Page 1 of 1

Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Tue Feb 24, 2015 12:19 pm
by tau
Sommer so onder die Geweerjag hofie vir die manne onder ons wat nog nie in 2015 Bloedgetrek het nie.

EK het gisteraand my herlaai tafel afgestof en so paar patrone gelaai vir volgende maand se Springbok jag. Toe sit en dink ek hoe mens in die Somer hitte vinnig vergeet van jou tools, koeels en herlaai toerusting. EN dan van al die dinge wat tydens 'n jagtog gebeur. Die stories om die vuur en die nuwe wat jy maak in die dag.

En dan die Cowboys onder ons wat so deurloop in Oom Koos se boek en op die forums en onder die jagplaas eienaars, wat van hulle/ons. Waar gaan die diep-lieg vuurstaan stories nou ontsaan of sy halfwaarhede begin verspei om te verseker dat daar jaarliks honderde bokke in die hardloop, hol en anderkant DIE HEILIGE merk geskiet word met jou 30-o6 en Weaver K4???

Wie gaan vanjaar sy ammunisie by die huis vergeet of sy kep, en rooikop of gevreet iewers langs 'n vuur sit en sy koue goue geniet?
Maak ons nie te veel van hierdie koeel daardie Camo so bekruip en daar opstel van die jag, voor die jag net om na drie dae se stap iewers langs 'n doringboom te staan met so vaag kyk in jou oe, terwyl jy dehidrasie beveg en jou liefde van jag bevraagteken.Jy draa om en gleur na jou gids Jonas en die vraag vra " is jy seker hier is Kudu's op die plaas, is ons nie in verkeerde kamp of plaas nie?". Net om daai aand as jy wel daai Krulbul geskiet het om die vuur jou jaggenote doeksag vertel hoe jy geweet het aanhouer wen en dat jou spoorsny vermooens julle gelei het tot by die bul.

Ja kerels hierdie jaar wil ek 'n gesonde balans geniet. Hard jag, lekker vuurstories praat. So paar gewaagde skote neem en sukses behaal en dan so nou en dan 'n bok bekruip en hom so naby skiet dat ek hom eers moet weg jaag sodat ek hom in fokus kan kry met my teleskoop of 1x vergroting gestel. Ja ek gaan so nou en dan te haastig bekruip en 'n Krulbul laat blaf en weghol en so paar gevleude woorde aflaat wat my Ma en Sondagskool tannie van pre-Mandela release tye onstel, maar dit sal nodig wees. EK gaan ook iewers 'n veltie maak en vir myself lag as ek dink aan die feit dat ek soos Siener van Rensburg dit hier aan julle genoem het en dus 'n waar-se-ery begin het.

So manne geniet die jaar, moenie te veel klem le op die klein dingetjies nie, Pasop vir die Cowboy jagters en die Skelm plekke met hulle versteekte kostes vir hout, seep en afslag kostes nadat die vuur uitgebrand is die bokke in jou waentjie gelaai is en die gat in jou Navara se radiator met daai Groen Sunlight seep gestop is.

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Tue Feb 24, 2015 12:22 pm
by Smitstertjies
Ja nee, die winter moet nou kom!

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Tue Feb 24, 2015 12:33 pm
by Johan308
Gee die man 'n Bells

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Tue Feb 24, 2015 12:34 pm
by Baasvark
Jy slaan die spyker op sy kop!

Kan nie wag nie!!!

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Tue Feb 24, 2015 12:37 pm
by Philip J
Net so!

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Tue Feb 24, 2015 2:29 pm
by NetEk
Ag ja nou sit ek hier en my siel vlieg ver uit die beton en stop daar iewers lanks 'n wilds padjie.

Die punte is reg die geweer is reg nou net die wag vir die dag om inpak en ry..................

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Tue Feb 24, 2015 3:36 pm
by Riaan Kriel
Die trailcams is uitgesit om te sien wat gebeur op nuwe jagplek wat bespreek is. BAIE foto's is geneem. Die 2 het uitgestaan
http://i1321.photobucket.com/albums/u550/Duracell/Koedoekoei_zps8b9cdb5f.jpg
http://i1321.photobucket.com/albums/u550/Duracell/Koedoebul_zpsa53e920b.jpg

Ek kan nie meer wag nie ++>:

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Tue Feb 24, 2015 4:04 pm
by GreyGhostGear
Mooi stukkie mnr. Webb.

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Tue Feb 24, 2015 4:31 pm
by PWV
Tau!!!

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Tue Feb 24, 2015 7:58 pm
by Kallie Fernhout
netjies geskry Jhon

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Tue Feb 24, 2015 8:09 pm
by JohanvB
Ag lekker man!!!

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Tue Feb 24, 2015 9:08 pm
by baas
Magtig nou is ek eers lus vir jag.
Dis n pragtige stuk.
Dankie

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Tue Feb 24, 2015 10:14 pm
by Giepie
Lyk my hier is iemand wat vir Koos kan instaan. ;D

Dit maak my so lus vir jag, maar daar is nog so paar goedjies wat uitgesorteer moet word.

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Wed Feb 25, 2015 10:52 am
by tau
Giepie wrote:Lyk my hier is iemand wat vir Koos kan instaan. ;D

Dit maak my so lus vir jag, maar daar is nog so paar goedjies wat uitgesorteer moet word.
Nee Oom Koos is soos Bakkies Botha, Danie Gerber of Jacques Kallis. Baie manne kan probeer, maar hulle gaan te min wees.

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Wed Feb 25, 2015 11:01 am
by matewis
Duracell ek kry sommer so lam gevoel in my bene as ek dink dat so krul-bul dalk op my kan wag! Al gaan ek hom nie bestel of soek nie, as hy in my visier kom staan gaan ek moeilik verbyhou!

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Wed Feb 25, 2015 11:19 am
by Jacko
Tau, jou lieplapper. As jy net so goed kan skiet soos wat jy k*kpraat, was jy 'n legende.

Jy moet my nuwe herlaaibank sien, pappie. Jy gaan groen van jaloesie wees. Hy's so wonderlik ek weet met een oogopslag waar alles is - alles behalwe 'n akkurate lading vir my f&$&$n 243.

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Wed Feb 25, 2015 11:47 am
by tau
Jacko wrote:Tau, jou lieplapper. As jy net so goed kan skiet soos wat jy k*kpraat, was jy 'n legende.

Jy moet my nuwe herlaaibank sien, pappie. Jy gaan groen van jaloesie wees. Hy's so wonderlik ek weet met een oogopslag waar alles is - alles behalwe 'n akkurate lading vir my f&$&$n 243.
Ek het iewers 'n Whutsupp boodskap van so 12 maande gelede waar ek jou maan om nie 'n .243 te neem(verniet gekry is mos neem??)nie, maar eerder 'n 22-250 1:9 of 'n 6.5 (6.5x55 of .260 Rem) en as jy so graag 'n .243 wil kry om hom te Ugly Improve. Steeds het jy soos 'n tipiese dwars middeljarigehartaanval oorlewende Afrikaner teen my aanbeveling gegaan. Sterkte met die .243 as jy daai een wen kom help my asseblief met my een :laugh:

Ek moet eerdaags 'n voertuig in Montague Gardens kom haal ek moet dalk kom groet daar in die Fancy beurt waar jy bly. Dan kan ek julle sekuriteit maatskappy se reaksie tyd toets as ons 'n ND veroorsaak in daai deftige herlaai lokaal van jou.

En laastens oor my skiet vermoe. Ek skiet miskien nie so goed nie, maar so aanhoudend.

Re: Afstof afstof Manne..... Eie teiken eie tyd.

Posted: Wed Feb 25, 2015 2:10 pm
by Jacko
tau wrote:

Daai deurmekaar wapenwinkel in die Paarl het geen Howas in 6.5x55 gehad nie! Altans, al het hulle gehad, dink ek nie hulle so dit tussen al daai bokse en goed kon kry nie.

Ek het die 243 ore aangesit - ek het hom verkoop! Ha, hy sal nou sien wie's baas. Die 270 Win Howa wag vir my...

PS: Laat weet wanneer jy kom, dan reel ek dat die koerant se mense kom.