Page 1 of 1

Koeël wat tuimel

Posted: Wed Feb 18, 2015 9:30 am
by Ferdi Bam
Hallo Almal,,

Ek is nog nuut in die handwapen deel van skiet. Ek skiet n Browing HP 9mm met n 124gr Lyman gegote koeël, 4,5gr MP200, CCi slagdop en TPL 28mm, S&B dop(19mm). Van die koeëls tuimel en ek kan dit nie verklaar nie. Daar is nie n loodaanpaksel in die loop nie. Die loop is nog baie mooi alhoewel daar so ietsie van n merkie is op die kroon as jy deur n vergrootglas na die kroon kyk. Die tuimel gebeur of ek op 10, 15 of 20m skiet. Het nog nie verder as die afstande geskiet nie. Dit wil dus voorkom dat die fout plaasvind sodra die koeël die loop verlaat. Kan n gewone geweersmid ook die kroon oorsny of is dit beter om die pistool na RHT of Roger Stockbridge toe te vat wat pistool wapensmede is?

Kan iemand my asb raad gee hieroor want dit is frustrerend.

Ek kan nie nou vrae beantwoord want ek gaan nou langpad ry en sal vanaand kyk en antwoord as daar vrae is vir meer inligting.

Groete

Ferdi Bam

Re: Koeël wat tuimel

Posted: Wed Feb 18, 2015 9:38 am
by Jean Marais
Wat is die wapen se groefdraai. Dis dalk waar jou probleem lê. As die koeël te stadig deur die groefraai gespin word, sal hulle tuimel.

Re: Koeël wat tuimel

Posted: Wed Feb 18, 2015 9:41 am
by THOMAST
Ferdi.
Ek sou begin deur die loop binnedeursnit te meet. Druk 'n sagte lood bal sinker deur die loop en meet hom.
My HP se loop was .358" en meeste koeël s op die mark is .356" wat die tuimeling kan veroorsaak.
'n Tweede rede kan wees dat die lood mengsel nie hard genoeg is nie en dan "strip" die koeël in die lande.
Probeer laastens 'n korter koeël in die 116gr gewigklas en kyk op dit help

Re: Koeël wat tuimel

Posted: Wed Feb 18, 2015 9:45 am
by Carl
More Ferdi

Voor ek na 'n geweer smid gaan. Het jy al getoets met ander ammunisie en koeëls? Bv Koop FMJ soos S&B en koeëls soos Frontier se 124gr.
Meet jy die spoed met 'n chronograaf?
My gevoel is dat die lood nie mooi pas en dus nie die verlangde rotasie kry om te stabiliseer nie. Lyman gegote koeël, ek neem aan jy gooi self.
- lood te hard of sag dalk?

Re: Koeël wat tuimel

Posted: Thu Feb 19, 2015 9:06 am
by Ferdi Bam
Hi Julle,

Die koeëls is .355" "geseize". Het nog nie FMJ koeëls of ander geskiet in die pistool nie, het hom maar onlangs gekry. Ek ruil lood wat ek uit ou hospitaal deure gehaal het vir die koeëls wat ek skiet by n oom in die Wilgers wat op sy beurt weer koeëls giet met n mensel van lood en wielgewiggies.
Ek sal ook die binnemates van die loop neem, chronograaf gebruik en die groefdraai meet. Ek sal dan van daaraf verder gaan.

Dankie vir die inligting sover.

Groete

Ferdi Bam

Re: Koeël wat tuimel

Posted: Thu Feb 19, 2015 1:35 pm
by Alwin
Ferdi

Los maar die groefdraai meet. Dis nie juis kritiek op handwapens nie, maar behoort in die omgewing van 1-in-16" te wees. Dit is genoeg vir 147gn en langer.

Die verhouding tussen die koeëldiameter en groefdiameter is belangrik. As die gegote loodkoeël net effens kleiner as die loop is, sal jy 'n gaslek kry wat die koeël se dravlak gaan wegsmelt en tuimel veroorsaak. Ek het al verskeie 9mm's se lope gemeet, wat groter as standaard was. O.a. was dit BHP's, CZ75's, Taurus en een Colt. Almal van hulle skiet baie lekker met groter koeëls.

Die hardheid van die lood is ook belangrik. Oor die algemeen word dit aanvaar dat die lood se treksterkte so 10% hoër moet wees as die piek gasdruk. Lood se hardheid kan gemeet word, en omgereken word na treksterkte. Gasdruk is nie so maklik meetbaar nie, maar kan geskat word. Bly weg van ladings wat hoë druk veroorsaak.

Kyk ook na die smering van die koeël. Loodkoeëls benodig 'n was-gebaseerde smeermiddel om (1) 'n gas-seël te vorm en (2) smering om te voorkom dat die koeël homself in die loop vas soldeer.

Ek het ook al met 'n 9mm uit 'n Lyman gietvorm gespeel, en niks gekry wat hom kan laat ophou tuimel nie. Maar dit was nie 'n 124gn koeël nie. Ek verkies loodkoeëls met lekker lang dravlakke, wat beter kan "byt" in die groewe. Lee se 120gn TC tipe werk goed vir my.

Wat my laat wonder: Al die bogenoemde probleme, wat die koeëls kan laat tuimel, behoort hope lood in die loop agter te laat. Miskien raak die koeëls nie eers aan die groewe nie?

Laat weet maar wat jy kan uitvind.