Page 1 of 1
243. MUSGRAVE
Posted: Mon Feb 16, 2015 9:43 pm
by ludick.maritz
Manne ek gaan die naweek Blouwildebees skiet..wat se punt of patroon sal jul voorstel opi 243....kopskoot is my eerste opsie anders opi blad...ek skiet reeds met Pmp 100g....
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Mon Feb 16, 2015 9:53 pm
by tripodmvr
Jy gaan sukkel om 'n nuwe geweer te koop deur die week. Selfs 'n 270 is dun as dit by BWB kom. Hoop jou bank het baie geld vir die kwesbok. My aanbeveling sal enige .30 kaliber en op wees vir so jag.
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Mon Feb 16, 2015 10:03 pm
by ludick.maritz
Danki...ek het 270 het al n bloue laat val met hom ek hoor net graag wat di manne se daarvan...danki vi jo insette...
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Mon Feb 16, 2015 10:09 pm
by win270
Konsentreer mooi met die .270 en sorg dat jy liewer 'n baie goeie hart/long skoot skiet. Ek dink jy behoort hom plat te trek met selfs 130 grein, maar tog met so 'n ekstra handvol gelukkie daarby. Ek sou ook meer gerus wees om liewer .30 kaliber hiervoor in te span.
Vertel asb agterna hoe dit liewers met die .270 verloop het en laai ook die foto's daarby. Skootplasing, skootplasing, skootplasing .....
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Mon Feb 16, 2015 11:34 pm
by Leon Crous
Ai ou Ludick, wil jy nie maar heroorweeg nie!
Ek is net so lief vir my .243 en het ook al "snaakse" goed met hom reg gekry (net as die bokke 'verniet' was) maar ek moet sê dat ek ook meer gerus sou voel agter 'n .270 of meer.
Die problem met kopskote is natuurlik dat dit (behalwe dalk die stert) die deel van die dier se liggaam is wat die meeste beweeg! Nou sê nou maar ek het dubbel standaarde maar daai kanse vat ek net op "goedkoop"/klein bokkies (bv springbok). As jy bv 'n springbok se bek wegskiet of iewers anders in die kop raak, sal hulle gewoonlik val en bietjie bly lê (nog 'n kans op 'n skoot) of dadelik weer opspring en rondspring (nog 'n kans op 'n skoot) en as hulle hardloop dan is dit gewoontlik (lees wel gewoontlik) nie ver nie en dan het jy weer nog 'n kans op 'n skoot.
As jy vir Blou boetie so stamp...... jy gaan lank soek!!!
Tweedens sal ek ook glad nie OP die blad skiet nie, maar eerder net agter die blad vir 'n longskoot! As daai .243 'n groot been in die blad slaan kan te veel dinge verkeerd loop!
Ek kan nie regtig aflei uit jou post of jy ook 'n .270 besit (of enige ander grootter kaliber) nie maar my persoonlike gevoel is dat, indien jy wel so 'n meer geskikte kaliber besit, dit oneties is om dan met 'n kleiner (lees minder geskikte) kaliber die job te wil doen.
Ek oordeel nie, dis maar net my opinies.
Groete,
Leon.
PS. Laat weet wat jy besluit en hoe die jag verloop het.
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Tue Feb 17, 2015 7:41 am
by J le Roux
Jy beplan nou net om bollie aan te jaag.
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Tue Feb 17, 2015 7:47 am
by Geno
As jy hom in die brein gaan skiet, 75gr V-Max.
As jy hom op die lyf wil skiet, 85gr Barnes TSX.
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Tue Feb 17, 2015 7:52 am
by ludick.maritz
Indien ek hom kry die naweek laai ek vi julle n photo...sal kyk of ek ook video clip kan maak....dankie vi jul raad....
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Tue Feb 17, 2015 7:58 am
by Hein22
Geno wrote:As jy hom in die brein gaan skiet, 75gr V-Max.
As jy hom op die lyf wil skiet, 85gr Barnes TSX.
Netso.
Ek ken manne wat al Elande omgedop het met 243's. Skootplasing is bitter belangrik maar soos die ander manne reg uitgewys het, dit is nie die idiaal nie en word beslis nie vir alle skuts aanbeveel nie.
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Tue Feb 17, 2015 9:34 am
by Capt. Yoda
V-max in die oor is genoeg om enige iemand se dag om te krap
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Tue Feb 17, 2015 10:12 am
by Jake1
Pel van my het met 243 pmp BWB gekwes, ek dink hy hardloop nou nog, en hy moes betaal. Ek sal nie eers noem waarmee ons hulle al minder gemaak het nie. Miskien is jy baie goeie skut, maar hulle het so baie vleis mens kan hom maar met n groot ding skiet om nie jou naweek te mors met boksoek nie, niks so sleg om Sondag nog te moet boksoek nie maar jy het blykbaar reeds besluit, sterkte en kom gooi daai video of fotos. Ek sou net ten minste n beter koeel as pmp wou probeer vir lyfskoot.
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Tue Feb 17, 2015 3:35 pm
by Dries101
Ek beveel die NIE aan nie- Blouwildebees , koedoe, gemsbok, rooihartbees. 243 Nosler partition 100gr- almal 1 skoot op blad of net agter. Dis toe ek nie n 300 gehad het nie, of n 7x57 of n 404 nie. Daai wilde beeste is taai goed.... En natuurlik M#$R jy die blad weg wat jy geskiet het.... eerder 270 as hy besikbaar is vir jou. My broer het die jaar 4 great skote op n swartwildebees geskiet en na elke skoot het hy net gesonder gelyk. As jy droogmaak en net n bietjie of net bietjie bad luck het gaan jy wens jy het nie daai sneller getrek nie- Ek moet ook by se al die bogenoemde was verniet skiet.
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Tue Feb 17, 2015 3:45 pm
by JacquesT (Stompe)
Ek sal daai 270 vat en die skoot 'n duim of twee agter die elmboog in sit. Daai hart sal ontplof soos bom krekker op new years.
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Tue Feb 17, 2015 3:57 pm
by win270
Die plaaseienaar behoort minimum kaliber as .30 te spesifiseer vir BWB. Kleiner kalibers is risiko en die dier ly die meeste.
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Thu Mar 05, 2015 5:17 pm
by Jakes
BWB is maar funny aanmekaar geslaan sy hart sit laag
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Thu Mar 05, 2015 5:28 pm
by Pappabeer
Nou wat is nou fout om n Blouwildebees met '243 te skiet? 'n Premium koeel deur die hart en hy gaan nie vêr kom nie. Skootplasing is maar al. Al die kwes wildebeeste wat ek nog gesien het was oor swak skootplasing, insluitend een wat ek verloor het met n 8mm 180gr TSX teen 2700fps 'n paar jaar terug.
NS. Ek stem nie saam met daai diagram van KZN Jag nie, daai hart moet omtrent 70-80 grade anti-kloksgewys roteer om korrek te lê. Dit plaas hom ook meer na vore.
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Thu Mar 05, 2015 9:09 pm
by dehacked
win270 wrote:Die plaaseienaar behoort minimum kaliber as .30 te spesifiseer vir BWB. Kleiner kalibers is risiko en die dier ly die meeste.
Jou 270 het meer energie as 'n 308 met 150gr punt... Ek self weet ook van menigte mens wat met kleiner gewere groot wild plat trek maar sal dit nie voorskryf.
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Thu Mar 05, 2015 9:20 pm
by Baasvark
Is die bwb toe geskiet? Hoe het dit gegaan?
Foto's?
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Fri Mar 06, 2015 12:57 pm
by Flip Groenewald
Wil ook graag weet
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Fri Mar 06, 2015 1:32 pm
by VdWalt
Leon Crous wrote:
Tweedens sal ek ook glad nie OP die blad skiet nie, maar eerder net agter die blad vir 'n longskoot! As daai .243 'n groot been in die blad slaan kan te veel dinge verkeerd loop!
Op die blad is daar nie 'n bladbeen nie - net ribbes - dis waar jy hom met die boog skiet. Al wat jy moet deur kom
is die vet spier hier bo die elmboog en die ribbes. Kyk op die diagram hier bo waar die bald been sit.
Ek stem ook saam met Pappabeer - die hart sit nie so ver agter nie en hy het ook nie so baie longe so ver terug
nie. Die koedoe het lekker groot longe maar die bwb hou baie knap agter die blad op.
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Fri Mar 06, 2015 8:24 pm
by ludick.maritz
Manne skies ek is nou eers trug voer gee die blouwildebees het ek toe nie gekry nie maar daar sal weer geleentheid wees in die winter hierdie was goeie vriend wat die plaas verkoop het en my een geoffer het wat ek sleg die saterdag kon gaan skiet,maar die was n leke uitstappie die omgewing is baie reig kan ek se en die loop in die berge maak dit nogal moeilik maar altyd die moeite werd al is dit nie die resultaat was ons altyd wil het nie. Dankie vir almal se raad en belangstelling dis leke om na julle te luister....groete
Re: 243. MUSGRAVE
Posted: Fri Mar 06, 2015 11:24 pm
by Hein M.
Pappabeer wrote:Nou wat is nou fout om n Blouwildebees met '243 te skiet? 'n Premium koeel deur die hart en hy gaan nie vêr kom nie. Skootplasing is maar al. Al die kwes wildebeeste wat ek nog gesien het was oor swak skootplasing, insluitend een wat ek verloor het met n 8mm 180gr TSX teen 2700fps 'n paar jaar terug.
NS. Ek stem nie saam met daai diagram van KZN Jag nie, daai hart moet omtrent 70-80 grade anti-kloksgewys roteer om korrek te lê. Dit plaas hom ook meer na vore.
Beslis
Dewald, jy sal weet.
Hoop net die man kan skiet
