Page 1 of 1
Marlin/ruger waarde vir geld?
Posted: Mon Feb 16, 2015 1:08 pm
by Baasvark
Dagse Manne,
Een van my werkskollega's oorweeg dit om sy eerste jaggeweer te koop.
Hy het al gejag maar erken dat hy nie 'n groot wildjagter is nie. Hy soek iets waarmee hy 1 of twee blesbok grote bokke per jaar kan skiet.(ek het aanbeveel dat hy na 'n .308 kyk)
Die finansies laat nie toe vir 'n baie duur geweer nie en so het hy 'n Marlin of Ruger oorweeg (wat so om en by R7500 nuut kos).
Ongelukkig het die verkoopsman by ons naaste geweer winkel hom afgeraai om so iets te koop omdat hulle blykbaar baie "comebacks" al gehad het en die gehalte is blykbaar nie baie goed nie.
Ek weet hier is manne wat rugers skiet - weet nie van Marlin nie....?
Kan julle bietjie raad gee?
Dankie en groete
Re: Marlin/ruger waarde vir geld?
Posted: Mon Feb 16, 2015 1:18 pm
by hennief
Kollega van my het die Ruger American in 30-06 laas jaar gekoop. Prys was R7,200 as ek reg onthou.
Seker nou al so in die omgewing van 500 skote geskiet sonder enige probleme.
Sy groeperings is ook konstant rondom MOA en hy is dood gelukkig met die geweer.
Ek ken nie die Marlin's so goed nie, maar my oom het een van die lever actions (dink dis 'n 30-30).
Hy het niks sleg te se oor die geweer nie.
Ek besit nie een nie, maar sou persoonlik 'n ekstra R400 gespaar het en 'n Howa gekoop het by Camdix vir R7,900 net omdat die ouens so gelukkig is met hulle.
Sterkte vir julle besluit.
Re: Marlin/ruger waarde vir geld?
Posted: Mon Feb 16, 2015 1:20 pm
by Geno
Ek wil baie graag my opinie lewer, maar ek gaan dalk soos 'n Howa rep. klink...
Re: Marlin/ruger waarde vir geld?
Posted: Mon Feb 16, 2015 1:31 pm
by Baasvark
Geno wrote:Ek wil baie graag my opinie lewer, maar ek gaan dalk soos 'n Howa rep. klink...
Jy mag maar!
Die Howa's is ook nie meer so goedkoop nie, ook nie baie beskikbaar nie.
Ons het verlede week heel week gesoek na 'n .308 met die s/s loop en gelamineerde kolf vir een van die ander manne hier.
Kon toe een op bloem kry vir R13500 as ek reg onthou. Niemand anders het voorraad nie en die nuwes gaan DUUR wees!
Nie gedink aan die HOWA met sintetiese kolf nie......
Sal daarna kyk.
Dankie!
Re: Marlin/ruger waarde vir geld?
Posted: Mon Feb 16, 2015 2:06 pm
by joe rocket
Ek stem saam het ook n howa en sal weer n howa koop.
Re: Marlin/ruger waarde vir geld?
Posted: Mon Feb 16, 2015 2:06 pm
by Capt. Yoda
Baasvark wrote:Geno wrote:Ek wil baie graag my opinie lewer, maar ek gaan dalk soos 'n Howa rep. klink...
Jy mag maar!
Die Howa's is ook nie meer so goedkoop nie, ook nie baie beskikbaar nie.
Ons het verlede week heel week gesoek na 'n .308 met die s/s loop en gelamineerde kolf vir een van die ander manne hier.
Kon toe een op bloem kry vir R13500 as ek reg onthou. Niemand anders het voorraad nie en die nuwes gaan DUUR wees!
Nie gedink aan die HOWA met sintetiese kolf nie......
Sal daarna kyk.
Dankie!
Gaan bitter jammer wees as hul pryse ook nou wild raak?
Re: Marlin/ruger waarde vir geld?
Posted: Mon Feb 16, 2015 2:07 pm
by hennief
Ek het laas Donderdag met Camdix gepraat. Hulle het 308 Howa's teen R7,900 (hogue stock en gewone loop)
Re: Marlin/ruger waarde vir geld?
Posted: Mon Feb 16, 2015 2:12 pm
by Baasvark
hennief wrote:Ek het laas Donderdag met Camdix gepraat. Hulle het 308 Howa's teen R7,900 (hogue stock en gewone loop)
Yup, daai het hulle.
Dis die s/s met BB en lam kolf wat ons nerens kon kry nie. Die hele land vol gebel! Was net te laat vir Camdix se laaste een (R11 000). Die volgende pryse (enigste een wat ons kon kry) was R13 500!
Sal hulle wel bel oor die bg. gewere.
Dankbaar !
Re: Marlin/ruger waarde vir geld?
Posted: Mon Feb 16, 2015 2:41 pm
by Johan Reyneke
Baasvark wrote:Dagse Manne,
Hy soek iets waarmee hy 1 of twee blesbok grote bokke per jaar kan skiet.(ek het aanbeveel dat hy na 'n .308 kyk)
Ek het self die Marlin 30-06 nou so 3 jaar. Al wat ek teen hom gehad het was sy kolf(camo voel soos fibreglas), maar die het ek vervang.
Dit is ook so dat Howa net beter is, maar as ek kyk na die applikasie van 2 bokkke 'n jaar, dan kan die Marlin werk. Ek hou persoonlik baie van die acu trigger wat op die marlins is.
Ek het al blesbok,gemsbok en blou wildebees met myne geskiet, sonder probleme. Ek dink ek staan nou op so 500 skote deur loop en kan regtig niks fout nog met hom vind nie. Hy bring bilting huis toe, en op die baan as ek my kant bring kry ek gemaklik 15-20mm groepring op 100m en so 30-40mm op 200m.
Re: Marlin/ruger waarde vir geld?
Posted: Mon Feb 16, 2015 5:25 pm
by Armand Steenkamp
Ek lees baie goeie goed op die net van die Marlin.... Dink ek gaan so enetjie in 2506 moet aanskaf!
Groetnis
Re: Marlin/ruger waarde vir geld?
Posted: Mon Feb 16, 2015 5:44 pm
by Swys14
mooi uitverkoping nou by S&O aan...
ek verkies die Marlin xs7 bo die ruger american maar ek verkies die Howa bo hulle albei. Onthou net, dalk wil jy eendag iets duurders koop eendag en dan wil jy die roer smous. Maak seker dat hy redelik "smousbaar" is. Howas hou hulle waarde baie mooi.
Re: Marlin/ruger waarde vir geld?
Posted: Tue Feb 17, 2015 2:29 pm
by Baasvark
Dankie manne vir die terugvoer.
Sal dit so aan hom deurgee.