Page 1 of 1
Lang afstand kolf opsies?
Posted: Wed Feb 11, 2015 9:28 pm
by vbd
Ek wil graag vir my 243 RSA Vrystaat model 'n lang afstand tipe kolf posit, iets in die lyn van 'n hart lrt of 'n grs. Die grs se 6 grade grip pla net so 'n bietjie. Ek gaan die geweer meestal op die baan gebruik, maar ek skiet soms met hom wild uit ook.
Enige voorstelle?
Re: Lang afstand kolf opsies?
Posted: Thu Feb 12, 2015 9:18 am
by Capt. Yoda
Hoekom praat jy nie vir G&G nie? Hulle het man wat bitter mooi kolwe bou en dit gaan baie goedkoper wees as n GRS en dan kan jy hom maak soos jy hom wil he
Re: Lang afstand kolf opsies?
Posted: Thu Feb 12, 2015 9:30 am
by JTM
Kyk ook na Smoking Guns se nuwe kolf wat gebasseer is op die Accuracy International. Is so net oor die R5000 en lyk of dit lekker kan werk. Plus Martin doen dit in jou aksie. Loer op Facebook na die nuwe foto's.
Selfs sy Hunter Medalist kan 'n goeie opsie wees tuusen teiken en jag.
Re: Lang afstand kolf opsies?
Posted: Thu Feb 12, 2015 3:42 pm
by Johannes Schoeman
GRS ,is my keuse . Voel in begin snaaks , maar daai manne van GRS het hulle huiswerk gedoen ...
Re: Lang afstand kolf opsies?
Posted: Thu Feb 12, 2015 3:51 pm
by vbd
Waar kan 'n mens van G&G se kolwe te siene kry?
Re: Lang afstand kolf opsies?
Posted: Thu Feb 12, 2015 4:07 pm
by Riaan Kriel
vbd wrote:Waar kan 'n mens van G&G se kolwe te siene kry?
As ek reg is, is dit die een
http://www.riflestocks.co.za/ 
Re: Lang afstand kolf opsies?
Posted: Thu Feb 12, 2015 4:44 pm
by Sangoma (IAN)
Boomslang se kolwe is bitter mooi!
Re: Lang afstand kolf opsies?
Posted: Thu Feb 12, 2015 9:34 pm
by vbd
Wat dink julle van iets soos die savage "low profile varmint" ontwerp, dalk net met 'n verstelbare wangstuk? Ek hou van die oop greep, ek skiet tans lekker met so 'n tipe greep.
http://www.savagearms.com/firearms/model/12VLPDBM
Re: Lang afstand kolf opsies?
Posted: Thu Feb 19, 2015 8:27 pm
by vbd
Johannes, hoe voel die grs in die sit en staan skiet posisies? Hoekom ek vra, voel die 6grade greep nie asof jy die geweer skeef wil druk nie?