Page 1 of 1

Trophy Cams

Posted: Thu Feb 12, 2015 2:28 pm
by NetEk
Wou bietjie raad vra. As daar klaar so 'n thread is wys my net die pad asseblief ek kon nie een kry nie. Watter cam sal julle aanbeveel? en wat is nie pro's and con's. Ek soek net iets om mee rond te speel op die plaas of as ons gaan jag.

Lees: ek is moeg vir daai boer wat jou belowe die kudu's is hier hulle kom altyd so en so tyd water drink maar vir die hele week wat jy daar jag is al die kudu's op vakansie of iets.

Dan ook my ma se famielie het 'n plaas op die Limpopo en ek is altyd niskierig om te sien wat loop waar rond.

Ok dis nou 'n mond vol. Verkort nie te duur nie want dit hoef nie fancy te wees nie maar wil ook nie phongkong koop nie.

Re: Trophy Cams

Posted: Fri Feb 13, 2015 8:41 am
by Flip Nel
Daar is verskriklik baie op die mark, ek gebruik 'n goedkoper Moultrie en is baie happy met hom eenvoudig en dit is great om te sien wat loop alles daar rond

Re: Trophy Cams

Posted: Fri Feb 13, 2015 8:46 am
by henried
Ek gebruik 'n SpyPoint nou al vir 2 jaar en hy werk baie goed. Ek gebruik hom veral op 'n plaas was ek boog jag, die boer laat my toe om hom uit te sit soos ek wil.

Jy kan by Arches Edge pryse kry vir die SpyPoint.

Re: Trophy Cams

Posted: Fri Feb 13, 2015 11:32 am
by NetEk
Ek sien die Tasco is op special teen R2100 (sal nie sĂȘ waar nie) weet iemand hou hulle is. Ek chat op die SANParke forum ook en sien een van die parke gebruik van hulle?

Dankie vir die ander advisie sal na hulle ook loer.

Re: Trophy Cams

Posted: Fri Feb 13, 2015 11:36 am
by Willie
ek het 'n Tasco, Stuur my jou epos adres dan stuur ek 'n paar fotos vir jou dan kan jy maar self besluit