Page 1 of 1

Nuwe lid.

Posted: Thu Feb 05, 2015 8:01 pm
by Broadbandboer
Goeie naand.

Ek is al 'n geruime tyd 'n roofkyker hier en het besluit om nou maar moed oor te gee en aan te sluit by die forum. Ek spandeer heelwat tyd hier en kan net sowel saampraat.

Lekker aand.

Re: Nuwe lid.

Posted: Fri Feb 06, 2015 9:33 am
by FCLoretz
Welkom BBB,

Hoe lyk die weer in Standerton?

Re: Nuwe lid.

Posted: Fri Feb 06, 2015 9:35 am
by Finfan
Vertel bietjie van jou arsenaal? Baie welkom!

Re: Nuwe lid.

Posted: Fri Feb 06, 2015 2:11 pm
by Broadbandboer
FCLoretz wrote:Welkom BBB,

Hoe lyk die weer in Standerton?
Bitter warm en dit raak nou erg droog. Hier is manne wat die reen nie meer voor sal help nie.

Re: Nuwe lid.

Posted: Fri Feb 06, 2015 2:12 pm
by FCLoretz
Broadbandboer wrote:
FCLoretz wrote:Welkom BBB,

Hoe lyk die weer in Standerton?
Bitter warm en dit raak nou erg droog. Hier is manne wat die reen nie meer voor sal help nie.
EINA, dit is nie goed nie!!!!

Enige suskes of aktiwiteit op jou voerplek gesien?

Re: Nuwe lid.

Posted: Fri Feb 06, 2015 2:19 pm
by Broadbandboer
Finfan wrote:Vertel bietjie van jou arsenaal? Baie welkom!
Ek het so paar roere. As ek so na jou signature kyk lyk ons kluise baie dieselfde. ;) Ek kort nog iets lekker groots in 'n slot soos 'n 375H&H en dan 'n dubbel in 500NE...

Re: Nuwe lid.

Posted: Fri Feb 06, 2015 2:22 pm
by Broadbandboer
FCLoretz wrote:
Broadbandboer wrote:
FCLoretz wrote:Welkom BBB,

Hoe lyk die weer in Standerton?
Bitter warm en dit raak nou erg droog. Hier is manne wat die reen nie meer voor sal help nie.
EINA, dit is nie goed nie!!!!

Enige suskes of aktiwiteit op jou voerplek gesien?
Ek gaan my gis doepa ten minste nog 5 dae in die son moet los. Tans sit ek net skoon mielies uit sodat die voerder nie blok met die taai goed nie. Sal jou laat weet wat gebeur. Hier is vrek baie kos in die omgewing so ek verwag nie nou te veel nie.

Re: Nuwe lid.

Posted: Mon Feb 09, 2015 4:10 pm
by jamalley
Welkom

Re: Nuwe lid.

Posted: Tue Feb 10, 2015 5:03 pm
by Boesman10
Welkom BBB