Page 1 of 1
.243 Raad Asb
Posted: Sun Feb 01, 2015 7:10 pm
by Hano243
Goeie Middag Manne
Ek wil graag bietjie meer opinies hoor.
Ek was vandag op die baan met my 243 Musgrave. Ek het ladings getoets op 90gr Nosler Balistic tip punte.
data is soos volg:
243 Win
1/10 Twist
Lapua Doppe
50Gr H2O
90gr Nosler
S385 Kruit
44.6Gr
Ek het met die TPL gespeel tussen .5mm en .8mm jump en kon geen goeie groep kry nie. My speod was gemiddeld 3190ft/s.
Dink julle ek moet dalk meer met die lading op en af speel of dalk die tpl nog nader of dalk verder speel?
Hoor graag wat dink julle.
Re: .243 Raad Asb
Posted: Sun Feb 01, 2015 8:06 pm
by mossie
Ek is nou nie n QL man nie, maar daai lading klink vir my hoog. Ek dink jy gaan meer suksesvol wees iewers tussen 44 en 45 gr. Tripod of een van die ander QL manne sal jou beter help, veral as jy nog jou looplengte ook vir hulle kan bysit.
MOSSIE
Re: .243 Raad Asb
Posted: Sun Feb 01, 2015 8:10 pm
by tripodmvr
Looplengte is nie by nie en TPL en gelykstaande spoed is nodig om te kalibreer.
Re: .243 Raad Asb
Posted: Sun Feb 01, 2015 8:10 pm
by Baasvark
Klink self vir my bietjie warm!
Re: .243 Raad Asb
Posted: Sun Feb 01, 2015 8:37 pm
by Hano243
Sorry manne, lading is 44.6gr S385.
Re: .243 Raad Asb
Posted: Sun Feb 01, 2015 8:43 pm
by Hano243
tripodmvr wrote:Looplengte is nie by nie en TPL en gelykstaande spoed is nodig om te kalibreer.
Loop lengte is 26"
TPL was 69.8mm, dan gee dit n .5mm jump.
Re: .243 Raad Asb
Posted: Sun Feb 01, 2015 8:53 pm
by tripodmvr
Node is by 3150vps en 44gr gaan jou naby daaraan kry. Druk is dan by 58K psi.
Re: .243 Raad Asb
Posted: Mon Feb 02, 2015 7:58 am
by Hano243
Baie dankie Tripod, ek sal dit probeer en laat weet wat hy maak.
Re: .243 Raad Asb
Posted: Sun Feb 08, 2015 12:59 pm
by stoffelpantoffel
Tripod. As ek mag vra? Hoe weet jy wat is daai geweer se node? Het jy program wat dit uitwerk?
Re: .243 Raad Asb
Posted: Sun Feb 08, 2015 1:03 pm
by Baasvark
Stoffel hy gebruik 'n program met die naam van Quickload.
Re: .243 Raad Asb
Posted: Sun Feb 08, 2015 6:16 pm
by phb
OBT (optimum barrel time) saam met QL, dit tabel gee die node tyd, en QL gee die berekende tyd.
Re: .243 Raad Asb
Posted: Sun Feb 08, 2015 8:33 pm
by stoffelpantoffel
Baasvark wrote:Stoffel hy gebruik 'n program met die naam van Quickload.
O ok. Het al gehoor van Quickload. So is hy akuraat? Sal nogal kan help om patrone te spaar veral nou dat dit so duur raak. Kan mens die program van internet aflaai? En wat kos so program?
Groete stoffel
Re: .243 Raad Asb
Posted: Sun Feb 08, 2015 8:38 pm
by Baasvark
Jy koop hom by S&O. kOS SO R2500 as ek reg onthou.
Werk nou eers 'n paar maande met hom. Sal jou beslis ammo spaar en jy het 'n beter idee van wat jy doen so jy behoort veiliger te wees.
Ek herlaai al so 15 jaar al en ek is spyt ek het nie vroeer van hom geweet nie!
Re: .243 Raad Asb
Posted: Mon Feb 09, 2015 9:31 am
by Hano243
More Manne
Ek het gister weer baan toe gegaan, het 44gr S385 gelaai en weer met die TPL gespeel.
Dit lyk asof ek sy lading gekry met met n jump van .7mm en n spoed van by die 3160f/s. 3 het mekaar gesny met daai kombinasie.
My resep was soos volg:
243 Win
Loop lengte is 26"
Dop: Lapua
H2O Vulling is 50Gr
Punt is Nosler Ballistic Tip 90Gr
Kruit S385 Lot 13
TPL: 69.6mm
Spoed 3160Ft/S
Dankie vir julle hulp, glo eks nou reg vir die jagveld.
Re: .243 Raad Asb
Posted: Mon Feb 09, 2015 10:38 am
by Capt. Yoda
Jys basies op jou node.As hy werk los hom net so
Re: .243 Raad Asb
Posted: Mon Feb 09, 2015 3:38 pm
by Hano243
Dankie Kaptein