Page 1 of 1
Eland jag, watse kaliber?
Posted: Mon Apr 18, 2011 12:50 pm
by pietjacobs
Middag almal,
Ek wil net bietjie uitvind by julle Eland jag manne, wat is die kleinste kaliber wat julle sal gebruik om Eland in die bos mee te jag. Ek het 'n pel wat 'n Eland persent gekry het om te jag die jaar, maar sy wapens le nog by die Polisie en ek het net 'n .270.
Sal daai .270 die ding doen?
Groete,
Piet
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Mon Apr 18, 2011 12:56 pm
by Gerhard
Piet,
Vir my is die 270 bietjie lig tensy jy n kop skoot kry.
Persoonlik sal ekn eland met 180gr punt uit die 3006 of 215gr uit die 303 skiet.
Het eendag een met klient geskiet met 338 Win en 250gr punte.
Daai eland se petrol het somme gou gou klaar geraak...
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Mon Apr 18, 2011 1:13 pm
by foxripper
Die .270 sal die job doen maar dis soos Piet-Skiet se, die skootplasing.
Ek skiet elke winter op die plaas baie Elande uit en ek skiet net .308 met 180gr punte. My skoonpa kap hulle sommer met 150gr patrone maar daarvoor is ek bietjie skrikkerig.
Sal seker nog my les leer maar op die stadium werk dit nog vir my.
Groete
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Mon Apr 18, 2011 1:17 pm
by Danie Lombard .243
Weet van paar manne wat eland geskeit het met .270 sonder enige probleme. Skoot plasing is alles, al skiet jy met wat tel dit die meeste punte en nie soseer die kaliber wat jy mee jag nie. 'n Groot jag kaliber kwes net so lekker as die skoot plasing swak is,
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Mon Apr 18, 2011 1:49 pm
by Wismit
Danie .243 wrote:
Weet van paar manne wat eland geskeit het met .270 sonder enige probleme.
Kyk dis een ding om `n Eland te
"SKEIT" maar om een te skiet is `n heel ander storie

Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Mon Apr 18, 2011 1:52 pm
by pietjacobs
Dankie manne, ek stem 100% oor die skoot plasing.
Ek het gedink om die Nosler 160gr Partition te laai vir die geleentheid. Nog nie self die Nosler 160gr punt gelaai, maar hy behoort so 2700fps the hardloop.
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Mon Apr 18, 2011 1:59 pm
by erx
.22 kan ook daai bees laat val, als kom net terug na wat almal se, skootplasing is van kardinale belang!
Stem 100% saam.
Groete
erx
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Mon Apr 18, 2011 2:02 pm
by tripodmvr
Was by toe 'n elandkoei deur beginner jagter met 150gr PMP 308 geskiet is. Skoot is 10h00 geskiet en was te v?r na agter en het net punt van lewer geraak. Ek het haar 17h30 doodgeskiet waar sy gaan l? het. By afslag is gesien dat die 150gr PMP dwarsdeur ribbes tot onder die vel aan die anderkant is.
Bogenoemde relaas is om te bewys dat die 270 met 160gr punt genoeg is om 'n dodelike wond te veroorsaak. Noslers penetreer bykans net so goed as Barnes X en soortgelyke punte en behoort 'n in en uit wond te gee as been nie getref word nie. Skootplasing in die hart long area is slegs die voorvereiste. Lekker jag.
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Mon Apr 18, 2011 2:04 pm
by Janjak
Piet,
kry vir jou n pakkie Rhinos.
Ek het maar bietjie my bedenkinge oor die Partitions veral op die ligter kalibers (onder 30).
Met die Rhino behoort jy nie te sukkel om biltong op die draad te kry nie.
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Mon Apr 18, 2011 2:12 pm
by pietjacobs
Janjak, daai is 'n hartseer storie. Ek het alryd Rhino geskiet tot onlangs. Hulle kwaliteit het baie agteruit gegaan, lees die post:
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=9
Ek het nog so paar 160gr Rhinos beskikbaar om te laai, maar weet nie jong, die Nosler sal darem op spec wees. Dis hartseer as ons local ouens hulle geld gemaak het en dan nie meer omgee om die standaard te volhou nie.
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Mon Apr 18, 2011 3:32 pm
by Jagtersdok
Is dit 'n bul wat julle gaan skiet?
Ek het al GROOOT koei deur die blaaie geslaan met 140gr Nosler Accubond op ontrent 170m geen probleem, 20 meter toe dop sy om
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Mon Apr 18, 2011 6:23 pm
by Danie Lombard .243
OOO kraaitjie LOL!! Het ek alweer ge skiet op ge dons met ges skeit? HE HE HE!!!! Jammer jul oukies, maar en sien julle het verstaan wat ek wou se. Ou Wismit
Die eland wat ek van weet wat gejag is met .270 Win is geskiet met 130gr PMP en 130 Sierra. En daar beaam Jag dok ook sy sukses met die .270 op eland.
So bietjie van die topic af, jag gewere se energie en vermoe is VEEL meer as wat ons ooit kan besef. Skiet (skeit

) akkuraat en dinge sal mooi loop by die jag besigheid.
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Mon Apr 18, 2011 7:12 pm
by pietjacobs
Dankie almal. Ek sal laat weet as hy geval het,
Nie seker of dit 'n bul of koei is wat ons moet gaan jag nie.
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Mon Apr 18, 2011 8:36 pm
by Monrique (SJ)
Piet
Stam hom met die .270 Hy sal val, maak net seker van die skootplasing. Dit is baie belangrik, n mooi skoot op die helmet gaan ook mooi werk.
Kom wys die foto's na die tyd!!!
Groetnis
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Tue Apr 19, 2011 8:19 am
by James Wilson
was verlede jaar in die Kalahari, saam met n vriend van my waar hy n eland met die 270 130grn Sierra pro hunter geskiet het. die eland het so 30 tree gehardloop en toe geval. maar nou moet ek by se dat hy skiet baie wild vir sy slaghuis, en daai 270 van hom is soos nog n ledemaat aan hom.
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Tue Apr 19, 2011 9:15 am
by Stefan764
Manne ek en Danie het lekker een oggend hieroor gesels. Ek sit hier n rowwe sketsie op van n eland se deursnit. Kom ons praat van n skoot AGTER die blad, nie naby die voorbeen nie, agter deur die ribbes.
[img width=560 height=346]
http://i1044.photobucket.com/albums/b44 ... rsnee1.jpg[/img]
Op n eland gaan jy deur maksimum 20cm vel en vleis moet skiet as jy die skoot agter die blad en nie deur die blad stoot nie. Se jy tref die rib dan moet jy deur nog 4cm (eerder meer na 2cm, maar maak dit 4) been penetreer. Dit gee jou n maksimum van 25cm vleis,vel en been dan is jy
BINNE die sagte enjin
IN
Enige premium koeel uit n .270 sal hierdie taak sonder moeite verrig en jy skiet hierie eland lat hy skeit. Gaan toets dit gerus op die baan met 20cm nat foonboeke (dis net 3) en 4cm droee Magnums (dis net 8 ) en sien hoe fluit dai koeel deur op 100m. 25-06, 270, 308, 7mm, 30-06 sakiemakie.....
Kom ek ry ok nou mar die ou stellingkie holrug:
Skootplasing is 90% van jou sukses, jou "tools" is die orige 10%...... My beskeie mening....
Stef
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Tue Apr 19, 2011 11:34 am
by Danie Lombard .243
Hoor Hoor Stefan
Feite daai
Skoot plasing no 1
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Tue Apr 19, 2011 12:20 pm
by BLOK
Mooi gedoen Stefan, dis soos ek ook nog altyd gereken het, maar ek is nou net nie so kunstig soos jy nie
Ek dink baie manne maak juis die vout om groter kaliber te vat as wat hulle kan baasraak, dan skiet hulle nie so goeie skoot nie en wil dan maak asof, as n groot kaliber sukkel gaan dit onmoontlik wees met n kleiner een.
Blok
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Tue Apr 19, 2011 2:37 pm
by pietjacobs
Jis julle manne het my nou baie vetroue gegee om daai Eland te gaan haal. 16Junie is die datum. Ek kan nie wag nie. Sal laat weet hoe dit gegaan het.
Dankie almal,
Piet
Re: Eland jag, watse kaliber?
Posted: Tue Apr 19, 2011 3:20 pm
by Danie Lombard .243
Daar in die VSA was 'n ou oompie wat jag en geweer artikels geskryf het. Sy naam was/is (weet nie of hy nog leef nie) Jack O Connor en hy het net in 'n .270 Win geglo, en hy het geglo jy kan alles met 'n .270 mors dood skiet, en hy het omtrent alles gejag met 'n .270. Aai manne, wat 'n lekker kaliber. Ek mis sommer nou my ou Parker Hale .270 Win.
Toe ek op laerskool was het 'n klein neef van my pa 'n buffel morsdood geskiet met 'n .270 Hy was ook sy hele lewe lank 'n bees boer gewees en ek kan julle verseker dat 'n bees boer weet waar om 'n bees te skiet. As ek reg kan onthou het hy ook net altyd 130 gr punte geskiet.
Opsommend, moet nooit die vermoe van 'n projektiel in vlug onderskat nie. Jy sal verbaas wees tot watter vermoe so 'n projektiel energie kan oordra.