Page 1 of 1
Grs en ander laminated kolwe
Posted: Thu Feb 26, 2015 6:59 am
by Danie01
Hi manne, ek kyk vir n nuwe kolf vir my howa 1500 en wil graag die manne met die GRS kolwe se ondervinding hoor en ook dalk ander voorstelle vir n kolf.
Groete
Danie
Re: Grs en ander laminated kolwe
Posted: Thu Feb 26, 2015 7:25 am
by Gawie(13mm)
Dagsê Danie.
Die GRS kolwe is baie netjies en die verstelbare wangstuk en skopkussing is van die mees gebruiksvriendelikke wat ek al gesien het. Daar is vir my egter vier knelpunte met die kolwe.
1. Die 6 grade "cant" van die handgreep bied nie vir almal dieselfde voordeel nie en is vir sommiges ongemaklik.
2. Die kolf se voorgreep, voor die magesynkas is heeltemaal gerond aan die onderkant en baie manne wat veldskiete doen verkies 'n platter oppervlak.
3. Die kolwe het nie "pillars" in nie en dit moet dan teen adisionele koste ingevoeg word saam met "glass bedding"
4. Prys.
Vir dieselfde geld kan Boomslang vir jou 'n pasmaak kolf bou met al die tekortkominge uitgeskakel en klaar gebed.
Groetnis.
Re: Grs en ander laminated kolwe
Posted: Thu Feb 26, 2015 7:51 am
by Danie01
Dankie Gawie, presies wat ek wil hoor..
Vanwaar is Boomslang en wat is die beste manier om hom te kontak?
Re: Grs en ander laminated kolwe
Posted: Thu Feb 26, 2015 8:38 am
by Riaan Kriel
Danie01 wrote:Dankie Gawie, presies wat ek wil hoor..
Vanwaar is Boomslang en wat is die beste manier om hom te kontak?
Jammer as ek inmeng Gawie

hier is Boomslang se website-link
http://www.riflestocks.co.za/ Sy kontakbesonderhede is ook daar.
Re: Grs en ander laminated kolwe
Posted: Thu Feb 26, 2015 9:32 am
by Gawie(13mm)
Dis reg so my geleerde vriend. Vlytige vingers

Re: Grs en ander laminated kolwe
Posted: Thu Feb 26, 2015 9:55 am
by Armand9
Daan Huntex dan gan voel ons almal!
Re: Grs en ander laminated kolwe
Posted: Thu Feb 26, 2015 10:09 am
by Johannes Schoeman
Geniet my 2 GRS kolwe baie. My kolf het nie Pillars maar is wel met Belzona gepak. Die 6 Grade maak dit vir my gemakliker om uit moeilike possisies te skiet.Het ook al die "laat bou " dinge gedoen , maar die 6 maande wag en '' sal more klaar wees storie '' het my gevang . Nou loop jy by S&O in koop die kolf , pak hom en daai selfde week skiet jy nog. Nee wat my spaarvark is al amper weer vol , dan maak ek weer so...
Re: Grs en ander laminated kolwe
Posted: Thu Feb 26, 2015 10:39 am
by birklec
Ek is ook net so happy met my grs kolf.
Re: Grs en ander laminated kolwe
Posted: Thu Feb 26, 2015 10:59 am
by Riaan Kriel
Johannes Schoeman wrote:Geniet my 2 GRS kolwe baie. My kolf het nie Pillars maar is wel met Belzona gepak. Die 6 Grade maak dit vir my gemakliker om uit moeilike possisies te skiet.Het ook al die "laat bou " dinge gedoen , maar die 6 maande wag en '' sal more klaar wees storie '' het my gevang . Nou loop jy by S&O in koop die kolf , pak hom en daai selfde week skiet jy nog. Nee wat my spaarvark is al amper weer vol , dan maak ek weer so...
Ek hoor jou maar GRS maak nie kolwe vir die Musgrave RSA-aksie nie

Re: Grs en ander laminated kolwe
Posted: Thu Feb 26, 2015 5:28 pm
by CarelG