Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het die naweek bietjie rond geloop en gekyk wat beskikbaar is om in my boekies die "ultimate" geweer te bou vir lang afstand skiet.
Vir my gaan dit nie oor hoe die geweer lyk nie maar meer oor hoe die geweer skiet en hoe akkuraat die geweer skiet oor lang afstand.
Nou as geld nie n probleem was nie....
Hier is wat ek aan mekaar sou gesit het
Kaliber
6mm Rem AI
Ek speel al lank met die kaliber se balistiek en na die gesels met Hendrik by S&O wat nou al paar gebou het het hy net bevestig wat ek vermoed het.
70gr teen amper 4000fps gaan vir jou point blank range gee tot en met 300 meter.
Aksie
Ek was baie verbaas oor die Savage aksies wat ek gesien het. Die slot is seep glad en met die accu sneller gaan dit beslus die keuse wees as basis van die geweer. 'n magasyn is n moet.
Savage Varmint aksie sal my keuse wees
Loop
Ek sal n bartlein 1 -12 twist met die heavy varmint contour gebruik het en sou die loop 28 duim gehou het.
'n Terminator KD sal voor op die loop gaan.
Kolf
Kolf sal sinteties wees.
Die McMillan A-5 vol doen aan my behoeftes van wat ek verwag van n kol vir die geweer.
Teleskoop
Ek was nogal beindruk met die Rudolph teleskope wat ek die naweek by die skou gesien het maar sal eers met hulle wil skiet op die baan oor afstand om regtig te kan n opinie gee.
Die vergroting moet 4 - 16 x 50 of 56 wees.
Oor die maak kan mens baie gesels maar op die einde van die dag kom dit op persoonlike keuse oor wat werk vir jou en wat werk nie en voor ek dit kan besluit sal ek die top make eers wil skiet op n skietbaan oor ten minste 200 tot 300 meter waar mens kondisie regtig kan sien en die kwaliteit van die optics na vore kom...
Nou ja, om so n geweer by mekaar te sit en vir n gunsmith te gee om te bou en hom te maak skiet gaan n aardige klompie geld wees maar dit is hoekom mens die lotto speel...
O ja, ek moet seker speel as ek iets wil wen...
Hier is n 243Win wat ek by die skou af geneem het wat redelik naby is aan wat ek die eind produk sou wou gehaad het
Ek stel ook later belang om so iets aantepak.Ek het sover nog net die kaliber en dit sal wees n 6mm XC.
Ek het baie goeie raad by Piet gekry en so bietjie gaan lees oor die kaliber, en ja hy sal voldoen in my vereistes.
Ja dit is ook maar n moeilike keuse die geweer bou...........
Groete.
Michiel.
Remember the past, plan for the future, but live for today, because yesterday is gone and tomorrow may never come.
.22lr Brno, .223AI Brno shilen 28" loop 1:14, .22-250AI 28" Loop 1:8,.270w Brno.
Ek skiet n 6mm rem AI, jy kan hom maar bou! Jy sal net die dag voor jy hom gaan haal al jou ander roere mooi moet skoonmaak en goed olie want jy gan vir baie lank nie naby hulle kom nie.
Myne gooi n 75gr Vmax teen 3900f/s, dis my jakkals roer ma vra vir Tuffie wat maak hy op n gong baan . Ek sal nie weer n ander roer bou nie!
Groete
Cois
Al jakkals wat nie skaap vang nie is n dooie jakkals
Ek skiet n 6mm rem AI, jy kan hom maar bou! Jy sal net die dag voor jy hom gaan haal al jou ander roere mooi moet skoonmaak en goed olie want jy gan vir baie lank nie naby hulle kom nie.
Myne gooi n 75gr Vmax teen 3900f/s, dis my jakkals roer ma vra vir Tuffie wat maak hy op n gong baan . Ek sal nie weer n ander roer bou nie!
Gerhard, so jaar of wat terug was daar n artikel in een van die tydskrifte oor plaaslikke manne wat langafstand skiet so te se vervolmaak het. ek wens ek kan meer onthou maar hulle het met n selfgemaakte 7mm geskiet. ek dink hulle noem die geweer 7mmTombi.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Ek soek ook een van daai nuwe Tikka T3 Sporters maar ek sal hom vat in die 6.5 x 55, Kon jy dalk al n prys uitvind op die outjie. Niemand kon vir my een gee die naweek by die skou nie....
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner, 12 Br Beretta Semi auto A 301.
Ek was baie verbaas oor die Savage aksies wat ek gesien het. Die slot is seep glad en met die accu sneller gaan dit beslus die keuse wees as basis van die geweer. 'n magasyn is n moet.
Savage Varmint aksie sal my keuse wees
Gerhard,
Die skroefdraad op die savage aksies is baie fyn en geneig om te strip.
Ek sal neig na 'n rem 700, bloot omdat jy enige kolf, sneller, mounts,..........en nog wat vir hom van die rak af kan koop. Jy kan ook gaan vir een van die custom aksies wat op die remington footprint gebou is.
lUDWIG, ek dink maar net as daai manne daai geweer vir die nasionale span kies dan is daar seker iets agter die 7mm punt. ek onthou in daai artikel het ook gestaan dat die manne verskillende kalibers oorweeg en getoets het en dat hulle op die einde gesien het dat die 7mm die beste is?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Gehard, jou loop se twist van 1:12" is baie beperkend op die 6mm. As jy praat van f-klas sou ek eerder 'n 1:9 of 1:8 twist loop op daai 6mm sit om die ho? BC koeels te kan skiet. Die kaliber word wel toegelaat maar jy gaan sukkel met 'n 70gr BT. Jy sal moet kyk na die 95gr Berger en swaarder. Met hierdie koeels vaar die geweer steeds goed. Die rede hoekom ek hierop kommentaar lewer is oordat ek ook die kaliber sterk oorweeg vir 'n veldskiet en springbok roer.
Lang afstand is vir my nie so v?r soos Ludwig wil skiet nie maar ek moet darm saam met die f-klas ouens op 900m kan speel. Hiervoor sou ek graag die volgende roer bou ...
7mm WSM om 'n 180gr Berger VLD mee te lanseer
Broughton 5C loop, 1:9 twist, 28" straight profile
Bat enkelskoot aksie
Kelby sneller
Shehane MBR kolf
Night Force NXS 8-32X56
vir 'n middel afstand geweer
260 Rem om 'n 140gr Berger VLD mee te lanseer
Broughton 5C loop, 1:8 twist, 24" palma profiel
Surgeon tactical aksie - Badger Ordnance bottom metal
Kelby sneller
Mcmillan A5 kolf
Night Force NXS 5.5-22X56
Kort aftand
6mm BR om 'n 95gr Berger VLD mee te lanseer
Broughton 5C loop, 1:9 twist, 25" palma profiel
Surgeon tactical aksie - Badger Ordnance bottom metal
Kelby sneller
Mcmillan A5 kolf
Night Force NXS 5.5-22X56
Ja sorry, een is nie genoeg nie en ja ek sal kan langafstand skiet met al drie
Dit is net so bietjie duur, voor jou eerste skoot klap op een van die roere is jou beursie so R65k ligter >:(
Last edited by Arnold on Tue Apr 19, 2011 1:24 pm, edited 1 time in total.
Ek stem, ek praat egter van die 7mm WSM. Ek dink ook die swaarder 338 gaan beter vaar, dit is net jammer dat ons nie dryfmiddel het wat hierdie kaliber tot sy reg laat kom nie.
Die wenner by vanjaar se SA kampioenskap vir F-open was 'n kaapse skut (Jaco van Tonder) en hy gebruik 'n 284 win ... die 7mm is maar koning as dit kom by in die wind skiet.
Ludwiig, jy praat van die werklikke lang afstand gewere soos die 338 Lapua, wat ook seker my keuse sal wees vir daardie aanwending. Gerhard praat van die jag "langafstand" gewere van tot op sowat 350m, en vir Bisley skiet is dit weer iets heel anders, en daar werk die 7mm Tombi weer uitstekend.
Vir jaggeweer skiet soek ons weer iets anders in n geweer as wat die Bisley manne wil h?. Ja verseker sal hul kalibers en gewere ons ore aansit oor die lang afstande, maar het ons dit regtig nodig?
Hier is soos ek dit sien wat verlang word in n geweer wat idiaal is vir die veldskiet soos ons dit ken in die SA Jaggeweer Skiete.
Kaliber: Hier soek ons n kompromie tussen n platskiet kaliber wat nie te veel skop, maar die wind ook tot n mate goed kan klop. Dit is vir my baie belangrik dat ek so veel as moontlik op die teiken moet bly, nadat die skoot geloop het, en verkieslik moet kan sien waar die koe?l die gong tref, of op die staan uit die vuis skote. Nie baie kalibers voldoen aan hierdie vereiste nie. Jou recovery tyd na n skoot is ook belangrik. Die .22 250 kaliber se recoil is idiaal, maar ons almal weet wat die wind met hom maak.
Ongelukkig is al hierdie kalibers erge oop vreters, en daarom sal my keuse op die 6mm XC wat David Tubb in Amerika ontwikkel het val. Hy skiet dieselfde koe?l teen die selfde spoed as n .243, met 4gr kruit minder. Wat ook baie belangrik is, is dat hy meer binne in sy dop brand as gevolg van sy 30 grade hoek skouer, en dus die loop laat langer hou. Al sy herlaa komponente is ook van die rak af beskikbaar, en geen "fireformin" is nodig. As ons kyk wat n goeie loop soos n Broughton, Bartlein of Pacnor vandag kos, R 5500.00 + R 1800.00 pas = R7300.00, en ek kry net sowat 2200 skote uit n loop, dan kos elke skoot my R 3,32 aan looplewe, + laaikostes.
Die 87 Berger 6mm koe?l het n redelikke BC, maar nie so goed soos die 95gr Berger, maar minder recoil. Ja die 95gr is baie beter in die wind, maar wind is nie by elke skoot n faktor, maar recoil wel.
Aksie: Stem saam met Baboonstalker oor die Remington aksies, veral die aftermarket aksies soos die Predator, Defiance ens. My keuse sal die Defiance wees met sy ongelooflikke kort lock time en hulle is almal ge "blueprint". Die rede dat ek n Remington sal vat, is omdat n Jewell sneller direk daarop pas, sonder enige werk daaraan. Die magasyn kapasiteit moet 5 wees, en moet verkieslik nie onder uitsteek nie.
Loop: Broughton canted lands 1/9" of Pacnor Super Match
Teleskoop: n Taktiese scope met n vergroting van so hoog as wat jy gemaklik mee is, in my geval n 42. Ek het onlangs n Nightforce 12 - 42 x 56mm in ontvangs geneem met die komplimente van Safari & Outdoor, en ek moet s? dit is n ongelooflikke scope. Ek het die voordeel van skiet op la?r vergrotings, of op baie hoog, afhangend van die skietposisie se stabiliteit. Ek self verkies n ho? vergroting, omdat ek my skote kan sien, selfs tot op 300m op die teiken, as die skietposisie en sig toestande dit toelaat. Dit stel my instaat om te kan aanpas vir wind en elevasie na my eerste skoot, mits die toestande dit toelaat. Die scope moet takties wes, vir die verstelbaarheid daarvan, en die kruishaar moet genoeg verwysings punte in h? vir afstand skat bevestiging, sonder om onnodig te besig te wees. Piccatini rail montering is n moet.
Kolf, hier moet elkeen maar kyk na die grote van sy hande, aangesien ons baie van dun takkies of boomtakke en flimsy 3 poot stokke afskiet, waar jy die kolf en die takkie moet kan vashou. n Te dik kolf voor pla hier, maar is weer lekker stewig as van n plat oppervlakte af geskiet word soos n bank of sandsak en plat klip. Maar ons almal wat jaggeweer kompetisies skiet, weet dat so posisie maar skaars is.
Gelamineerde hout kolf met Alluminium bedding is net die regte ding, en die wangstuk moet verstelbaar wees. Ek hou van die Bobby Hart, maar sal hom so bietjie modify. Die Remington aksie pas presies daarin. Hulle noem dit n "Drop in" kolf.
Elke skiet dissipline vereis sy eie voorkeure, maar jaggeweer skiet soek n allrounder wat aan al die bogenoemde vereistes voldoen, en daarom my besluit.
As alles volgens plan verloop, het ek so roer in die nie te v?rre toekoms wat my .25 06 gaan vervang in die kompetisies.
Last edited by Piet Breedt on Sat Apr 23, 2011 2:19 pm, edited 1 time in total.
Ek was baie verbaas oor die Savage aksies wat ek gesien het. Die slot is seep glad en met die accu sneller gaan dit beslus die keuse wees as basis van die geweer. 'n magasyn is n moet.
Savage Varmint aksie sal my keuse wees
Gerhard,
Die skroefdraad op die savage aksies is baie fyn en geneig om
Ek sal neig na 'n rem 700, bloot omdat jy enige kolf, sneller, mounts,..........en nog wat vir hom van die rak af kan koop. Jy kan ook gaan vir een van die custom aksies wat op die remington footprint gebou is.
Baboonman, waar kom jy daaraan dat die skroedraad op die savage aksies strip? Klink vreemd, eerste keer wat ek hoor jy kan n skroefdraad op n aksie strip.......jy draai die loop op en bobs your uncle.....haal jy jou loop af na elke skiet? Ek het nou net vir Danie Joubert hier by ons gebel, hy is besig met n roer vir my maar hy weet ook nje van daai nie.....
Ek het nie self 'n savage aksie nie en het ook nognie die draad op een ge strip nie. Die Savage gebruik 'n 20TPI draad terwyl Remington 16TPI gebruik. Die savage gebruik ook 'n "barrel nut" om die loop op die aksie vas te trek. die wydte van die moer is heelwat smaller as die skroefdraad wat gewoonlik in die aksie inskroef en kan moontlik die skade veroorsaak.
'n bekende wapensmid van die Kaap het my persoonlik aangeraai om weg te bly van die Savages aangesien hy al verskeie (ek dink hy het ges? 3+) gehad het waar die draad beskadig of gestrip was.
Ek sal eers my stelling terugtrek tot ek weer by die smid was en meer besonderhede het van presies waar en hoe die skade voorgekom het.
Pieter