Page 1 of 1
swarovski 8x56
Posted: Sun Feb 01, 2015 8:07 pm
by stoffelpantoffel
Dagse manne. Wil bietjie by iemand hoor wat miskien sal weet. Wat sal 'n bilike prys wees vir 'n 2de handse swarovski 8x56 met 30mm buis.
Re: swarovski 8x56
Posted: Sun Feb 08, 2015 4:27 pm
by stf
R4500
Re: swarovski 8x56
Posted: Tue Feb 10, 2015 10:51 am
by stoffelpantoffel
Hi stf. Weet nie of jy mooi gelees het nie maar dis 'n swarovski nie lynx nie.
Groete
Stoffel
Re: swarovski 8x56
Posted: Tue Feb 10, 2015 11:02 am
by Geno
Lyk die scope so?:
http://ukvarminting.com/forums/uploads/monthly_07_2014/post-12527-0-27519600-1406472864.jpg
Indien wel, glo ek jy kan kyk na R7500 - R9500
Re: swarovski 8x56
Posted: Tue Feb 10, 2015 11:31 am
by stf
Stoffel,
Ek het baie mooi gelees.
Die rede waarom ek die R4500 kommentaar lewer is:
Daar is geen beskrywing van die toestand van die teleskoop nie.
Geen besonderhede van die eienskappe van die teleskoop- kruishaar / edm nie.
Enige krapmerke / ringmerke / ens.
Geen foto nie.
So, ek glo nie my kommentaar is onvanpas nie.
Stf
Re: swarovski 8x56
Posted: Tue Feb 10, 2015 9:22 pm
by stoffelpantoffel
Geno wrote:Lyk die scope so?:
http://ukvarminting.com/forums/uploads/monthly_07_2014/post-12527-0-27519600-1406472864.jpg
Indien wel, glo ek jy kan kyk na R7500 - R9500
Dankie geno.
Daai scope is nog net so mooi soos daai een. Hyt net nie sy boks by nie en nie seker oor sy caps nie. Maar ek sal dit so vir my vriend se. Weet hul het die 8x56 gediscontinue blyk baar omrede die variubles nou die mark vat. Maar dankie nou weet mens darm van 'n prys om vanaf te werk.
Re: swarovski 8x56
Posted: Tue Feb 10, 2015 9:43 pm
by stoffelpantoffel
stf wrote:Stoffel,
Ek het baie mooi gelees.
Die rede waarom ek die R4500 kommentaar lewer is:
Daar is geen beskrywing van die toestand van die teleskoop nie.
Geen besonderhede van die eienskappe van die teleskoop- kruishaar / edm nie.
Enige krapmerke / ringmerke / ens.
Geen foto nie.
So, ek glo nie my kommentaar is onvanpas nie.
Stf
Stf.
Ek hoor jou. En is jammer as ek nie al die details by gesit het nie. Maar alle scopes het hul mark waarde of dit nuut of 2dhands is. So al het die swarovski 'n paar krap merkies of ring merke op. Bly hy nogsteeds 'n swarovski en sy prys kan onderhandel word. Maar dis mos nie van pas om sommer net 'n belaglike aanbod te maak as jy self nie eers na nog details gevra het nie.
Kyk hoe mooi het geno dit verduidelik, en dit het my baie gehelp.
Re: swarovski 8x56
Posted: Tue Feb 10, 2015 10:09 pm
by stf
Stoffel,
Op 30 Sept 2014 het 'Sako 75' n soortgelyke scope vir R8 000 geadverteer - hy het nie eers n bod gekry nie. [advertensie is nog op die verkoop afd]
Ek is tot nou toe nog nie seker watter model Swarovski jy adverteer nie. [Hoekom plaas jy nie n foto en meer inligting oor die teleskoop nie].
Moontlik is die model dalk n 'Habicht - model wat uiteraard sy inslag op die mark verloor het.
Ek het net objektief gereageer op jou 'post'.
Ek is nie bewus van gegewe tweede handse boekwaarde / markwaarde op tweede handse teleskope nie.
Kan jy my dalk verwys na die betrokke 'web' vir meer inligting.
Stf
Re: swarovski 8x56
Posted: Wed Feb 11, 2015 2:28 pm
by Johannes Schoeman
Het so n scope en sal hom nie vir R14500 verkoop.
Re: swarovski 8x56
Posted: Wed Feb 11, 2015 2:28 pm
by Johannes Schoeman
My skoonma is wel in die mark vir R4500
Re: swarovski 8x56
Posted: Wed Feb 11, 2015 3:52 pm
by stoffelpantoffel
Johannes Schoeman wrote:My skoonma is wel in die mark vir R4500
Ha ha

goeie een. Is die prys onderhandelbaar? Want daai prys is bietjie hoog vir 'n skoonma! Tensy sy lekker koekies en beskuit kan bak en seker maak daars altyd biltong en chips as ons rugby kyk. Dan raak daai prys bilik.