Page 1 of 1
Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Sat Feb 14, 2015 1:08 pm
by PWV
Labradar is the simplest, most accurate system available for measuring bullet velocity. Simply place the unit near the shooter and turn it on!
LabRadar is not actually a chronograph at all, but rather an extremely accurate Doppler Radar. Doppler Radar has been used by defense agencies and ballistic laboratories for many years for research and development of all sorts of projectiles, but the units were bulky and extremely expensive. The manufacturer of LabRadar has been an industry leader in Doppler Radar for over 20 years and is proud to offer the same outstanding technology in a compact, affordable and easy to use package.
http://www.longrangehunting.com/store/l ... graph.html
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Sat Feb 14, 2015 3:52 pm
by PWV
Nog meer inligting wat ek van 'n vriend gekry het oor hierdie "gatsometer".
http://www.mylabradar.com/#FAQ
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Sat Feb 14, 2015 5:33 pm
by Johan Nel
Oom Pieter,
Die chronograaf lyk vir my vrek indrukwekkend. Die feit dat hy verskeie afstande se spoed kan meet van 'n enkele skoot, is absoluut fantasties. Dis nie 'n goedkoop item nie, maar ek sal nogal geld wegsit om een te kan koop. Hy het g'n neukery met lig of donker nie. Hy is nie voor jou geweer opgestel nie, dus gaan jy hom nie raakskiet nie. Hy kan ook spoed van baie stadig tot vrek vinnig lees. Ek hou van die produk.
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Sat Feb 14, 2015 5:51 pm
by Pvdw
Die SAP het een in hulle lab in Silverton. Hy meet ook meer as 1projektiel op 'n slag. 1 enkele haelkorrel kan uitgesonder word en gevolg word soos hy vlieg. Die sisteem kan 'n 55gr .224 koeël volg en akuraat meet tot en met 300m. Hulle sisteem het 1.4m gekos toe hulle hom aangeskaf het.
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Sat Feb 14, 2015 5:57 pm
by ruaanb
Ek wonder net hoe hy ge-affekteer kan word deur by die persoon wat langs jou skiet
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Sat Feb 14, 2015 6:03 pm
by Pvdw
Ek wonder net hoe hy ge-affekteer kan word deur by die persoon wat langs jou skiet
Glad nie. hy meet sommer beide koeëls. Als wat beweeg meet hy en jy kan kies watter een jy wil volg.
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Sat Feb 14, 2015 6:17 pm
by PWV
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Sun Feb 15, 2015 2:37 pm
by Boesman10
So as ek volgende keer langs jou op die skietbaan sit dan kan jy sommer my spoed en al die ander banke se spoed ook meet.
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Sun Feb 15, 2015 3:16 pm
by ruaanb
Gelukkig na ek die video gekyk sien ek jy kan sy sensitiwiteit stel so neem julle eie lesings lol
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Tue May 17, 2016 10:40 am
by ruaanb
Sien dit begin nou meer in voorraad kom en ship daar in die USA.
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Tue May 17, 2016 11:10 am
by andre007
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Tue May 17, 2016 11:20 am
by ruaanb
Of hy verstaan nie lekker nie LOL.
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Tue May 17, 2016 11:45 am
by THOMAST
Ek dink die man het gedink dis "plug 'n play". Hy het sekerlik nie die instruksies gelees nie, soos meeste van ons maar doen

Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Tue May 17, 2016 4:22 pm
by Hercules Louw
Ek het my Labradar 2 weke gelede gekry en dit reeds 2 keer op die skietbaan gebruik. Dit werk uitstekend, maar soos enige produk moet jy dit leer gebruik om die beste daaruit te haal. Dit werk egter nie in 'n tonnel skietbaan nie, te veel refleksies. Gewere langs jou pla nie, stel net die akoestiese sensitiwiteit. Die sensitiwiteitshoek van die radar is 7 x 12grade, so jy moet dit mooi met jou teiken oplyn en die kans is baie skraal dat die skut langsaan se koeëls binne jou straal gaan val.
Vir my is die grootste voordeel dat ek nou maklik die werklike BC van koeëls geskiet uit my gewere kan bereken. Die resultate het sovêr ongelooflik goed ooreengestem met gepubliseerde data van die vervaardigers, behalwe in my 308 Howa waar al die koeëls so 10% tot 15% swakker presteer. Die geweer het egter ook 'n groepering probleem op afstande verder as 150m, en gooi maklik flyers wat vir my sê die koeëls kry seer as dit deur die loop gaan - swakker BC bewys dit.
Labradar se akkuraatheid word aangegee as +-0.1%. My ou Pro Chrono meet so 50ft/s stadiger as die werklike snelheid soos gemeet met Labradar.
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Tue May 17, 2016 4:33 pm
by Arnold
Hercules, wat het die stukkie toerusting gekos as ek mag vra?
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Tue May 17, 2016 4:51 pm
by Hercules Louw
Te veel!
Maar ek gaan dit vinnig vergeet, die produk is uitstekend.
Ek het 'n vriend in die VSA en hy het 2 jaar gelede al namens my bestel, toe was dit nog minder as R10 vir 'n dollar. Betaling en aflewering het uiteindelik in Feb plaasgevind toe dit so R16 per $ was. Die afgelewerde prys in die VSA was $620 (R10k) wat 'n drasak en herlaaibare batterypak insluit. Gelukkig kon 'n Amerikaanse jagter dit vir my saambring. Die Labradar verkoop nog net in die VSA en Kanada, word glad nie uitgevoer nie. Dit lyk vir my aankope kan ook net direk op hulle web gedoen word, geen buitelandse bestellings nie, dus al manier is dat iemand dit daar namens jou moet koop en betaal.
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Tue May 17, 2016 6:35 pm
by Arnold
$620 is amper die prys van n Oehler 35P stelsel ... dan sou ek ook eerder die Labradar koop.
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Tue May 17, 2016 7:28 pm
by rifrugmeerkat
Ek is ook baie tevrede met myne sover, werk fantasties en ek vind dat die spoed meer konstand is as met magneto of chrony
Sent from my GT-I9190 using Tapatalk
Re: Meet LabRadar spoed beter as chronograaf?
Posted: Tue May 17, 2016 8:01 pm
by alecjohnson
Magies ek hou van die idee, maar haat sy prys, my magneto moet maar werk want daai betaal ek nie! maar glo dit is elke sent werd!