Page 1 of 1
7x64 spoed?
Posted: Sun Feb 08, 2015 3:29 pm
by NicoO
Middag manne,
Kan julle my asb help, ek het n nuwe 7x64 gekoop so paar ladings vanoggend getoets die ene is vreeslik akkuraat, ek het nie n chrony nie sal dit baie wardeer as julle vir my kan se wat die spoed min of meer sal wees?
7x64 Bren in Musgrave
160gr Rhino
Pmp dop
H2o dop volume - 266gr
Magnum large rifle magnum primers no 250
84mm TPL
Loop lengte - 601mm
S365 kruit lot 76
53gr op lading
Baie dankie
Groete
Nico
Re: 7x64 spoed?
Posted: Sun Feb 08, 2015 4:09 pm
by Pvdw
Nico ek het gou so algemene berekening vir jou gemaak.
Die Rhino koeëls is nie op QL nie so toe gebruik ek sommer die Nosler Partitions as plaasvervanger.
Afhangende van die lot S365 en dan ook die sprong na die lande-7x64 is bekend vir redelike lang sprong- sal die spoed verskil van QL se berekening.
Die spoed wat ek so vinnig kry is so rondom 2850ft/s
O ja, jou waterkapasiteit is of verkeerd deurgegee of verkeerd bepaal.
Re: 7x64 spoed?
Posted: Sun Feb 08, 2015 4:18 pm
by Armand Steenkamp
Ek dink NicoOosthuizen het die gewig van die dop en die die water saam gevat..
Groetnis
Re: 7x64 spoed?
Posted: Sun Feb 08, 2015 4:21 pm
by Pvdw

Armand nou moet ons net die dop se gewig seker aftrek??
Nico kom in??
Re: 7x64 spoed?
Posted: Sun Feb 08, 2015 4:24 pm
by NicoO
Hi oom Pvdw en Armand, hoe bepaal ek die dop volume, moet dit in grein of in gram wees?
Re: 7x64 spoed?
Posted: Sun Feb 08, 2015 4:33 pm
by Pvdw
Nico dis in grein. Weeg die lëe dop, vul hom met water en weeg weer. Trek die 2 van mekaar af en die water se grein waarde bly oor.
Indien jy elektroniese skaal gebruik kan jy die dop net opsit en die skaal zero voor jy die water ingooi.
Onthou, die dop moet nie gesize wees nie. Hy moet net so uit die geweer se kamet kom.
Re: 7x64 spoed?
Posted: Sun Feb 08, 2015 4:38 pm
by NicoO
Dankie oom, ek weeg gou en laat weet
Daai S365 is lot 076
Re: 7x64 spoed?
Posted: Sun Feb 08, 2015 4:44 pm
by NicoO
Die dopvolume is 66gr m

Re: 7x64 spoed?
Posted: Sun Feb 08, 2015 4:46 pm
by Pvdw
Voorspelde spoed is so vanaf 2800 tot 2850ft/s
Re: 7x64 spoed?
Posted: Sun Feb 08, 2015 4:49 pm
by NicoO
Baie dankie oom! Wardeer die hulp baie!

Re: 7x64 spoed?
Posted: Mon Feb 09, 2015 4:49 pm
by NicoO
Hi oom Pvdw, is daai naby aan my geweer se node? Groete
Re: 7x64 spoed?
Posted: Mon Feb 09, 2015 5:09 pm
by Pvdw
Nico die spoed wat ek jou gegee het is net naastenby. Ek sou skat so 80-100ft/s akuraat. Dis bietjie rof om so die node te probeer bepaal. Jy sal moet plan maak om by 'n speedtrap uit te kom.
Van waar is jy???
Re: 7x64 spoed?
Posted: Mon Feb 09, 2015 5:29 pm
by NicoO
Dankie oom, eks in Tzaneen in limpopo ek sal sommer bietjie ons jagters vereeniging sinne leen! Dan sal ek weer laat weet!
Re: 7x64 spoed?
Posted: Mon Feb 09, 2015 5:37 pm
by Pvdw
Maak so.
Re: 7x64 spoed?
Posted: Mon Feb 09, 2015 5:46 pm
by NicoO
Re: 7x64 spoed?
Posted: Mon Feb 09, 2015 7:10 pm
by NEGE3
Hier is myne.
S365 Lot76 55gr.
Sierra Game King 160gr.
TPL 82.5mm
Norma doppe H2o 65.1gr.
Ontstekers PMP
Musgrave Loop lengte 563mm
Spoed gemiddeld 2909 vt/sek
Groepering 26mm/100meter.
Re: 7x64 spoed?
Posted: Mon Feb 09, 2015 7:44 pm
by Pvdw
Dankie oom Koos. Met die effe kleiner dopkapasiteit en 2gr extra kruit lyk my voorspelling vir Nico se spoed heel haalbaar.
Re: 7x64 spoed?
Posted: Mon Feb 09, 2015 8:08 pm
by NicoO
Baie dankie vir oom hulle se terugvoer. Dis baie lekker om goeie raad te kry, ek sal kyk of ek die week nog die speedtrap kan toets

Re: 7x64 spoed?
Posted: Mon Feb 09, 2015 9:25 pm
by tripodmvr
NEGE3 wrote:Hier is myne.
S365 Lot76 55gr.
Sierra Game King 160gr.
TPL 82.5mm
Norma doppe H2o 65.1gr.
Ontstekers PMP
Musgrave Loop lengte 563mm
Spoed gemiddeld 2909 vt/sek
Groepering 26mm/100meter.
Om daardie spoed te kry moet jy by die 68000psi wees. Aanbevole maks druk is 60 000psi. Ek sal bietjie brieke aandraai. Jou node is op 2813vps met 53gr wat jou naby gaan kry - druk sal dan 60Kpsi wees.
Re: 7x64 spoed?
Posted: Tue Feb 10, 2015 9:49 am
by Chevvy SS
Moet dalk die CCI 250 wees wat die spoed bietjie opstoot?
Ek kry 2860v/s met 53g agter 'n 150g Nosler Accubond LR met CCI 200 en Sako doppe.
Re: 7x64 spoed?
Posted: Tue Feb 10, 2015 8:08 pm
by NEGE3
tripodmvr wrote:NEGE3 wrote:Hier is myne.
S365 Lot76 55gr.
Sierra Game King 160gr.
TPL 82.5mm
Norma doppe H2o 65.1gr.
Ontstekers PMP
Musgrave Loop lengte 563mm
Spoed gemiddeld 2909 vt/sek
Groepering 26mm/100meter.
Om daardie spoed te kry moet jy by die 68000psi wees. Aanbevole maks druk is 60 000psi. Ek sal bietjie brieke aandraai. Jou node is op 2813vps met 53gr wat jou naby gaan kry - druk sal dan 60Kpsi wees.
Baie dankie vir die waarskuwing. Het .n paar gelaai met 53gr. Sal hulle Sondag gaan skiet en kyk wat gebeur.