Page 1 of 1
Hoe keer mens so-iets
Posted: Tue Feb 17, 2015 9:17 am
by Jean Marais
Lees nou in die Beeld van die diefstal by skole. Sien die artikel.
http://www.netwerk24.com/nuus/2015-02-1 ... -pta-skole
Kyk net hoe het hulle daai kluis verniel om in te kom. Lyk asof hulle net die slotarea oopsny, en so kom hulle dan in jou kluis in. Hoe keer jy so-iets
Re: Hoe keer mens so-iets
Posted: Tue Feb 17, 2015 1:31 pm
by NetEk
Ek het jare op ATM's gewerk en hulle het 'n drop bolt stelsel in die kluise. Basies het jy 'n spring loaded extra bolt wat met 'n dun draad kabel op getrek gehou word. Die kabel loop dan om die slot meganisme wat beteken as iemand boor of grind dan breek die kabel en die bolt spring toe. Enigste probleem is dan moet jy omtrent die kluis in stukke sny om self daarna in te kan kom. Of as jy presies weet waar die drop bolt lê net daai stuk af grind en dan net die deur vervang.
Versoon asseblief die Engels tussen in ek ken nie die Afrikaanse terme so mooi nie.
Re: Hoe keer mens so-iets
Posted: Tue Feb 17, 2015 1:38 pm
by Riaan Kriel
Geen idee om te beheer nie, dit is egter nie beperk tot die stad nie. Lichtenburg se skole het laas jaar ook deurgeloop. 2x by een laerskool en 1x by die ander. Die alarms het afgegaan of is geknip. Daar is vermoed dat die sekuriteit ook betrokke was.....
Re: Hoe keer mens so-iets
Posted: Tue Feb 17, 2015 2:42 pm
by vriell
NetEk wrote:Ek het jare op ATM's gewerk en hulle het 'n drop bolt stelsel in die kluise. Basies het jy 'n spring loaded extra bolt wat met 'n dun draad kabel op getrek gehou word. Die kabel loop dan om die slot meganisme wat beteken as iemand boor of grind dan breek die kabel en die bolt spring toe. Enigste probleem is dan moet jy omtrent die kluis in stukke sny om self daarna in te kan kom. Of as jy presies weet waar die drop bolt lê net daai stuk af grind en dan net die deur vervang.
Versoon asseblief die Engels tussen in ek ken nie die Afrikaanse terme so mooi nie.
Goeie plan Netek!! Ek sny liewer die kluis stukkend na die tyd as om te verloor wat in die kluis was by inbraak ..
Re: Hoe keer mens so-iets
Posted: Tue Feb 17, 2015 5:29 pm
by Jacquesb
Vriell + 1
Re: Hoe keer mens so-iets
Posted: Tue Feb 17, 2015 7:55 pm
by JacquesT (Stompe)
Daar is in die begin van die maand by een van my vriende se besighede ingebreek. Dis wat van sy kluis oorgebly het (kluis deur bo in foto).
IMG-20150130-WA0000.jpg
Re: Hoe keer mens so-iets
Posted: Wed Feb 18, 2015 9:02 am
by Jean Marais
Liewe blikskottel maar dis ontstellende fotos.

Lyk my daars amper boggerol wat jy kan doen behalwe om hulle verder te vertraag soos NetEk voorgestel het nie. As hulle genoeg tyd het, keer niks hulle nie.
Ek gaan self nou bietjie vertragings inbou in my kluis, ook amper iets soos 'n "drop bolt" Maak dit maar net so moeilik as moontlik vir die gemors.
Re: Hoe keer mens so-iets
Posted: Wed Feb 18, 2015 11:26 am
by Johnnie De Wet
By my kinders se skool ook ingebreek.
Armed response, kameras, alarms en wagte is nie genoeg nie.
Dis in een van die beter dele van die stad.