Page 1 of 1
Millet TRS
Posted: Thu Apr 14, 2011 8:14 am
by James Wright
Raad asb.
Ek is redelik haastig om 'n scope op my Ruger 25-06 te sit aangesien ons oor 'n maand Kalahari toe gaan vir springbok skiet.Ek het die geweer gister opgetel na 9 maande se wag vir die lisensie en moet nou aan die gang kom met ladings bou ens.
Ek wou eintlik graag 'n Burris XTR gehad het maar daar sal eers glo oor 2 maande weer voorraad wees by VLT,S&O het ook geen voorraad nie...
Ek kan nou 'n Millet TRS 4-16X50 kry maar weet van niemand wat 'n Millet skiet nie en wil graag hoor of een van julle al enige ervaring van Millets scope het?
Enige insette sal hoog op prys gestel word.
Re: Millet TRS
Posted: Thu Apr 14, 2011 8:25 am
by Geno
James,
Kontak vir Freek op die forum, hy het anderdag 'n Millet gekoop.
So nie, kan jy ook kyk na Leupold se Varmint scopes. Ek het die VXII 6-18x40 op my Ruger .25-06 en is baie tevrede.
Groete,
Eugene
Re: Millet TRS
Posted: Thu Apr 14, 2011 8:33 am
by IndianLima
James,
Toe ek begin het met F-Klas het ek n Millett 6-25x56 gehad, die ene met die 35mm tube wat saam met sy ringe kom. Overall was ek baie tevrede met die teleskoop en sal dit enige dag vir n jagter aanbeveel. Vir F-Klas skiet is hy bietjie dof, maar verder is daar nie klagtes nie.
Groete
Ivan Lamprecht
Re: Millet TRS
Posted: Thu Apr 14, 2011 8:36 am
by Freek
James, ja ek het die scope gekoop maar nog nie gebruik nie, wag nog vir my roer se liksens. Ek kan jou een ding s? daai scope lyk en voel baie goed. Wat ek gelees en gesien het hardloop hy in die selde klas as Nightforce, dit is uit en uit 'n tactical scope. Ek dink jy kan maar koop, vir daai prys kry jy 'n goeie produk.
Millet is oor gekoop deur Bushnell maar behou nog die naam. Hy het 'n "glass edged" mildot-bar reticle en jy kry hom met of sonder iluminated reticle. Lekker van hom is dat die hele kruis haar groen verlig en nie net 'n klein kolletjie of kruis soos op meeste IR scopes nie. Jy kan dus die hele kruis haar gebruik as die IR aan is.
Sou graag meer inligting wou gee maar SAP en seuns hou my op...

Re: Millet TRS
Posted: Thu Apr 14, 2011 9:07 am
by James Wright
baie dankie vir die terugvoer sover.
Freek,
watse model het jy en met watse vergrotings?as ek mag vra wat het jy betaal vir die scope?
die een het die Illum Ret,ek hoop net die 16X gaan genoeg wees vir vlakte jag tot seker op so 350 meter...
hoe duk is die kruishaar,sal jy darem iewers op 'n springbok se kop kan mik op 200 meter of dink jy hy sal die hele kop toemaak?
Re: Millet TRS
Posted: Thu Apr 14, 2011 10:12 am
by Freek
JAMES,
Ek het die 6.5-25x56, 35mm tube hy kos R8000 by S&O. Joune met die 50mm lens het 'n 30mm tube en hulle was beskikbaar vir R6000 by verledemaand se skou. Behoort hierdiemaand weer by HUNTEX beskikbaar te wees teen daai prys.
Kruishaar is nie vir my te besig of te dik nie, ek dink hy sal mooi werk vir daai tiepe skote op Springbok.
Re: Millet TRS
Posted: Thu Apr 14, 2011 10:25 am
by James Wright
Freek,baie dankie.
ek sal gou more by die skou na hulle gaan kyk.ek het ook na die LRS gekyk maar kan nerens "bases" kry vir my Ruger MKII om die 35mm ringe te akkomodeer nie.Ek het selfs Thor,lynx,Burris,Leupold en al daai manne probeer.
Re: Millet TRS
Posted: Thu Apr 14, 2011 10:41 am
by Freek
James, die scope word ge-issue met sy ringe. Lock, stock en barrel.
Re: Millet TRS
Posted: Thu Apr 14, 2011 11:02 am
by James Wright
ja ek verneem so,maar die Ruger MKII het unieke ringe wat direk op sy aksie vaskom,die dat ek opsoek was na "bases" waarop die Millett ringe dalk kon op vaskom.Ander alternatief was om 35mm Ruger ringe te kry maar niemand maak nie.So ek sal by 30mm tube moet bly aangesien ek reeds 30mm ringe het vir die geweer.
Re: Millet TRS
Posted: Thu Apr 14, 2011 12:20 pm
by Freek
Sorry James, ek lei aan "old timers" en lees te vinnig. Jy's reg, gaan vir die 30mm tube ook 'n baie mooi teleskopie. Die 35mm tube is 'n m@erse scope, hy is oor die 50cm lank en ek wil amper s? jy sal eers die scope sien dan die geweer of laat ek dit so stel, jou "rig" lyk soos 'n scope met 'n geweer op met daai 35mm kyk-pyp.
Die 30mm is meer in verhouding. My skade is gedoen so ek wag net vir die roer dan kyk ons hoe kyk hy.
