Page 1 of 1

Nuweling

Posted: Thu Feb 26, 2015 4:14 pm
by Kuduvark
Net my self voorstel aan almal.

Ek is Gideon en gebore en gelos in die vriendelike stad, Port Elizabeth.
Bietjie nat agter die ore as dit kom by jag, maar ek laat die biltong drade vol hang.

Groete aan almal!

Re: Nuweling

Posted: Thu Feb 26, 2015 4:19 pm
by musgrave270
Welkom kuduvark. Glo jy sal dit baie geniet.

Net een vraag. As 'n gemsvark so lyk...
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/10460724_1727213100837588_2063165937926113603_n_zpsc5d176ac.jpg

hoe lyk jy ;D

Re: Nuweling

Posted: Fri Feb 27, 2015 8:41 am
by jamalley
Welkom Gideon

Re: Nuweling

Posted: Tue Mar 03, 2015 1:24 pm
by Kuduvark
Hi Musgrave

Horings net 'n bietjie meer geperm, maar anders lyk dit op 'n druppel na iemand wat ek dalk kan ken.

:laugh: :laugh: :laugh:

Re: Nuweling

Posted: Tue Mar 03, 2015 5:23 pm
by Boesman10
Welkom op die forum Kuduvark. As jy bietjie meer oor jag wil leer is jy welkom om een van ons jag kursuse by te woon wat on hou naby Beaufort Wes. PM maar vir inligting sou jy belang stel.

Re: Nuweling

Posted: Wed Mar 04, 2015 10:06 pm
by Kuduvark
Dankie vir die uitnodiging Boesman.

Sal nie heeltemal kan sê ek is baie nat agter die ore of 'n groentjie nie.
Ek jag al vir die afgelope 8 jaar, maar as dit kom by spesies en getalle , is ek heelwat groen.

My lys is maar kort: Koedoe, ribbok, springbok en vlakvark.

Was groen genoeg om 'n trop springbokke man alleen aan te durf, maar het met baie sweet my twee gekry.
Sal netnie sê hoever en hoelank dit my geneem het nie.