Page 1 of 1
New addition to the bachelor herd
Posted: Tue Feb 03, 2015 8:07 am
by Loodswaai
Couldn't get any balls in a hole, so changed moer-and-soek gear for shooting stuff a while back. Moderately successful at punching a hole on paper now and then. Keen re-loader, hunting rifle enthusiast, PH license, byt-trap-en-stoot experience. Retired ou ballie.
Member of SAPSA, SA Hunters. Thanks for the opportunity to make new acquaintances and have a chat on the forum stoep over a G&T.
Rifles in use: .22LR's, 243Win, Thuddy-Thuddy, 303 Br, 308Win, 7mm RemM, 300 WinM, 375H&H, 458African, 450Watts, 460WbyMag.
For the birds: Baikal o/u 12Ga.
Sport-shooting stuff: 9mmHPFN Browning, Glock 40S&W, 7.62FAL, 7.62x39, Browning Humpback 12Ga semi/A, Beretta pump.
For the pocket: 6.35 CZ92
Enjoy helping other enthusiasts getting their passed-era rifles back onto the range and into the bush.
Since we are here:
Any help on tried and tested re-loading recipes, using Somchem propellants, for 10.75 x 68 Mauser and 6.5 X 58 Portuguese Mauser, will be greatly appreciated.
Jambo.
Loodswaai
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Tue Feb 03, 2015 8:19 am
by ruaanb
Welcome
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Tue Feb 03, 2015 8:22 am
by Loodswaai
Dankie, ruaanb.
Mooi loop.
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Tue Feb 03, 2015 8:48 am
by jamalley
Welkom hoop jy geniet dit
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Tue Feb 03, 2015 8:49 am
by VdWalt
Welkom hier
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Tue Feb 03, 2015 8:58 am
by Loodswaai
Dankie Jamalley en VdWalt. Lekker om hier te wees. Hou die lope skoon!
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Tue Feb 03, 2015 9:03 am
by Pvdw
Welkom welkom. Vam waar is jy Loodswaai??
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Tue Feb 03, 2015 9:08 am
by Loodswaai
Hallo Pvdw...ek heil van Pretoria. Bashewa Landbouhoewes. Het die African dalk jou ore laat spits? Dis mos jou kind daai!
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Tue Feb 03, 2015 11:08 pm
by Boesman10
Welcome
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Wed Feb 04, 2015 6:30 am
by DWB
Baie Welkom!
Lekker kolleksie van 458s
Geniet die kampvuur en kom praat saam, vertel ook bietjie oor die byt, trap en stoot ervaringe daar in die Grootwild Jagte afdeling. Ons kort bietjie leesstof!
Ek het nie nou Pierre vd Walt se boek byderhand nie, maar hy is mos 'n groot aanhanger van die 10.75x68, so hy behoort Somchem gebaseerde ladings te hê?
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Wed Feb 04, 2015 6:35 am
by Loodswaai
Hallo Boesman 10, dankie vir die verwelkoming.
'n Mens kan George Kimble seker op verskeie maniere interpreteer. Is dit nie juis hierdie donker onbekende wat wink en ons, ons gewere oor die skouer laat hang en wind-op loop nie?
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Wed Feb 04, 2015 6:45 am
by Loodswaai
Hey Deon, ek wou so baie doen vandag. Noudat jy kampvuur noem, soek ek ingedagte na die vuurhoutjies.
Weet jy, die gedagte aan 'n 404 torring nou al 'n jaar of twee soos 'n mopanievliegie hier rondom my ore. Ek voel dit so aan my water dat jy besig is om my van die wal af in die donga in te help. Daai laaste rasionele stemmetjie wat teëskop teen nog 'n vrind in die kluis raak al sagter.
Dankie, ek het PvdW se boek, sal bietjie opkyk. Hy maak melding dat mielieman Neels Ferreira nooit gaan slaap of selfs bad sonder sy 10.75 nie. Ouens wat hierdie roer aan die gang hou, moet noodwendig herlaai, glo ek? Ek sal ook by oom Kassie van Safari gaan kers opsteek.
La'k ophou praat. Netnou gaan jy ook sit en droom en nie deur jou dag kom nie.
Groetnis.
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Wed Feb 04, 2015 6:48 am
by DWB
Hehehehe, ja dis nogal 'n probleem daai
Ek onthou dit ook baie goed, hy sit en bad nog 'n skottel
Met behulp van Quickload en bekende koeels sal ons darem redelik maklik 'n lading kan aanmekaar slaan.
Alternatiewelik skiet Stephen Palos van BASA ook een.
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Wed Feb 04, 2015 6:55 am
by Loodswaai
Wyk, satan, wyk......Deon, noudat jy my my kluis laat oopmaak het en my dag ontstig het, wens ek jou 'n voorspoedige een toe!
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Wed Feb 04, 2015 6:57 am
by DWB
Hehehehehe Baie Dankie! Vir Oom ook

Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Wed Feb 04, 2015 7:06 am
by NEGE3
Baie welkom en geniet dit saam met ons.
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Wed Feb 04, 2015 7:54 am
by Finfan
Baie welkom Loodswaai. As ek so kyk na al die gunne moes jy baie duur moer-en-soek gear verruil het vir "Shooting stuff".

Netjiese versameling van gewere.
Groetnis en laat die Lood swaai.
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Wed Feb 04, 2015 8:07 am
by Loodswaai
Hallo Koos Nege 3. Dankie vir die verwelkoming. Ek voel al klaar tuis. Skietgroete. Johan
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Wed Feb 04, 2015 8:13 am
by Loodswaai
Hey FinFan. Man, ek moes seker bysê dat die moer-en-soek gereedskap ingesluit het die gholfkarretjie, sleepwa, trekvoertuig en 10 jaar se ledegeld by 'n upmarket gholfbaan. Nee, toemaar, ek grap maar net! Dankie, ja-nee, my kluis-maats het ek oor jare versamel. Elkeen het 'n storie, glo my.
Ek sien jy het self 'n interessante versameling.
Weet jy, skielik het ek 'n behoefte vir 'n bietjie kruitdamp in my neusgate. Sien later. groetnis. Johan
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Wed Feb 04, 2015 8:33 am
by Finfan
Ek gaan nou hoeka die tumbler bietjie laat hol dat ek darem weer pitte hê om mee te skiet die naweek. Golf en skiet is darem nou verwant aan mekaar, die een dag loop als reg net om jou die volgende dag te ontnugter waar als weer verkeerd loop.
Groetnis
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Wed Feb 04, 2015 8:36 am
by Loodswaai
Geniet dit FinFan. Soos jy sê, die skiet hou ons nederig.
Lekker laai. Johan/Loodswaai
Re: New addition to the bachelor herd
Posted: Wed Feb 04, 2015 8:41 am
by Finfan
Loodswaai wrote:Geniet dit FinFan. Soos jy sê, die skiet hou ons nederig.
Lekker laai. Johan/Loodswaai
Ware woorde daai. Geniet dit Johan en weereens welkom op die forum.