Page 1 of 1

Boyds kolf invoer

Posted: Wed Feb 04, 2015 9:54 am
by Ysterkat
Goeie dag almal

Het iemand dalk nou onlangs in die jaar 'n Boyds kolf ingevoer? En het julle enige probleme ervaar met die invoer/doane/ poskantoor?

dankie

Re: Boyds kolf invoer

Posted: Wed Feb 04, 2015 10:25 am
by Witpietskiet
Praat sommer met Geno of Ge van G&G Varminting, hulle bring Boyds kolwe by die hope in.

Dalk het hulle in voorraad wat jy soek.

Re: Boyds kolf invoer

Posted: Fri Feb 06, 2015 6:45 pm
by Mellies
Ysterkat,

Ek het redelik onlangs (voor die poskantoor moeg geraak het vir werk) n kolf by Boyds ingebring. Geen probleme ondervind nie. Het so twee weke gewag as ek reg onthou.

Dink jy kan met rustigheid n kolf inbring. Totaal met alle onkostes was net onder 2k.

Met n vleisie...

Re: Boyds kolf invoer

Posted: Sat Feb 07, 2015 12:53 pm
by Gernie
Ek het 12 Jan een bestel en hulle is baie agter. Hy is eers in die week geship.

Re: Boyds kolf invoer

Posted: Sat Feb 07, 2015 4:43 pm
by JTM
Ek stem ook vir Geno en Ge as opsie. Met al die permit strooi wat ek laas gehad het gaan dit baie meer gemaklik wees om by hulle jou kolf te kry en dan kos dit ook dieselfde.

Daai mooi Groen en Rys Pro Varmint wat hulle nou die dag gehad is lyk fantasties.

Re: Boyds kolf invoer

Posted: Sat Feb 07, 2015 4:56 pm
by G-force
Hallo manne.Die voordeel wat ons julle kan aanbied is die ekstras wat gedoen kan word op die kolwe.MAW die $100 limiet tel nie by ons nie.Die risiko van invoer is dan ook natuurlik ons probleem.Goedgaan.

Re: Boyds kolf invoer

Posted: Sat Feb 07, 2015 8:54 pm
by JTM
Dit is beslis dan 'n voordeel alleen as jy net die kolf al klaar langer kan laat bestel. Vir ons S.A. manne met die lang arms bly die Boyds kolwe maar net te kort.

Nee wat, spaar jul die moeite en koop deur G&G Varminting.