Page 1 of 1
Vrieskas met bietjie roes binne
Posted: Thu Feb 05, 2015 2:53 pm
by Victor
Sal graag weet of dit die moeite werd is om roes onder in die voue van vrieskas ( seker waar vloeistof gele het) te probeer herstel. Dit vries nog 100%
Buurman wil dit weggee
Hoe en waarmee kan dit reggemaak word ?
Re: Vrieskas met bietjie roes binne
Posted: Thu Feb 05, 2015 3:05 pm
by andre007
Myne het ook, jy kry n silikoon verseelaar vir vrieskaste, smeer al die roes toe daarmee, werk goed
Re: Vrieskas met bietjie roes binne
Posted: Thu Feb 05, 2015 3:23 pm
by HennieC
Anders bou jy 'n biltong droeer met hom
Re: Vrieskas met bietjie roes binne
Posted: Thu Feb 05, 2015 3:32 pm
by Pappabeer
Ek het ook n ou kisvrieskas gekry wat se vloer van daai foelie materiaal gemaak is, en wat op n paar plekke deur geroes was.
Alles anders het egter nog perfek gewerk. Ek het toe die vloer met Roofseal geverf, en met daai lap uitgelê waarmee dakke geseël word. Daarna het ek n rubber verf oor dit geverf. Dit is 100% waterdig en hy werk beter as my nuwe Defy kisvrieskas.
Re: Vrieskas met bietjie roes binne
Posted: Thu Feb 05, 2015 3:46 pm
by joe rocket
Ek het ons vrieskas by die strandhuis waar plastic ook roes met rubberised verf wat jy by builders trade depo koop geverf. Jy kry dit in wit dit hou al 3 jaar.
Re: Vrieskas met bietjie roes binne
Posted: Fri Feb 06, 2015 8:43 am
by Victor
Baie dankie vir julle raad.
Geniet die naweek en mag die Blitsbokke wen ten spyte van die Franse struikeling.