Page 1 of 1

.458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Sun Apr 17, 2011 11:00 am
by williebees
Die .458 Win Mag met sy 500 gr ko?els teen ongeveer 1850 vt/sek word nie regtig as veelsydig gereken nie.
Die trajek is krom, met die gevolg dat as die bok verder as 80 m staan, moet jy kompenseer.
Dan is daar nog die alombekende storie van balkruit wat klonte vorm en baie swak penetrasie as gevolg daarvan.
Dit is hierdie "feite" wat amper veroorsaak het dat ek nee ges? het vir die geleentheid wat in 1993 op my pad gekom het.
Gelukkig het die pragtige toestand van die "pre-'64" Winchester, en die verkoper se versekering dat hy menige olifant en buffel in Tanganyika met die geweer in die stof laat byt het my opinie geswaai.

Met fabrieksammunisie - Winchester volmantels en sagtepunte in 500 grein- het ek 'n paar buffels in Zambi? geskiet. Daar was een stormloop, wat goed ge?indig het, met 'n 500 gr volmantel. (Maar ek weet een stormloop is nie verteenwoordigend nie.)
'n Voordeel van die 500 sagtepunte, is dat met plankdwars lyfskote daar nie die onderpenetrasie van .375H&H sagtepunte, of die oorpenetrasie van .375 volmantels is nie. Dit is dus nie so krities om seker te maak dat daar geen ander buffels agter jou teikendier is nie.
Ideale kortafstand buffelgeweer dus, maar wat van langer skote op sagtevelwild?

Ek het 'n paar jaar gelede die 300 grein Impala koeels in die kaliber "ontdek".  Met 75 gr S321 in 'n winchester dop (pasop PMP doppe se kapasiteit is heelwat kleiner), skiet ek teen 2400 vt/sek, 'n koeel met 'n heelwat platter trajek. Ek het  Blouwildebeeste, rooibokke en ook 'n paar springbokke met hierdie kombinasie platgetrek. Bogenoemde lading skiet 'n groepring van ongeveer 30 mm op 100 m. Ek dink dit is bogemiddeld en heeltemal voldoende vir jagdoeleindes.

Ek het ook 200 gr koeels laat maak vir daardie 200 tot 300 m skote, maar kon nog nie 'n goeie groepering kry nie. Werk nog daaraan. 

Wat sal ek gebruik as ek die dag 'n olifant skiet? die .458 is immers bedoel daarvoor. Ek sal waarskynlik een van die Impala monolitiese koeels van 420 grein  laai vir so 2100 vt/sek. 

Hoekom laat ruim ek nie my geweer na .458 Lott nie?
Eerstens: daar is net 5000 .458 Win Mag mod 70 deluxe gewere ooit gemaak. As ek die geweer modifiseer, vernnietig ek daardie inherente waarde.
Tweedens: Ek is heeltemal tevrede met die geweer se terugskop tans. Ek wil dit nie graag meer maak nie.
Derdens: Ek dink met bogenoemde resepte, kan ek die standaard Win Mag kaliber laai om aan enige realistiese doel te voldoen.

Williebees

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Sun Apr 17, 2011 3:59 pm
by Penkop
Hi Williebees,

Wat is die verste afstand wat jy mee gemaklik sou voel om sagtewild te skiet met jou 458?

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Sun Apr 17, 2011 5:00 pm
by williebees
200 m met .458 300 gr Impalas. As ek my groepering regkry met die 200 gr, sal ek opskuif na 250, dalk 300 m. Ek s? altyd 'n waterpas geweer wat 100 mm groepering op 100 m skiet, help niks op 300 m nie. dan is daardie groepering 300 mm, en dis groter as 'n springbok se hart-longarea.
Met die .375 , 200 gr Impalas, skiet ek tot 300 m as hy ingestel is op 200 m. Het in 2010 'n gemsbok op 280 m geskiet hiermee.

Jy is 'n Vrystater, onthou dat vir ons bosvelders is 100 m 'n lang skoot en 200 m is vrek v?-?-? r.
Ek meet my afstande met 'n lasermeter, en nie met sulke kort treetjies soos party storievertellers nie.

Williebees

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Tue Apr 19, 2011 7:22 am
by Gerhard
Die 458 Win het meer as sy kant al gebring as kaliber in Afrika en sal seker ook nog baie.

Maar persoonlik het ek n 500gr + punt gesoek wat ek teen 2200fps kon aanjaag.

Vir die rede het ek besluit op die 500 Jeff en het hom baie geniet.

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Tue Apr 19, 2011 7:28 pm
by williebees
Dis reg Gerhard, dan is die 500 Jeffrey nommerpas vir jou.
Ek is nog tevrede met my .458 WM. Ek het nog nie olifant geskiet nie, maar ek dink 'n ligter koeel (420 gr)
teen 2200vt/s sal reg wees.
Wat s? die meer ervare olifantjagters?

Daar is al patrone gelaai , 500 gr teen 2150vt/sek met 'n dupleks lading, (op die BASA webwerf), na bewering sonder druksimptome.
Ek is bietjie sku daarvoor - beweeg myns insiens te na aan die afgrond.

Daar is natuurlik geen twyfel nie, die .458 WM se achilleshiel is die relatief klein dopkapasiteit.
Dit is ook bekend dat PMP doppe dikker wande en dus kleiner kapasiteit het as meeste ander doppe.
By die .458 is dit krities. Soos reeds ges?, is my lading vir 300 gr Impalas 75 gr S321 in 'n Winchester dop.
As jy die patroon skud, kan jy die dryfmiddel net-net hoor beweeg - dus nie 'n saamgeperste lading nie.
Ek probeer toe dieselfde lading in 'n PMP dop, en daar voel ek hoe word die kruit saamgepers toe ek die koe?l set.
Ek is nou te bang om die patroon te skiet - sal maar trek en van onder af opwerk.
(Ja ek weet hierdie is 'n belangrike herlaaibeginsel as jy enige komponent verander.)

Lekker skiet manne.

Williebees

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Tue Apr 19, 2011 7:34 pm
by Gerhard
Die ou jagters het baie olifante laat val met die 458 Win...

Kyk maar wat hulle ladings was

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Tue Apr 19, 2011 10:07 pm
by Penkop
Williebees,

Ek het al met 'n Lott geskiet, maar moet s?: hy is nogals ongeskik met die terugskop!

Dis nou nie 'n kaliber wat plesierig is om heeldag op die skietbaan mee te speel nie..

As jy ladings uitwerk, hoeveel skote sal jy so op 'n dag skiet en hoeveel lading kan mens prakties op 'n dag toets voordat jou skouer genoeg gehad het?

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Wed Apr 20, 2011 5:04 am
by Gerhard
Penkop wrote: Williebees,

Ek het al met 'n Lott geskiet, maar moet s?: hy is nogals ongeskik met die terugskop!

Dis nou nie 'n kaliber wat plesierig is om heeldag op die skietbaan mee te speel nie..

As jy ladings uitwerk, hoeveel skote sal jy so op 'n dag skiet en hoeveel lading kan mens prakties op 'n dag toets voordat jou skouer genoeg gehad het?
Ek het met die 500 gestaan oor skiet stokke en skiet.

Die probleem is nie die skouer nie.

Die probleem is dat mens bitter vinnig nie meer sneller beheer het nie en begin pluk. Dit is seker iets wat die vinnigste n siekte word onder die groot kalibers

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Wed Apr 20, 2011 11:40 am
by Stefan764
Penkop wrote: Williebees,

Ek het al met 'n Lott geskiet, maar moet s?: hy is nogals ongeskik met die terugskop!

Dis nou nie 'n kaliber wat plesierig is om heeldag op die skietbaan mee te speel nie..

As jy ladings uitwerk, hoeveel skote sal jy so op 'n dag skiet en hoeveel lading kan mens prakties op 'n dag toets voordat jou skouer genoeg gehad het?
Koert

Ons het op Wout se plaas met sy 458Lott gegooi en hy maak niks dai roer nie. Mar na ek jou ontmoet het by die Huntex kan ek die probleem 100% dignoseer:

GEWIGSVOORDEEL

Ek kan nogals dink dat dai Lott jou bietjie rondstamp! Ek met my volle 125kg staan sommer lekker vas agter hom. Jou "stance" is ook belangrik, moet lekker oop wees. DIt het ek eers daai naweek by my PH vriende geleer. Ek het selfs met die Lott gele en skiet. Sommige het my gewaarsku om dit nie te doen nie (besorg en wil he ek moet n NON-lid bly van halfmaanklub) en andere weer het my aangemoedig (wou graag he ek moes my oogbank verloor). Op die ou end n paar groepe uit die le-posisie geskiet sonder enige probleme.

Groete
Stef

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Wed Apr 20, 2011 12:04 pm
by Drenalinjunkie
Gerhard wrote:
Penkop wrote: Williebees,

Ek het al met 'n Lott geskiet, maar moet s?: hy is nogals ongeskik met die terugskop!

Dis nou nie 'n kaliber wat plesierig is om heeldag op die skietbaan mee te speel nie..

As jy ladings uitwerk, hoeveel skote sal jy so op 'n dag skiet en hoeveel lading kan mens prakties op 'n dag toets voordat jou skouer genoeg gehad het?
Ek het met die 500 gestaan oor skiet stokke en skiet.

Die probleem is nie die skouer nie.

Die probleem is dat mens bitter vinnig nie meer sneller beheer het nie en begin pluk. Dit is seker iets wat die vinnigste n siekte word onder die groot kalibers
Gerhard,

Meer bekommerd oor jou nek as enige ietsie anderste.

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Wed Apr 20, 2011 12:13 pm
by Gerhard
Nee wat Simon,

Na die nek breek oefening is die C 3 vertebra oor gebou.

C2, C3 en C4 is met plate vas geskroef.

Die nek is nie meer gepla oor recoil nie.

Het een middag 20 hot loads met die 500 geskiet sonder probleme...

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Wed Apr 20, 2011 12:37 pm
by rednat
Interressant, meeste van die OU Grootwildjagters was almal klein of skraal mannetjies en hulle het dag na dag en honderde skote met die swaar kalibers geskiet sonder enige skade of blou kolle.

Wanneer jy met die groot menere skiet is dit nie hoe groot jy van lyf is nie maar jou manier van skiet/skiethouding -- wees net gemaklik en ontspanne en nie bang nie -- moet jou nie teesit nie.

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Wed Apr 20, 2011 12:55 pm
by Penkop
Stefan,

Janee, ek kon die naweek sommer sien hoe geintimideerd julle ouens is deur my volle 65kg..!?

Ek skiet graag met enige kaliber en hou nogal daarvan om hierdie groot menere uit te toets.

Gerhard is reg, dis nie soseer jou skouer wat die houe vat nie, maar my wangbeen.

Ek seker daai Lott het 'n paar stopsels los geskop!

Die roer waarmee ek geskiet het was 'n CZ, lieflike geweer, grendel is seepglad en laat jou toe om vinnige opvolgskote te neem, maar dalk is dit die kolf of ek wat my wang te styf daarteen druk?

Persoonlik dink ek 'n 375 sal my mooi pas.

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Wed Apr 20, 2011 4:15 pm
by Gerhard
Wanneer dit kom by die groot kalibers is die baie belangrik dat die geweer jou pas.

Selfs nog meer belangrik as n hael geweer.

Die groot kalibers is gebou vir kort afstande tot en met 75 meter en vinnig skiet.

Die geweer moet jou pas soos n hand skoen.

As hy nie pas nie die kolf is te kort of te lank gaan die geweer jou hard skop.

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Tue May 03, 2011 11:25 am
by Corumana
458 teen 1850 tot 1950 voet per sekond is meer as doeltreffend om enige Olifant af te bring. In drie jaar het ons 18 Olifante met 458's geskiet en nie een van hulle het opgestaan nie. Verste skoot was so 60m an naaste so 8m. Die 458 en die klonte storie kom van die ou dae af waar die britte patrone te lank laat le het en wou gebruik vir die culling van Olifante. Enige patroon wat se lading ge kompress is sal met tyd solied word binne. Die 458 se doppie ontwerp maak dit baie doeltreffend vir vinnige brandende kruit en met 'n ligte patroon kan hoe spoed behaal word.

Ons gebruik ook die 500 Jeffreys, maar keuse is meeste van die tyd 458 vir backing.

Op die einde van die dag tel die skoot plasing en selfs 'n 375 kan in die geval dieselfde werk doen.

Re: .458 Win Mag veelsydige kaliber

Posted: Sun May 08, 2011 9:59 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne

Die meeste dubbels in die 450 en op na die 475 kategorie gooi oor die algemeen n 480-500 grein koeel teen 2050-2105ft/sek uit n 28-30 duim proof-barrel. In realiteit is daai ladings gereguleer op 26 duim dubbels en die spoed van fabrieksamunusie selde oor 2000ft/sek. Al hierdie kalibers het hul reputasies opgebou op hierdie werklike syfers. n 458 Win Mag gooi n 500gr koeel met gemak teen 2050ft/sek uit n 22 duim loop met S321. Daar is geen kompaktering indien jou dopkapasiteit 95gr is nie.

Ek het die Lott gekies omdat hy vir my 100ft/sek by kan gee teen dieselfde druk. Ek was ook betrokke by n vrien van my se dupleksladingontwikkeling op die Win Mag en ons het baie goeie resultate gekry en jy kan dit met n geruste hart probeer. My huidige lading is 500gr Rhino's teen 2200ft/sek uit n 23 duim loop uit en dit is wat Stefan geskiet het. My volgende lading gaan die Hornady DGX en DGS wees in die 480gr formaat.

Met n kwikstaaf en Pachmayer recoil pad is die staanskiet geen probleem nie. Op die bench gebruik ek n dun sandsakkie tussen my en die geweer of n Limbsaver wat n persoon dan in staat stel om twintig skote te kan skiet. Ek vind ook dat te veel mense as hulle met die groot goed skiet hopeloos te toe staan en dit is wanneer jou skouer terug gaan en nie jou hele lyf nie en sodoende die oogbankie verform word! Oor die algemeen vat ligter geboude ouens reciol beter as ons groot manne want die ligter manne kan meer "roll with the punch" maar soos ek se dan moet hulle skietpossie oop wees. Ek stem heeltemal saam dat die pas van die kolf bitter belangrik is.

Die groot goed geniet ek darm baie en die jagtog waarvan ek nou terug kom het ek die 458 Lott en 375 Ackley gevat en hulle het maar net weer gewys dat groter beter is!

Groetnis
Wouter