Lisensie goedgekeur - kaartjie gan 5 maande vat!?!?
Posted: Tue Apr 19, 2011 9:01 am
More Kerels!
Ek is nuut hier op die forum, en het besluit om hier te kom anklop vir hulp.
EK het my aansoek om 'n nuwe geweerlisensie ingedien in pretoria op 23/07/2010 en dit is op 18/03/2011 goedgekeur deur die CFR. Dit het weel 8 maande geneem maar ek is dankbaar, dit kon baie langer gewees het.
Die probleem is nou soos volg: Toe ek my DFO kantoor bel om te hoor hoe vorder die druk van my kaartjie is daar net vir my gese dat die drukkers baie agter is en dat dit to soveel as 3 - 5 maande kan neem om my kaartjie
gedruk en by die stasie te kry. Van daar het ek die call centre gebel, maar by almal kry jy net dieselfde antwoord en niemand is bereid om jou te help nie.
Nou manne, ek weet nie van julle nie, maar ek het R11000 vir daai roer betaal, en as die lisensie dan goedgekeur is sal ek hom so gou as moontlik wil gebruik, mens het mos betaal daarvoor, dis jou eiendom en jy is nou boonop nog die wettige lisensie-houer daarvan. Dis mos nou net absoluut belaglik dat ek nou nog 3-5 maande moet wag vir 'n kaartjie.
Ek het gister die wereld warm gebel, ek het ook met die mense by my DFO gepraat, almal is uiters ongeskik en uiters onbehulpsaam en se baie vinnig vir jou dat jy hulle nie moet kom voorskryf hoe om hulle werk te doen nie. Ek het ook by hulle navraag gedoen oor 'n moontlike section21 maar blykbaar is dit nie moontlik nie omdat die wapen reeds op my naam is. Ek het nie 'n probleem om my beurt af te wag nie, ons almal in hierdie land is
gelyk en ek het geen voorkeur bo enige ander een nie, maar dan verwag ek dat hulle darm lisensies binne 2 na 3 weke kan druk en by die stasie h? soos in die verlede die geval was. 3-5 maande is absoluut onaanvaarbaar!!
Kan enige iemand dalk vir my s? met wie ek kan praat of wie my dalk behulpsaam kan wees. Kan mens nie net 'n wettige tydelike bewys (nie 'n stelsel uitdruk nie) kry dat jou lisensie wel goedgekeur is nie? Ek weet dit klink belaglik maar ekt al gewonder of ek nie'n SAP539 stoorpermit vir my eie wapen kan kry nie, die wapen is mos nou reeds op my naam en ek is die wettige eienaar daarvan? Ekt ook gister self met die DFO van die wyk waarin my wapenhandelaar is gepraat en gevra of ek nie 'n gestempelde stelsel uitdruk kan kry en dit gebruik nie, maar hy het my baie duidelik laat verstaan dat dit glad nie sy goedkeuring wegdra nie.
Die jag en sportskiet is my passie, ek is ook 'n toegewyde jagter by die SAJWV en ek besit reeds 3 ander jaggewere, 'n handwapen, 'n swartkruit jaggeweer en bevoegtheid vir jaggeweer, handwapen en haelgeweer. Ek het 'n trip wat opkom vroeg Junie en daar is nog baie om gereed te kry wat die wapen betref, ek moet nog ladingontwikkeling doen, teleskoop monteer, loop inskiet ens. Ek is rerig raadop en ek wil nie soos 'n klakous klink nie, maar enige hulp sal waardeer word!!
Dankie manne,
Rooijakkals