Page 1 of 1

Rem 700 sneller en watter chrony?

Posted: Sun Feb 15, 2015 3:47 pm
by 1lum1nat1
Middag menere

Ek was baie vinnig op my plek gesit toe ek so bietjie herlaai hulp gesoek het sonder 'n chrony. Nou ja, om die probleem op te los moet ek dus een kry, maar ek weet nie waar om te begin nie. Ek weet niks van die goed af nie en wil nie 'n paar duisend rand se skoolgeld betaal nie.

Wat is julle voorstelle vir onder R3 000 asook waar kan ek koop?

Soos dit vir my blyk is daar 2 opsies, Jewel en Timney. Watter een, hoekom sê jy so, waar kan ek hom koop en min of meer wat gaan hy kos?


Dankie manne.

Re: Rem 700 sneller en watter chrony?

Posted: Sun Feb 15, 2015 4:29 pm
by tripodmvr
Chony is maklik - Prochrono werk sovêr baie goed vir my. Kontak S&O - myne daar gekoop in Desember 2014.

Re: Rem 700 sneller en watter chrony?

Posted: Sun Feb 15, 2015 5:24 pm
by Mellies
Ek gebruik Prochrono. By Safari gekoop.

Het Timneys op al my Remington 700s. Een van die beste beleggings nog. Dink Timney is effens goedkoper as Jewel? Timneys my so 2k elk uitgewerk.

As ek reg is bring Nic Yale Timneys in? Enige handelaar behoort jou te help wat nie stock het nie. Hunt online adverteer ook. Weet nie of hulle stock het nie?

Hoop dit help.

Met n vleisie...

Re: Rem 700 sneller en watter chrony?

Posted: Sun Feb 15, 2015 7:32 pm
by alecjohnson
Het timny op my rem700 300wm gehad. Baie lekker en crisp. Het 1650 betaal vir dit by wildman cape gate. Chrony sal ek vir jou budget prochrono voorstel. Ek het nie een gehad nie, maar my chrony beta het my dwars be foos gemaak oor mislesings. Het allis probeer. Dit wou net op bewolkte dae reg werk. Daarom stel ek n ander maak voor. Ek wag nog geduldig vir my magnetospeed sporter...

Re: Rem 700 sneller en watter chrony?

Posted: Sun Feb 15, 2015 7:46 pm
by 1lum1nat1
Baie dankie vr die terugvoer julle, dit word baie waardeer.

Weet julle wie Jewel aanhou? Wat behoort 'n ou te betaal vir een met safety en bolt release?

Re: Rem 700 sneller en watter chrony?

Posted: Sun Feb 15, 2015 8:05 pm
by Mellies
SO het Jewell dink ek....

As ek reg onthou is hulle redelik duurder. Hang ook af of jy Jewell koop met /sonder bolt release en safety.

Soos Ludwig se, Jewell is in n ander klas!

Re: Rem 700 sneller en watter chrony?

Posted: Sun Feb 15, 2015 10:42 pm
by dehacked
As dit 'n nuwe rem 700 is kan jy dalk net eers die prokerower spring uithaal en toets voor jy 'n ander sneller op sit.

Re: Rem 700 sneller en watter chrony?

Posted: Mon Feb 16, 2015 8:47 am
by Doomslayer
Sekerlik die beste upgrade wat ek ooit op my .260 Rem gedoen het was om 'n Jewell sneller op te sit.

Dit maak vir my 'n baie groot verskil. Soos hierbo gesê is Timney in dieselfde klas as Jewell nie, al is die Timney nie 'n slegte sneller nie.

Re: Rem 700 sneller en watter chrony?

Posted: Mon Feb 16, 2015 11:07 am
by 1lum1nat1
Menere, SO het nie Jewell in voorraad nie. Wie anders sal my dalk kan help met een?

Wat dink julle van die rifle basix sneller? http://www.riflebasix.com/index.php?mai ... cts_id=200

Re: Rem 700 sneller en watter chrony?

Posted: Mon Feb 16, 2015 11:21 am
by Geno
1lum1nat1 wrote:Menere, SO het nie Jewell in voorraad nie. Wie anders sal my dalk kan help met een?
Terry Harrison

Re: Rem 700 sneller en watter chrony?

Posted: Mon Feb 16, 2015 11:48 am
by 1lum1nat1
Dankie Geno. Nou vir die skok, R4 400 vir safety met bolt release.

Nou ja mense, ek sit met 'n probleem. Ek skiet (want ek is heel waarskynlik 'n slegte skut en ek skiet min). Timney vir amper helfte die prys of Jewell?

Re: Rem 700 sneller en watter chrony?

Posted: Mon Feb 16, 2015 12:02 pm
by 1lum1nat1
Dankie almal, waardeer die terugvoer baie.

Re: Rem 700 sneller en watter chrony?

Posted: Wed Apr 22, 2015 10:14 am
by Kalaharihunter
In my opinion and that of a few friends of mine, stay away from the Rifle Basix option. It has to many settings that constantly affect the other settings made - chasing your tail. Could not get them set as desired and was very frustrating to work with.

Re: Rem 700 sneller en watter chrony?

Posted: Wed Apr 22, 2015 10:18 am
by 1lum1nat1
I ended up with the jewel and very happy so far.