Page 1 of 1

375H&H- ruil met ligter 375H&H, of vervang met 'n 338WinMag

Posted: Mon Feb 16, 2015 12:39 pm
by Umshwati Boy
'n Bietjie raad asseblief :)

Ek het 'n Blaser 375H&H (Interchangeable Lope) wat baie lekker skiet met Nosler Accubond 260gr en Barnes TTSX 250gr. Die geweer is baie swaar - 4.8kg, en dit is nou by die stadium waar ek dit net vir Bosvarke op voerplekke gebruik. Die swaar gewig help met die Recoil, maar iets met die swaar geweer agter Kudu's in die Berge dra, werk net nie vir my nie. Die Kaliber is 'n uitstekende Allrounder wil BWB, Eland, Kudus en Zebras. Toe ek die geweer gekoop het, het ek 'n swaar loop (22mm Diameter) bestel, aangesien dit my eerste 'Big Bore' was en ek wou nie 'n flinch kry van 'n lig geweer nie.

Intussen, is my Recoil Tolerance beter, en ek het 'n 416 Rem Mag en 'n 450/400 NE gekry. die 416 Rem Mag weeg ook 4.8kg, maar in die geval is ek bly dat dit swaar is. Ek sal dit ook nie vir Kudus in die berge gebruik nie, so dit is nie te erg nie. Die 450/400 wat 4kg weeg het my oee oop gemaak, en my begin laat dink. As ek ooit grootwild jag, sal ek die 416 Rem Mag gebruik, dit is waarvoor ek hom gekoop het in die eerste plek. Die 450/400 wat lekker kort en lig is, is my nuwe bos geweer, en ek sal hom eerder vat as die 375H&H.

Ek oorweeg dit nou om die Loop van die 375H&H te verkoop en het nou twee opsies;

Opsie 1: Koop 'n 375H&H in Std Loop (17mm Diamter) vir die Blaser, wat baie ligter sal wees.
Opsie 2: Koop 'n 338 Win Mag in Ruger No.1 S (Wat ek eintlik wil he :) )

Om by 375 H&H te bly maak sin, aangesien ek dies, doppe en Koeels het. Ek is ook 'n fan van die 375H&H en met 'n 260gr Accubond, dink ek dit is beter as 'n 338 Win Mag. Ek sal nie die 375H&H vir grootwild gebruik, aangesien ek twee .40 Kalibers het. Die idee agter 'n 2de Handse Ruger No.1 338 Win Mag, is dat die Enkelskoot baie lekker om te dra is, en miskien so effens minder Recoil het teen 'n 375H&H. Die 375H&H in die Ruger No.1 is te swaar, en dis hoekom ek nou na die 338 Win Mag kyk. Ek het ook 'n 300 Win Mag, wat seker goed genoeg is vir Kudu's ens, maar vir Eland dink ek die 338 of 375 sal defnetief meer slaankrag he.

Jou Opinies?

'n Paar ouens met wie ek gesels, se altyd vir my, waar is al die Diere wat jy wil jag met al die gewere ;D Ek is maar 'n gunnut. Die 375 soos hy nou is, word defnetief 'n safequeen. So ek soek 'n oplossing. Die derde opsie, is dat ek die 375 verkoop en die geld gebruik vir 'n jag ???

Oh Ja, weet iemand van 'n Ruger No.1 338 Win Mag wat ek kan kry? ;)

Re: 375H&H- ruil met ligter 375H&H, of vervang met 'n 338Win

Posted: Mon Feb 16, 2015 1:53 pm
by Supacow
Klink na baie roere wat dieselfde ding doen naamlik skiet ;)
Gaan vir opsie 3 en maak memories vir die oudag

Re: 375H&H- ruil met ligter 375H&H, of vervang met 'n 338Win

Posted: Mon Feb 16, 2015 3:16 pm
by Johan van Wyk
Kyk na iets soos `n Winchester Alaskan. Al die goeie Mauser attribute en lekker lig.

Jy kan natuurlik altyd vir jou `n 1970's Sako Finnbear .375 koop ook. Mens kry hulle gereeld vir baie goeie pryse en as jy `n ligte .375 soek is hierdie net die ding vir jou. Jy gaan na so 20 skote ook presies weet wat jou terugskop toleransie is of nie en jou .416 met swaar ladings net vir ontspanning begin skiet.

Die .338 kan seker ook werk maar as jy reeds al die .375 komponente het, hoekom hou jy nie maar net by hom nie?

Re: 375H&H- ruil met ligter 375H&H, of vervang met 'n 338Win

Posted: Mon Feb 16, 2015 3:28 pm
by Thunderhead
Third option, gym more regularly.

Re: 375H&H- ruil met ligter 375H&H, of vervang met 'n 338Win

Posted: Mon Feb 16, 2015 4:47 pm
by 470rigby
Het dieselfde probleem gehad met my 375 H&H Winchester, eenvoudig te swaar

Toe gaan koop ek 'n Howa Hogue 375 Ruger met 20 duim loop, en my probleme is opgelos!

Fantasties akkuraat, MIN terugskop (kolf ontwerp en sagte skokkussing), en die groter dopkapasiteit neutraliseer die korter loop vis a vis die H&H

Glo my, dis 'n fantastiese kombinasie (8 pond sewe onse met Leupold 2 - 7, Burris ringe en Brownells Latigo sling)

Re: 375H&H- ruil met ligter 375H&H, of vervang met 'n 338Win

Posted: Mon Feb 16, 2015 8:46 pm
by RugerBoy
Ek weet van n Ruger No1 in 9,3x62 wat die werk sal doen ;)

Dankie vir die pakkie ^-^