Page 1 of 1

Cerakote? Dit is die moeite werd!

Posted: Thu Feb 26, 2015 10:46 am
by PJS
More Manne

Ek het my 243 AI se kolf laat mooi maak by Piet van Wyk de Vries van http://www.cerakote.co.za

Ek heg die fotos van voor en na die tyd aan. Ek kan die man regtig aanbeveel. Hy weet wat hy doen en doen baie moeite wat mens nie vra nie. Die kolf is n kevlar kolf. Die werk om die Cerakote op te sit het maw verskil van die gewone hout of sintetiese kolwe.
Die kleur noem hy : "50 shades of grey" :)
Ek het wel al in Spetember 2014 my kolf se plekkie in die produksielyn bespreek en is in Febriarie 2015 gehelp. Dit was die wag werd. Hy is baie besig en ek kan verstaan as ek na die kwaliteit kyk.

Mooiloop
PJ


Kolf voor die cerakote no 1
Kolf voor die cerakote no 2
Kolf na die cerakote

Re: Cerakote? Dit is die moeite werd!

Posted: Thu Feb 26, 2015 11:02 am
by Eugene
Lyk baie mooi! Geluk!

Re: Cerakote? Dit is die moeite werd!

Posted: Thu Feb 26, 2015 11:03 am
by sako 30-06
Ek like die "50 shades of grey". :laugh:
Lyk baie mooi.

Re: Cerakote? Dit is die moeite werd!

Posted: Thu Feb 26, 2015 11:19 am
by Jakkels 223
Daai kolf lyk nou sommer stout pragtig!!!!!!

Re: Cerakote? Dit is die moeite werd!

Posted: Thu Feb 26, 2015 11:22 am
by Hein (Haan)
Wat vra hy vir die werk,het hy die opvul en voorbereiding ook gedoen? Dink daaraan om my kolf ook te doen.
Al sy werk wat ek nog gesien het lyk baie netjies

Re: Cerakote? Dit is die moeite werd!

Posted: Thu Feb 26, 2015 11:23 am
by VdWalt
Lyk sommer baie netjies - het jy voorheen die jakkelse met die kolf dood geslaan?

Re: Cerakote? Dit is die moeite werd!

Posted: Thu Feb 26, 2015 11:24 am
by 30-0Kwes
Dit het baie mooi gekom. Geniet hom

Re: Cerakote? Dit is die moeite werd!

Posted: Thu Feb 26, 2015 11:39 am
by Geno
Dit lyk sommer bitter mooi!

Re: Cerakote? Dit is die moeite werd!

Posted: Thu Feb 26, 2015 12:15 pm
by PJS
Dankie mannne.

Haan

Hy het sekere opvullings gedoen.
Die prys is iets wat gaan verskil agv die bogenoemde. Piet het gesê die kevlar is maar n ander tipe materiaal om mee te werk.
Jy sal maar met hom moet skakel en vir hom fotos ens stuur dat hy self n prys vir jou kan gee. Die pryse op sy website is baie naby aan reg as dit net Cerakote is van die kolf.

VdWalt

Ja wat kan ek sê. Hulle kom soms so vinnig in en naby aan die bakkie. Ek het hulle maar gem$#r. Ek hou nie van koeëls mors nie. :): ;D

Mooiloop
PJ

Re: Cerakote? Dit is die moeite werd!

Posted: Thu Feb 26, 2015 12:31 pm
by G-force
Dit lyk mooi ja.Piet doen uitstekende werk.Die man sing ook nogals mooi,jy kan sy musiek download op iTunes.Soek Piet Van Wyk De Vries.Een van sy mooiste liedjies is MadelaineMadelaine.Ondersteun hom ook daar as julle kan.

Re: Cerakote? Dit is die moeite werd!

Posted: Thu Feb 26, 2015 10:36 pm
by Leon Crous
Sjoe dis bitter mooi!
Baie geluk.