thu Feb 26, 2015 6:43 pm
by Kalahari
Dankie vir die antwoord Jaco. Ek sal maar aan die soek raak en kyk wat ek raakloop en wat se antwoorde ek verder kry.
Ek wil juis keer vir daardie "flex" wat in die stokke is.

Voorspoed

Re: 260 rem (.264 /6.5mm)

Posted: Thu Feb 26, 2015 6:51 pm
by Pvdw
Ek het dieselfde gebimd Johan en gebruik sommer 6mm jag en stok

Re: 260 rem (.264 /6.5mm)

Posted: Thu Feb 26, 2015 6:58 pm
by Kalahari
Dankie Peet, ek het so gevoel ek sal in die klein landjie van ons seker ook op die einde gedwing word om dit so te doen.

Re: 260 rem (.264 /6.5mm)

Posted: Thu Feb 26, 2015 8:50 pm
by Pappabeer
Jy kry n Boretec stock wat pas. Hulle maak ook 6,5 Borsels en Jags.

Jy kan die dun RAM (grys een) stok gebruik. Dewey maak n adaptor om die Boretec jags en borsels op hom te sit.

Ek gebruik nou al vir 15 jaar n gewone RAM stok en 6mm Jag, en later het ek die Dewey adaptortjie aangeskaf om die regte borsels te gebruik.

Re: 260 rem (.264 /6.5mm)

Posted: Thu Feb 26, 2015 8:52 pm
by JPS
Kalahari,

Ek het een van daai boretech jags in 6.5mm gekoop wat die ronde lappies deur stoot. Het toe later 6mm jag gaan koop werk net baie beter en gemakliker vir my. Borsels is nog steeds 6.5mm.

Re: 260 rem (.264 /6.5mm)

Posted: Thu Feb 26, 2015 9:18 pm
by Kalahari
Dankie manne

So dan lyk dit vir my as ek 'n goeie 6mm stok kan kry en jags sal dit ook die pyp eers rook. Ek kon darem al 'n nylon 6.5mm borsel opspoor, ek sal dan maar kyk soos ek beweeg wat ek raakloop itv adaptors en gereedskap wat pas op mekaar.