Page 1 of 1

Coleman Lantern

Posted: Thu Feb 12, 2015 6:39 am
by obasch
Weet iemand waar ek van die ouer modelle Coleman "Pressure Lanterns" kan kry? In werkende toestand of vir onderdele.

Re: Coleman Lantern

Posted: Thu Feb 12, 2015 8:39 am
by Jakkie07
Gumtree en gedult.
EK het n een gekry op gumtree. jy kan parte koop so as van sy dele nie daar is nie is dt nie einde van die wereld nie.

Myne is n 237A

Re: Coleman Lantern

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:03 am
by Gernie
Ek versamel ook die goedjies as stokperdjie. Weet dat jy die nuwes kan koop wat dubbel mantel is.

Re: Coleman Lantern

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:10 am
by Jakkie07
http://www.colemancollectorsforum.com/
gaan loer daar. baie data op die lampe en jy kan ook parte deur hulle koop.

Ek het my lamp vir R200 gekoop. weet hy gaan vir tussen R1000 en R1500 op ebay.

Re: Coleman Lantern

Posted: Thu Feb 12, 2015 9:21 am
by Gernie
Jakkie, jy het baie min betaal vir daai lamp. Ek het n hele paar 249 lampe, maae is opsoek na bietjie iets anders indien julle wil ruil?

Re: Coleman Lantern

Posted: Thu Feb 12, 2015 11:55 am
by Pappabeer
Versamel Peet vd Walt hier op die forum nie Coleman lampe nie?

Re: Coleman Lantern

Posted: Thu Feb 12, 2015 12:53 pm
by Pvdw
Dewald jou geheu is die van 'n olifant!!!

Ek het op 'n stadium meer as 40 van hulle gehad. Vanaf Coleman. Tilley, Radius, Primus, Petromax, Aida en Selfs al 3 ons eie Suid Afrikanse APEX en Dolphin lampe wat deur CADAC gemaak was.

Ek het nou nog so 9 puik gebruiks lampe oor wat gereeld saam gaan kamp en gereeld jagveld toe gaan.

Ek het altyd geglo dat al die tipe lampe mooi werk en lig gee maar as jy regtig lig soek steek jy die 639 of 237 aan. Petromax se 500 model was ook nie te vêr agter nie.

Ek was gelukkig genoeg om baie genies vir my lampe te kon bymekaar maak. Het genies vir 249, 237 339 639 241A. Het op 'n stadium 1 gross Butterfly sakkies gekoop by iemand en later net so oor die 100 Ou Coleman sakkies. Nodeloos om te sê is ek soos 'n broeis hen oor die goed.

My broer het klomp lampe op e-bay USA gekoop en ingebring. Onder andere die 236 wat die 237 se gelyke is maar met petrol/benzine werk. Wat 'n lekker lamp en hy word nie ge preheat nie.

Manne geniet die lampe, hulle is deel van ons geskiedenis en het baie belangrikke mense deur die skool gehelp en baie ou raadsvergaderings se lig verskaf.

Re: Coleman Lantern

Posted: Thu Feb 12, 2015 1:23 pm
by Jakkie07
Myne doen nou diens waneer eskom rus.

EK het by die huis n strykyster ook.