Page 1 of 1
6x42 S&B
Posted: Sun Feb 15, 2015 9:41 am
by Monster
Hi Kerels
Wat sal n 6x42 S&B met n stel Warn QD mounts werd wees?
Re: 6x42 S&B
Posted: Sun Feb 15, 2015 6:20 pm
by Monster
Hi Kerels ek wil die oukie verkoop vir so R8000 is dit billik?
Re: 6x42 S&B
Posted: Sun Feb 15, 2015 7:26 pm
by Sako75
Monster.
Daar is n paart variasies van hierdie model. Hulle kom van of Duitsland of Hongarye af en het of in 25,4mm of 30mm buise uitgekom. Die kruishaar is ook n faktor. Met meer inligting hiervan asook sy ouderdom, krapmerke ens sal mens kan terugvoer gee.
Re: 6x42 S&B
Posted: Sun Feb 15, 2015 7:53 pm
by Monster
Ek kan met n paar goed help. Daar is n paar klein krap merkies op die agterkant niks is deur die verf nie. Die kruis haar is n fyn lyn reg deur en die lense het niks merkies op nie. Gemaak in Hongarye en n 25mm tube. Ek het geen idee hoe oud die oukie is nie. Ek hoop dit help?
Re: 6x42 S&B
Posted: Mon Feb 16, 2015 10:11 am
by Drenalinjunkie
R8k is te veel vir die teleskoop soos jy bo beskryf. Klink ook na n baie ou model.
Re: 6x42 S&B
Posted: Mon Feb 16, 2015 10:18 am
by Hugov
Hello Monster net n vriendelike FYI
Die 6x42 klassik met 30mm buys en A7 kruishaar. verkoop nuut vir R8500.00
Groete H
Re: 6x42 S&B
Posted: Mon Feb 16, 2015 10:53 am
by Dries101
En die Hongarye version verkoop oor die algemeen vir minder as die duitse. Ek sou se as jy 35%-50% van nuwe verkoop prys kan kry vir hom moet jy nie te sleg voel nie.
Re: 6x42 S&B
Posted: Mon Feb 16, 2015 11:07 am
by Sako75
Monster. Toe daardie Schmidt & Bender teleskope in SA beskikbaar gekom het deur die Kruitvat in omtrent 2000 (dink ek) het hulle nuut verkoop vir R2,800. Hulle pryse was daarna R3,500 en later R5,800 soos die tyd verby gegaan het (en die wisselkoers verswak het). Mens kan hulle nou nuut kry vir omtrent R8,500.
Re: 6x42 S&B
Posted: Mon Feb 16, 2015 1:45 pm
by Monster
Dankie Kerels, ek het nie n clue gehad nie. Ek sal hom oor skuif na die verkoop afdeling.