Page 1 of 1
CZ 75 prys
Posted: Thu Feb 05, 2015 6:49 pm
by Louis Kriel
Ek kan bg pistool kry vir R5000. Hy het blykbaar 200 skote geskiet en is feitlik nuut. Is die prys reg of gaan ek te veel betaal?
Re: CZ 75 prys
Posted: Thu Feb 05, 2015 7:24 pm
by JacquesT (Stompe)
Daar is 'n paar variasies van die 75, weet jy dalk watse een. PO7, SPO1 shadow, B, ens, almal verskillend geprys.
Re: CZ 75 prys
Posted: Thu Feb 05, 2015 7:44 pm
by Louis Kriel
CZ 75 B. 10 jaar oud. 2 magasyne
Re: CZ 75 prys
Posted: Thu Feb 05, 2015 8:04 pm
by JacquesT (Stompe)
Vir +-7000 kan jy 'n goeie PO7 kry. Ek dink probeer nog so R1000 af stry. Dis my 2c.
Re: CZ 75 prys
Posted: Thu Feb 05, 2015 8:14 pm
by Louis Kriel
Dankie, is die P07 n beter pistool as die 75-b?
Re: CZ 75 prys
Posted: Thu Feb 05, 2015 9:20 pm
by JacquesT (Stompe)
Die PO7 gen2 wat jy as tweede hands vir daai 7k gaan koop is 'n nuwe model, dit is net goeie grond om jou in sterk posisie te sit vir onderhandeling. As daai B regtig net 200 skote gevuur het gaan hy die selfde job doen as jy jouself moet verdedig.
Re: CZ 75 prys
Posted: Fri Feb 06, 2015 4:40 pm
by Walter
@Louis
As jy werklik 'n 75B soek, is R5000 'n goeie prys.
Wat wil jy doen met hom? Elke dag dra vir selfverdediging?
Die mense wat 'n 75B soek, wil niks anders hê nie. Ek het onlangs myne verkoop vir meer as R5000.
Re: CZ 75 prys
Posted: Mon Feb 16, 2015 2:25 pm
by vossie1
Ek het ook n 75B in 40s&w en dit is n fantastiese pistool, bietjie swaar vir elke dag dra maar jy raak hom gewoond. Ps die 75b is baie duurder nuut as die Po7 alhoewel laasgenoemde n ligter dra wapen is.
Re: CZ 75 prys
Posted: Mon Feb 16, 2015 2:54 pm
by Louis Kriel
Nee ek wil hom nie dra nie. Ek het n Beretta .22 wat ek dra. Dis net vir "Home defense" en skyfskiet.
Re: CZ 75 prys
Posted: Mon Feb 16, 2015 10:03 pm
by vossie1
Dan is dit n goeie koop vir jou doel.
Re: CZ 75 prys
Posted: Mon Apr 13, 2015 12:37 pm
by Louis Kriel
Ek het my Cz75 toe gekry. Nog net n stoor permit. Hy is nog spotless. Hies n foto.
https://m.ak.fbcdn.net/sphotos-h.ak/hphotos-ak-xpf1/v/t1.0-9/10464414_10152827999906235_1295228769180621438_n.jpg?oh=2f3bba93ddfb16f21ffdfe1b56aab32e&oe=5599C885&__gda__=1437756666_404354b6ccb0bd154237021cc5f75600
Re: CZ 75 prys
Posted: Mon Apr 13, 2015 12:43 pm
by Carl
Louis Kriel wrote:Nee ek wil hom nie dra nie. Ek het n Beretta .22 wat ek dra. Dis net vir "Home defense" en skyfskiet.
Louis, niks persoonlik nie

Hoe werk die home defence plan van aksie?
Re: CZ 75 prys
Posted: Mon Apr 13, 2015 12:51 pm
by Riaan Kriel
Baie goeie pistool daardie, het presies dieselfde een so paar jaar terug vir my vrou gekoop vir IDPA-skiet. Sederdien het ek ook 'n Browning Hi-Power vir haar aangeskaf wat slegs enkel-aksie is en kleiner is en gemakliker in haar hand pas. Na 'n paar keer se skiet wil sy egter niks weet van die Browning nie en gebruik elke keer eerder die CZ.
Hy is net gevoelig vir ammo wat met die Lee Pro1000 gelaai is. Die resizing is nie presies nie en veroorsaak dan storings. Lyk of die dop so effense "bulge" maar net voor die rim en nie heeltemal resize nie. Net so het ek agtergekom dat as die TPL ook net effens te kort is, stoor hy ook maklik.
Sedert ek haar ammo nou met die single-stage press laai en die TPL so 1.5mm langer gemaak het, geen verdere storings nie en skiet hy baie betroubaar en akkuraat.
As ek daai prys so luister het ek daai een vir 'n baie billike prys gekry. Ek het R2000 betaal...
Re: CZ 75 prys
Posted: Mon Apr 13, 2015 12:53 pm
by Finfan
Netjies
Re: CZ 75 prys
Posted: Mon Apr 13, 2015 1:22 pm
by Louis Kriel
Carl wrote:Louis Kriel wrote:Nee ek wil hom nie dra nie. Ek het n Beretta .22 wat ek dra. Dis net vir "Home defense" en skyfskiet.
Louis, niks persoonlik nie

Hoe werk die home defence plan van aksie?
Tripwire gekoppel aan n claymore myn by my voordeur. Infrarooi video kameras en alarms in my tuin as een van die tien boerboele gif ingekry het. Sodra enige van die alarms geaktiveer word sak al die slaapkamers in n ondergrondse bunker in. Die .22 is bietjie lig in die broek.

Re: CZ 75 prys
Posted: Mon Apr 13, 2015 1:25 pm
by Carl
Jy spot ek verwys meer na die tradisionele - groot wapen word in die kluis gebêre vir wanneer: "PDFT" (Poep Die Fan Tref)!
Re: CZ 75 prys
Posted: Mon Apr 13, 2015 1:55 pm
by Louis Kriel
Carl wrote:Jy spot ek verwys meer na die tradisionele - groot wapen word in die kluis gebêre vir wanneer: "PDFT" (Poep Die Fan Tref)!
Nee "groot wapen" is nooit in die kluis nie, maar langs bed deur die nag. In die oggend as ek werk toe gaan bere ek die "groot wapen" (was Taurus pt111 nou die Cz75) en haal die Beretta uit.
Re: CZ 75 prys
Posted: Mon Apr 13, 2015 3:38 pm
by Plaashaas
Geluk met CZ75B!!! Dis n baie goeie pistool. Jy kan maklik nou R7000 vir hom kry
Re: CZ 75 prys
Posted: Mon Apr 13, 2015 9:12 pm
by vossie1
Louis is dit n Cz75B of net die gewoone 75,die haan en sneller beul lyk vir my na n pre B model
Re: CZ 75 prys
Posted: Tue Apr 14, 2015 7:26 am
by Ratel
Louis Kriel wrote:Ek het my Cz75 toe gekry. Nog net n stoor permit. Hy is nog spotless. Hies n foto.
https://m.ak.fbcdn.net/sphotos-h.ak/hphotos-ak-xpf1/v/t1.0-9/10464414_10152827999906235_1295228769180621438_n.jpg?oh=2f3bba93ddfb16f21ffdfe1b56aab32e&oe=5599C885&__gda__=1437756666_404354b6ccb0bd154237021cc5f75600
Op die oog af lyk die wapen mooi. As hy net 200 skote deur hom het het jy 'n goeie kopie gemaak. Jy sal hom nie by 'n handelaar sommer vir daai prys in daai toestand koop nie.
Re: CZ 75 prys
Posted: Tue Apr 14, 2015 11:05 am
by Louis Kriel
vossie1 wrote:Louis is dit n Cz75B of net die gewoone 75,die haan en sneller beul lyk vir my na n pre B model
Nee jys reg dis nie n 75B nie. Gewone 75. Die prys is toe vasgemaak op R4500.